Watse fliek is jy??

Ek is nog altyd iemand wat glo ek ken ‘n treffer as ek hom hoor en ek is selde verkeerd, hierdie gaan ‘n groot treffer wees, moontlik die grootste een van die jaar, die ou se naam is David Jordan en die song is Sun goes down, jy gaan hom baie hoor reken ek!

Die lewe is ‘n wonderlike ding in die sin dat elkeen van ons het ‘n verhaal, is dit nie great nie, party van ons se verhaal is een van hoop geloof en triomf’s, ander s’n is hartseer en persoonlike beproewing op ‘n daaglikse basis!

Die nice ding van jou verhaal is dat jy self die hoofskrywer daarvan is, wat jy skryf manifesteer homself in die form van jou lewe op ‘n daaglikse basis nie net aan jouself nie maar aan almal om jou, wat jy skryf is natuurlik jou keuse en dis wat dit so fantasties maak, ons almal is die skrywer, regiseur en ster van ons eie lewensverhaal…

As jy kies om hartseer dinge vir jouself te skryf dan gaan jy ‘n hartseer storie op die silwerdoek van die lewe projekteer, dis nou maar net ‘n feit ….

Gaan vat ‘n bietjie tyd af en besluit vir jouself of dit nie bietjie tyd is om die draaiboek van jou lewe aan te pas nie, raak jy moeg vir dieselfde tonele en dieselfde scenery en dag na dag dieselfde dinge wat met jou gebeur…. Maak soos ek die afgelope naweek gedoen het gaan vat tyd af, skryf neer wat jy in jou lewe wil he moet gebeur… of in ander woorde skryf die draaiboek van jou rolprent bietjie oor!

Hoekom moet jy toelaat dat iets jou ongelukkig maak, wat doen ‘n regiseur as hy ontevrede is met ‘n toneel of met ‘n karakter in sy rolprent…. maklik jy skryf dit uit! Dieselfde met die lewe, skryf dit net uit jou lewe uit, die verskil om heeltemal van ‘n gewoonte in jou lewe ontslae te raak…. twee weke se die experts, twee weke dan kan jy ontslae wees van die rook-drink- en of verhoudingsgewoonte….

As jy gewoond is om ‘n sekere tyd van die dag ‘n sigaret te rook, of ‘n drankie te drink of met iemand te worstel oor stront op die telefoon, moet jy net daai gewoonte vervang op daai tyd met iets anders en jy is oor dit….. en gelukkiger daarvoor! Dis maklik eintlik…. okay dis miskien bietjie oorvereenvoudig…. dis nie heeltemal so maklik nie, maar die uitslag is so great dat dit die moeite werd is!

Dis my preek vir vandag…. hehehe, ek vertel hierdie dinge omdat ek dit weet en self nie elke dag in my eie lewe toepas nie, dan kan ek net dink hoe worstel jy met dieselfde goed waarmee ek doen, deur net my uitkyk op die lewe te verander, die rolprent, die draaiboek, die regiseur en die ster as myself te begin sien, het baie dinge in my lewe verander die afgelope naweek, en dit maak allermins van my ‘n hero! Dit beteken net dat ALMAL dit kan doen…

Die Sheldean Human verhoor het na ‘n jaar gister begin en alreeds is die eerste stories wat ek daarvan hoor, ‘n stille getuienis van die hartseer lewensverhaal van ‘n klein onskuldige sewejarige dogtertjie en ek voorspel die hartseer is nog lank nie verby nie, ek dink dit gaan ons almal een of ander tyd ruk na die werklikhede van die lewe wat soms nie lekker is om aan te dink nie…

Die beleid van “stille diplomasie wat die ANC aan die dag le met betrekking tot Zimbabwe, gaan weereens beteken dat die kans vir ‘n vry en regverdige verkiesing in die Bananarepublic omtrent nul is…
Skrik fkn wakker!
Kommer heers oor die veiligheid van ‘n Suid-Afrikaanse vlieënier wat in Zimbabwe aangehou word. Die 28-jarige inwoner van Johannesburg, Brent Smythe, word by die Sentrale Polisiekantoor in Harare aangehou. Dit is nog nie duidelik waarom hy gister in hegtenis geneem is nie, maar sy werkgewer, Wessel van den Bergh, sê die Zimbabwiese opposisie, Movement for Democratic Change, het ‘n helikopter gehuur om die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, tydens sy verkiesingsveldtog rond te vlieg. Van den Bergh sê hulle is baie bekommerd oor Smythe se veiligheid.
Vry en regverdige verkiesings in Zimbabwe, omtrent so vry en regverdig soos ‘n WP ondersteuner op Loftus Versveld ja!

President Thabo Mbeki sê sy regering sal die situasie op die Comores monitor. Dit volg nadat troepe van die eilandgroep en die Afrika-unie gister die eiland, Anjouan, aangeval het om die oorhand te kry oor rebellemagte. Die aanval het net voor sonop begin en daar is gepoog om die rebelle-leier, Mohamed Bacar, gevange te neem. Bacar is verlede jaar as president verkies, maar nooit deur die internasionale gemeenskap erken nie.
Fok mnr. Mbeki monitor eerder die situasie in AZimbabwe, dis net so ‘n paar kilo’s noord!

Lekker dag vir jou!

Wimpie

PS die ou het die land op hol…. laat weet my as jy hom ken ek wil met hom chat op die radio… wil uitvind wie is sy haarkapper, en waar koop jy nog gypsey’s!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Watse fliek is jy??

  1. Meermin says:

    Wimpie wel na gisteraand se padda episode in my kombuis, weet ek nie so lekker watse fliek dit sal wees, mense sal hulle gatte aflag!!

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Amen!

  3. Anonymous says:

    mooi vergelyking, die lewe en ‘n fliek.

  4. Anonymous says:

    Wimpie

    Jy weet seker van die storie van die Brakpan-meisie wat jou so vir ‘n gek hou en hoe almal vir jou lag daaroor?

    As jy nie weet nie sal ek jou vertel, sy is twee mense PASOP!!!

  5. Anonymous says:

    Hi Skerpioen

    Amper vra ek wat van “Sharks” geword het..nou ja, klaar gesien!! Haar blog lyk heel spoggerig..

    Het jy “Star” gelees..Rambo verskyn daarin ook…baie mense sien hom by Benoni Virgin Active ander se hy werk by Emperors Palace..wel..hy is in elk geval nou al ‘n legende en raai wat, van Boksburg, vir een keer het Springs nie die paal gehaal nie!!

    Hoe gaan dit met die liefde van jou lewe?

    Virgo
    Mwah

  6. barb michelen says:

    Hello I just entered before I have to leave to the airport, it’s been very nice to meet you, if you want here is the site I told you about where I type some stuff and make good money (I work from home): here it is

  7. Anonymous says:

    Sun goes down ek het nog daai liedjie aan pa bekend gestel haha pa het nog gese sit gou terug dit is toe ‘n kwaai liedjie