Vrydagaand kaperjolle en die bulle!

Nee kyk, ek is nog nie reg vir die winter nie!!

Gewoonlik kry ons darem ‘n paar weke om ons stelselmatig voor te berei vir die winter, gister sommer 11 grade en vandag 12 hier in Gauteng, dis dan wanneer ek wil skreeu, stop die lorrie ek is nog nie reg nie, ek het nog nie ‘n girl om my warm te hou die winter nie!!

Behalwe vir die koue, en al my baadjies is iewers waar ek hulle nie kan kry nie, ek en my bediende speel ‘n snaakse sadistiese game met mekaar waar sy soveel as moontlik van my goed vir my wegsteek sodat ek niks kan kry nie, het ek die naweek weer besef dat ouderdom is nie jou speelmaatjie nie, kyk ek het ordentlik gekuier, die hele naweek lank, en net besef dis nie meer tien jaar terug nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, die outoppie KAN nog dis net ek is nie meer so akrobaties soos in die verlede nie! Ek vertel jou nou hoekom…

Ek en Robbie Klay het Vrydagaand bietjie gesels, nie baie nie, maar genoeg vir my om my mind op te maak oor die hele Hurrie Els sage…. Sterkte Robbie hou vir jou duimvas en ek weet alles gaan goed gaan!

Terug na die akrobatiese deel van die aand…. dis nou Vrydagaand….uhm … dink ek, en nee toema ek het nie bestuur nie, ek het ‘n bestuurder gehad….uhm nee dit was nie ‘n meisie nie….hehehe!

In die ou dae, jy weet soos nog laas jaar het ek altyd baie gewaagde tonele om die dansvloer kon uithaal, jy weet soos spring op ‘n muurtjie terwyl ek op my kniee oor die dansvloer gly….en my baie duur guess jeans ordentlik opvoeter…. anyway dis nie die punt nie, die plekkie waar ek toe nou Vrydagaand kuier het ‘n muurtjie van so ‘n meter hoog en seket so 300 mm breedt, nou gewoonlik kan ek soos ‘n wafferse Nicholis Louw op hierdie muurtjie spring en lekker op my kniee land en my air kitaar move uithaal…..gewoonlik…. nie Vrydagaand nie, vir een of ander rede is my berekeninge toe nou heeltemal uit…. ek launch myself van die dansvloer af, heeltemal bo oor die muurtjie en bo op die tafel waar vier girls my met sulke groot oe aankyk toe ek hulle hele tafel des moers val…. sorry girls, ek het darem vir hulle elkeen ‘n drink gekoop daarna…. en dit was funny, die hele plek het uitgebars van die lag, ek moet se ek ook, tot ek gevoel het hoe blerrie seer dit was, en glo my dit was….

Om ‘n lang storie kort te knip, Saterdag voel ek toe bietjie styf en gister kon ek skaars loop…. Maar nou ja elke sport het sy beserings. Saterdagaan vir Jacques de Coning raakgekuier en ons het ‘n interessante gesprek gehad, oor vroumense en die vatbaarheid van my Russiese projek…. die gevolgtrekking…uhm ja ons reken nog steeds dit kan werk!

Ek moet iets se oor die rugby, dis net eenvouding verstommend watse swajk verloorders my Blou Bul pelle is, kyk as hulle wen loop hulle die hele wereld vol met blou knaters wat agter hulle karre uithang to blou vlaggies wat by die vensters uithang….

Wanneer jy hulle soek as hulle span verloor het, het jy ‘n beter kans om die Pous in Springs op te merk! Mooi gespeel die Stormers, ek dink hulle moet ‘n tuisveld iewers oorsee gaan soek!, Die Sharks van die Suid-Afrikaanse spanne lyk nou maar net een maal meer afgerond as al ons ander spanne…. die Leeus en die Cheetahs…. die Super 14 is maar net een stappie te ver!

Eskom het gewaarsku dat daar vandag ‘n groot moontlikheid is vir kragonderbrekings omdat die koue weer in Gauteng en ander gebiede elektrisiteitsverbruik na verwagting gaan laat toeneem. Eskom het gister gesê hy sou verlede nag probeer om ‘n aantal kragopwekkingseenhede weer in bedryf te stel. As dit nie betyds gedoen kon word nie, kan kragonderbrekings verwag word van vroeg vanoggend tot 10 uur vanaand. Ek sien ‘n laaaang DONKER winter wat wag….

En die beroemde Beatle-sanger Paul McCartney gaan vandag hoor watter deel van sy geraamde fortuin van 825-miljoen pond hy aan sy vervreemde vrou, Heather Mills, moet afstaan. Daar word bespiegel dat dit die duurste egskeiding in Britse regsgeskiedenis kan wees wanneer Sir Paul gedwing word om tot 60-miljoen pond af te staan. Een van die land se voorste egskeidingsprokureurs het aan Sky News gesê enigiets tussen 10 en 20 miljoen dollar sal vir enigiemand ‘n fantastiese lewensstyl besorg.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Vrydagaand kaperjolle en die bulle!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Ons blou bulle is nog hier jy soek op die verkeerde plek. Jy moet deur Pretoria se strate kom ry hier is nog baie lojale ondersteuners.

    Lekker koue winters dag vir jou

    Ina

  2. Anonymous says:

    ek was een van die mense aan daai tafel en diet was moer snaaks!

  3. mykopop says:

    Ja-nee, ek stem saam met jou oor die koue Wimpie. Ek drink saans, winter en somer na ete ‘n glas koue melk. Gaan sit gisteraand in my studeerkamer met my glas melk en vat ‘n sluk, en begin kry koud. Die volgende oomblik sê my vrou ek moet die hond se bak inbring. Toe ek die deur oopskuif slaat daardie koue lug my en ek begin bibber. Drink my melk klaar en begin so bibber dat ek ‘n bietjie koffie moet drink om te herstel!

    Gewoonlik maak die Formule 1 darem bietjie op vir die winter wat ek haat, maar die manier wat die rooi karre begin het, of liewer,nie begin het nie, het glad nie my naweek vir my gemaak nie!

  4. Wimpie van der Sandt says:

    KOP

    ja ekhet amper vergeet van die F1 storie, ek is ook ‘n Ferrari man en om te se ek was teleurgesteld is wel, ‘;n understatement, gelukkig is daar nog baie wedrenne oor…

    die koue, ja dis ‘n bliksem!

  5. Anonymous says:

    Klink of jy Vrydag omtrent lekker gekuier het!

    Solank jy dit geniet het!

    Groete aan almal,
    Karien Enslin

  6. SHARKS says:

    Brrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr dit is koud, nee jy ek is nie eers amper reg gewees vir hierdie skielike koue nie!!