The thing with potatoes!

Faith like potatoes!!

Ek dink vanoggend ek kan maar gaan leer by die boere wat daarmee boer, die rede, jy kan dit nie SIEN groei nie, jy moet maar glo dit groei….

Ek staan vandag beskaamd en moet erken, dit wat ek so hard preek om nie te doen nie, is presies wat ek die afgelope tyd gedoen het, as jy nie ander mense se omstandighede ken nie, MOENIE oordeel nie, ek glo nie daar is enigiemand wat moedswillig is en just for the sake of it jou gaan probeer seermaak nie…..uhm wel behalwe vir ou bob daar van die Bananarepublic!

Ek staan vanoggend beskaamd en vra omverskoning vir my vooroordele! Aanvaar asb my verskoning…

Dis nogal nice om ‘n blog te he want dit dokumenteer mens se persoonlike groei ten opsigte van baie dinge en die interessante ding daaraan verbonde is dat ander mense saam met jou groei want jy vra die vrae wat hulle miskien te bang is om hulself te vra….

Ek wil NIE soos Steve Hofmeyr klink nie, en ek het seker nie die fanatiese ondersteuning hier wat hy op sy blog het nie, maar hierdie is my uitlaatklep en is soos ‘n goeie dosis….no pun intended…. terapie elke oggend, dis hier waar ek my emosies kan verwoord en myself kan loslaat op my eie persoonlike soeke na myself…..en julle!

So Wimpie is nou blond, daar is niks so lekker as om elke dan en wan jouself te herontwerp nie, as jy gatvol raak vir jouself en jou lewe, klim in die kar, ry haarkapper toe en doen iets radikaals, so ‘n middag het ek gister gehad, lus vir iets anders besluit toe ek gaan blond gaan gewoonlik wil my hare nie saamwerk nie, word soms bietjie rooi, maar gister is dit toe net asof al die natuur se kragte saamsnoer vir my en besef ek het bietjie terapie nodig, die uiteinde, spierwit blond…..hehehe!

Ek poog nou al geruime tyd om weg te beweeg van die nuusblog storie, as jy die nuus wil lees, koop die koerant of lees ander blogs, ek gaan net nou en dan sosiale kommentaar lewer oor die nuusgebeure…

Dit gese sal dit naief van my wees om die nuus heeltemal te ignoreer so here goes:
Die vurige Suid-Afrikaanse snelbouler, André Nel, is ‘n man wat sy hart op sy mou dra, maar hy kan in die sop wees nadat hy gister in Dhaka die Speler van die Wedstryd-seremonie misgeloop het. NuusFlits se sportredakteur berig Nel is aangewys as die speler van die wedstryd nadat hy vier paaltjies laat kantel het vir 27 lopies tydens Suid-Afrika se sewe paaltjie-oorwinning oor Bangladesj, maar het nie opgedaag by die oorhandigingseremonie na die wedstryd nie. Vroeër is berig dat hy uit die span gelaat is vir die Toets in Indië. Volgens die kaptein, Graeme Smith, het hy op ‘n baie emosionele manier reageer.

Wat bly oor, niks…. die bottom line is Nel is glad nie genoeg getan nie, en hierdie skandalige uitbuiting van witmense, wat in die naam van transformasie geskied, sal nie ‘n einde kry solank ons dit toelaat nie, as ek Nel is vat ek my goed en waai en maak ‘n statement, plaas die aandag van die buitewereld op die uitbuiting van ons mense wat hier, na 14 jaar nog steeds plaasvind, in die naam van transformasie….

Daar kan geen politieke verdraagsaamheid in die land plaasvind terwyl daar op die regte en menswaardigheid van sekere groepe getrap word nie, het jy dejavu…. Dit het al voorheen hier in ons land gebeur, toe was die wereld up in arms, toe het ons dit apartheid genoem, en vandag gebeur dit na al die jare nog steeds, vandag noem ons dit transformasie, net nog ‘n naam vir aparte ontwikkeling van bevolkingsgroepe….

F@k ek bars sommer ‘n aar in my kop!

Lekker dag

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to The thing with potatoes!

  1. SHARKS says:

    Wimpie welkom in die land van die blondes!!

  2. Anonymous says:

    ek wonder of die blonde grappies op jou show nou verby is?

  3. Anonymous says:

    almal maak foute..maar mens kan gerus vir die wat kan erken hulle was verkeerd jou hoed afhaal…want sulkes verdien respek….

    Groet aan almal,
    Karien Enslin

  4. Anonymous says:

    Wimpie,

    Soos dit vir my klink vra jy omverskoning vir iemand wat jy veroordeel het voordat jy al die feite geken het, en dit klink of die persoon baie vir jou beteken of beteken het?

    Ai man, koop vir daai persoon ‘n kas bier as hy manlik is of stuur ‘n bossie blomme as dit vroulik is, dan sal jy ook beter voel.

    Jy moet bietjie vir jou aanhangers ‘n foto stuur van hoe jou blonde hare nou lyk. Ons is almal vreeslik nuuskierig om dit te sien.

    Het die man nou al liefde gevind of is hy nog soekend?

    Jammer, ons is maar net nuuskierig.

    J.v.S.

  5. Anonymous says:

    Klink eerder of jy deur ‘n “wanna be Steve” fase gaan.

    Klim af van jou troontjie af en hou op om so te vis vir komplimente!