Stalkers en Internet date gevare! O ja en Paris Hilton!

Ek blog maar bietjie want ek werk vandag….uitgeruil om volgende Vrydag bietjie af te kry, ek staan in alle geval vroeg op vakansiedag of nie so dit maak nie eintlik saak nie, nou kan ek darem lekker musiek luister terwyl ek anyway op is, hehehe…

Ek kan jou seker vandag weer vertel dat ek weer oor die naweek besef het dat jy mense kry wat lieg vir ‘n lewe, maar dit dien net geen doel nie, so ek gaan nie… ek gaan net regtig my nie laat ontstig nie, gaan bs iemand anders verder..

So gepraat van mense en hulle dinge, hierdie hele internet gedatery en chatrooms en shit is alles presies net mooi dit…. shit sosiaal onaanpasbare mense neuk op hierdie goed rond en as jy daar uithang dan maak jy jouself oop om al die slegte gevolge te he wat daarmee saamgaan.

Ek het al baie die Mixt debat gehad en ek staan by wat ek se…. mixt in die verkeerde hande is ‘n tool, dis ‘n tool vir verkragters, stalkers en oor die algemeen sosiale freaks en jy hoef my nie te glo nie, maar vat net bietjie eendag jou kind se foon en dan volg jy so ‘n gesprek wat op een van hierdie chatrooms gebeur, dis net seks en seksueel eksplisiete gesprekke met grafiese detail wat jy nie kan glo nie.

Die afgelope naweek het ‘n jong meisie van 16 ‘n ou wat sy op Mixt mee gechat het raakgeloop en is sy verkrag en gedreig met die dood en vertel sy gaan Vigs kry want die ou is MIV positief….. Dis alles ‘n klomp bollie vir sosiaal onaanpasbare mense…

Paris Hilton, biljoenersdagter is in die land…. en dit grief my tot in my diepe binneste…. hoekom??
Dis alles ‘n klomp snert, as jy die tipe geld het van mej. Hilton en kie, hoekom sal ‘n selfoonnetwerk jou R2.5m moet betaal om te gaan pose vir ‘n paar foto’s by ‘n kinderhuis, as dit ek was sou ek die geld vir die kinderhuis geskenk het en sodoende my pornster lyfie vir iets positiefs aangewend het in plaas van myself net nog bietjie te verryk…. for that matter hoekom het daai selfoon netwerk nie eerder net die geld vir die kinderhuis geskenk nie??
Maak nie vir my sin nie en dit pie my net af en is weereens ‘n bewys dat selfoonnetwerke te veel geld uit ons maak en nie weet wat om daarmee te doen nie!

Ek het jou nou die dag vertel van die stunt wat ek in ‘n klub getrek het en myself des moers geval het, ek het gedink julle sal dalk die skuldige muurtjie wil sien toe neem ek maar ‘n foto van die ding nou die aand toe ek weer daar kuier…. nou ek kan self nie lekker uitwerk wat in my kop aangegaan het nie, hou net in gedagte dat ek wou met ‘n aanloop van so tien meter, bo-op die muurtjie spring vir een of ander ondenkbare rede, ek het toe nou later uitgewerk dat dit inderdaad, fisies onmoontlik is, hehehe!

Nou ja toe dan, as jy nog naweek hou, geniet dit, as jy, soos ek, alreeds werk, ons het ‘n voorsprong bo die drommels wat eers more begin, of vertel dit vir jouself!!

Lekker vakansiedag

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Stalkers en Internet date gevare! O ja en Paris Hilton!

  1. Fenrisar says:

    See here or here