Spookhuise sonder krag!

Die probleem met die winter wat sommer net een dag opdaag is dat jy byna NOOIT reg of voorberei is daarvoor nie en dan is dit sommer net tjol…

Ek kry nie geslaap nie, dis vrek koud en omdat ek gewoonlik iemand is wat gou warm kry, is ek glad nie gerig vir die winter nie, die gevolg is een duvet, ‘n somers een, geen elektriese kombers, en/of heater nie, en ‘n skuldgevoel teenoor Eskom wat alles bydrae daartoe dat ek met ‘n sweetpak, rugbykouse en ‘n mussie in die bed moet klim….. wel twak man, ek koop vandag ‘n heater…. en ‘n elektriese kombers en die res is Eskom se probleem, ek is ‘n klieent, gee my elektrisieteit en basta verder…

Dit bring my by ‘n ander interessante verskynsel…. spookhuise, glo jy daaraan, ek ook nie rerig nie, was een keer op ‘n spooktoer hier in Johannesburg se omgewing, jy ry op ‘n bus en hulle wys jou ‘n klomp huise waar dit spook, interessant genoeg het iemand wat saam ons op die trippie was ‘n spook, of wat gelyk het soos ‘n spook, met haar digitale kamera afgeneem…. genuine, sy het eintlik net ‘n vertrek afgeneem maar agterna gesien daar staan iemand in die vertrek, nou ja dit was nogal scary toe ek dit met my eie oe sien… hoekom vertel ek die storie , aag dis eintlik maar ‘n private joke oor onsigbare spookhuise, en ghost chases in die middel van die nag, mkaar tooemaar ek gaan daai spook vang, met of sonder die hulp van die ghostbusters, uhm vandag nog, so die spookmeisie van Uniondale wat hier in die Oos Rand rondsluip, WEES GEWAARSKU…. vandag is jou dag!

Hehehehe!

Robert McBride se turf sit…. mens moet maar oppas wat jy se en doen en watse statements jy maak as jy nie weet of daar dalk foto’s soos hierdie ene geneem is en wat bewys dat jy lieg of jy nou gedrink het of nie toe jy in ‘n ongeluk betrokke was….
Die foto van McBride word nou teen hom gebruik as getuienis in sy “dronkbestuur of nie” saak.
Lyk maar vir my of die party rof aan was en in sy eie woorde: jy het opgef** ou mater.

Ek het netnou grappenderwys oor Eskom gespot, ek wonder of hulle weet hoe erg die winter rerig gaan wees, ek is seker daar is ander mense, soos ek, wat besluit het om sy deel te doen om elektrisiteit te bespaar die winter, en wat maar net besluit het, bogger dit, dis te koud en ek wil ordentlik slaap in die aand, ek gaan hulle nog een laaste kans gee en kyk of ek nie dalk regkom met ‘n warmer kombers nie, maar dis die laaste ding wat ek probeer dan is dit ‘n elektriesekombers en baste… Eskom kort sowat 3664 kw se elektrisiteit, ja ek weet daar het vier generators die gees gegee, maar dis net eintlik in Gauteng koud, die res van die land het nog somer dis 30 grade in die Kaap 26 in Natal en die 22 in Bloemfontein… wat probeer ek se, ons het nog lank nie die hoogtepunt bereid van die vraag na elektrisieteit soo die op die koudste tyd in die winter gaan wees nie, ek “ys” as ek net daaraan dink.
In reaksie op versoeke deur industriële verbruikers in Gauteng, het die sentrale streek en die Stad Johannesburg besluit om oor te skakel na kragonderbrekings van 4-en ‘n half uur in plaas van die standaard 2- en ‘n half uur. Die onderbrekings sal egter minder dikwels voorkom, aldus Minister Alec Irwin. I-Net Bridge berig hy sê die tydsduur van kragonderbrekings berus hoofsaaklik by die plaaslike regering in samewerking met Eskom. Eskom sal tot Donderdag landswyd beurtkrag instel as ‘n noodmaatreël. As gevolg van die groot elektrisiteitsaanvraag weens koue weer, het vier kragopwekkers vanself afgeskakel. Ek wonder hoeveel gaan in die regte winter vanself afskakel!

Robert Mugabe se grootste wens is blykbaar dat hy aan diens wil sterf en daarom is daar nie ‘n kans dat die verkiesings in Zimbabwe of Mugabewe soos dit deesdae bekend staan, vry en regverdig sal wees nie, wel ek wil bid dat sy wens toegestaan sal word, sommer gou!Intussen het die ANC ‘n beroep op Zimbabwiese veiligheidsmagte en ander staatsinstellings gedoen om onpartydig te bly gedurende die verkiesing en die uitslag te aanvaar. Die ANC het ook in ‘n verklaring gesê hy hoop dat die verkiesing in Zimbabwe vry en regverdig sal wees. Verskeie leiers van die veiligheidsmagte in Zimbabwe het hulle geskaar aan die kant van President Robert Mugabe. Die polisiehoof het gesê “marionette wat deur die Weste gesteun word”, sal nie toegelaat word om aan bewind te kom nie. Jajaja ons het dit al alles gehoor!

Later en oppas vir die spoke!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Spookhuise sonder krag!

  1. SHARKS says:

    WHAAAAAAAAAA, die spook staan reg agter JOU!!

    Wimpie ek kry net so maklik en vinnig koud, ek draai myself maar in ‘n dik kombers toe klim onder nog ene en daar lè ek, ek roer nie!! Want as jy roer is dit van voor af koud, gelukkig as dit so koud is, kom lè my katte styf teen mekaar teen my, daai warm lyfies van hulle is heerlik!! Dalk moet jy ook maar ‘n kat of twee aanskaf, of nog beter laat jou boerboel langs jou dux!!

    Ek kan hoe koud kry, ‘n HAAT ‘n heater, soek nie eers een verniet nie, draai jouself in ‘n kombers toe, kry of jou sit of jou lè en moenie roer nie!!

    Brrrrrrrrrrr ek kry ook koud!!! Het juis vanoggend warm aangetrek, maar eish man my hande is blou van die koue!!

    Lekker koue dag en genuine die SPOOK van die OOS RAND staan reg agter JOU!!

  2. staatsamptenaar says:

    Sharky wat my nou net weer laat dink – daai foto’s op jou blog, die bliksem lyk omtrent gesuip, g’n wonder jy is so bang vir hom nie, Wimpie KOOS is die spook, gaan loer bietjie by Sharks se blog.

    Sharks ek sè nog die basement spook, ek sit nie my voete daar onder nie – nee ek sal nie, vergeet dit.

    Wimpie hoop nie jy kry nou te koud nie, geniet jou dag.

  3. Anonymous says:

    Daai spook is op SHARKS se blog – ek het byna nou al my warm koffie uitgegooi die arme vrou – ek sal ook nie langs so spook wil slaap nie, dan maar eerder saam met die katte slaap.

  4. mykopop says:

    Yay, toe kry ek gisteraand die eerste geleentheid om my 800W generatortjie regtig te toets, ons het die TV en PVR en een leeslamp met ‘n lae-energiegloeilampie aangesit.
    Miskien moet ons die 2 Roberts sommer laat saamsmelt tot een: Robert McGrabe, hulle is tog van dieselfde stoffasie!

  5. Anonymous says:

    Die Spook van die Oos Rand se jy? HA HA HA, dit klink of spoke jou stalk?

    Hoop jy voel beter vandag,

    Groete aan almal
    Karien Enslin

  6. Anonymous says:

    Is ek die enigste een wat sukkel om Vodacom nommers te bel?

    Groete aan almal,
    Karien Enslin