Soveel Mense soveel opinies!

Ek het gedink ek is alleen in die wereld maar na gister se talle oproepe, eposse en sms’e besef ek daar is baie mense in die wereld wat voel soos ek, almal is net nie so reguit soos ek om hulle gevoelens op ‘n blog te bespreek nie…

Maak dit van my enig in my soort…. nee ek dink nie so nie, party van julle is getroud en in verhoudings waar jy nie in wil wees nie, wat natuurlik glad nie vir my sin maak nie, seker maar omdat ek al so gewoond is om net te doen wat my happy maak en basta met die res, beteken dit ek is reg…… ek weet nie wat dink jy? In die lewe soos enigiets het ek nie al die antwoorde nie, damn, daar gaan weke verby dat ek nie eers myself kan antwoord nie, al wat ek weet is ek lewe nie ‘n leuen nie…. maak dit my spesiaal, ek glo nie, wat ek wel weet is as ek saans in die bed klim, kan ek myself face en of daar nou iemand saam my is of nie, dit voel nie vir my of ek oneerlik is met iemand nie…

Ek voel partykeer asof ek die saamwees van iemand mis, maar ek dink die grootste rede daarvoor is omdat ek alleen in so ‘n groot huis bly, vier slaapkamers, twee sitkamers, lapa, vier garages…. dan is mens geneig om vinnig alleen te voel, die voordeel is ek kan myself lekkker rondjaag sonder om in myself vas te loop….hehehe!

Ek verduidelik gister aan iemand dat ek eerder alleen sal wees as om iemand aan ‘n lyntjie te hou en dat ek self nie rerig seker is wat ek soek nie, toe begin die hele stryd met myself weer van voor af, want se nou maar net die regte persoon kom nou in my lewe ingewals, is my mindset dalk van so ‘n aard dat ek dit sal mis?!

Soos iemand vir my se, “love will hit you between the eyes like a baseballbat and you wont know it”! Huh…. kan dit waar wees, miskien is my mindset so in sy kanon in dat ek dit nie eers sal besef nie, ek dink die geheim is…..moenie met my games speel nie! As jky ernstig is …. moenie games speel nie, ek dink ek is moeg speletjies gespeel…huh…kan dit ek wees die koning van alle speletjie spelers… alle geval dankie dat jy wat my blog lees hierdie persoonlike soektog so getrou saam my aanpak, kom ons kyk waar kom ek en jy by uit, ten minste gaan dit gedokumenteer wees!

Gister op my show ‘n grap gemaak en die moontlikhede bespreek om ‘n paar meisies in te voer vanaf Rusland, dit het begin as ‘n grap, maar ek het gou besefn ‘n paar mense is baie meer ernstig daaroor as ek, wil nie lieg nie maar seker so 30 oproepe minstens 40 sms’e en ‘n klomp e-mail van mense gekry wat vra dat ek ernstig daarin kyk….huh??!!

Wel ek het ‘n lekker groot huis kan seker so vyf van hulle huisves as iemand net bydrae vir kos en klere is ons in ….uhm…. besigheid?

Ek wil nie die teen-misdaad kamp verder skietgoed gee vanoggend nie, maar ek sal vreeslik bly wees as die regering vir my en die vermoorde 7 jarige Gosfaone Tyakya se ouers kan verduidelik hoekom het haar moordenaar, wat pas uit die tronk vrygelaat is vir dieselfde oortreding, nie oorspronklik die doodstraf gekry nie….. dink jy sy sou nog vandag geleef het as hy jare terug al die doodstraf gekry het….f@k!

Ek is bly om te sien ALLE gemeenskappe en dit sluit ALLE KLASSE in is besig om te verduidelik hulle is goed gatvol vir misdaad, ek is een van die ouens wat glo die klasseverskil in Suid-Afrika is veel groter en ‘n veel groter probleem as rasse verskille, ek sal by ‘n ander geleentheid verduidelik….

Op ‘n persoonlike noot….Battle of the Bands is bykans gefinaliseer, as jy ‘n band wil inskryf beter jy my kontak, dit begin op 15 April 2008 by Carnival City, die finaal vind op 19 Julie plaas in die Big Top Arena met The Parletones, Prime Circle, Snotkop en Joe F…. dit gaan awesome wees, Klipdrift is die borg ek sal later meer uitlap oor die pryse wat ook groot gaan wees… Kontak my per e-pos om jou band in te skryf…

More is ek omtrent die hele dag in die opname ateljee, die onsigbare man, word opgeneem….. deur wie….. hehehe, ek mag nie se nie, miskien doen ek dit sommer self!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to Soveel Mense soveel opinies!

  1. SHARKS says:

    Môre jy, iemand het een keer vir my gesè LIEFDE kom soos ‘n GROOT k@k – JY KAN DIT NIE KEER NIE, wel seker maar net vir sekere mense!

    Geniet jou dag.

  2. Anonymous says:

    Eendag sal jy besef hoe jy mense seermaak. Dat jy die persoon wat jou regtig liefhet weggooi net oor jy wag vir iets beters om verby te kom!

  3. Wimpie van der Sandt says:

    hey anonymous….

    het jy dalk by jouself gebdink wat het jy gedoen om my vertroue te skend, het jy al gedink dat miskien was ons soos water en vuur saam en het jy al gedink dat ipv om jou tyd te mors het ek dalkies besluit om ‘n einde daaraan te maak….
    ek vra net, jy is anonymous so ek weet nie wie jy is nie, maar ek kan een ding vir jou se en ek is seker as jy my ken soos jy se jy doen, dan sal jy weet dis NOOIT my bedoeling om enigeen te na te kom nie….KEN JY MY…. dan WEET jy dit, as iets nie uitwerk nie, dan doen dit nie….hoe lank moet mens aanhou voor jy dit dan los??

  4. Anonymous says:

    ouch….CAT FIGHT….meouwwww….

    Groete aan almal
    Karien Enslin

  5. Wimpie van der Sandt says:

    hey blondie
    ‘n catfight is tussen twee katjies….ghehehe ek is nie ‘n katjie nie,,, nie een om sonder handskoene aan te pak nie anyway…. besides ek is nie die baklei tipe nie sal veel eerder ‘n goeie fliek gaan kyk so ek baklei nie…

  6. Anonymous says:

    Ag nee mense..f@k soos Scorpio se..kom ons vergeet van ons jammer voelery vir onsself “and CELEBRATE LIFE”…nog ‘n dag vol moontlikhede..

    Wimps, klim in daai 1.6ie en gaan soek ‘n hart om te red as dit moet!

    Lekke dag

    Virgo

  7. Rooikop says:

    Ja Wimpie, het ons almal nie maar die geraamtes in die kas waarmee ons elke dag wroeg nie? Die beste van als, ons kies om dit te doen. Ons kies om vas te klou aan daai stukkie verlede net om ons die krag te gee om die dag te face. Sad maar waar! Ons verlede is dan wie ons is. Ons word nie gebore met ‘n vrees vir more of ‘n nuwe verhouding nie. Ons verlede het ons stukkie vir stukkie geskaaf in wat ons is. En die stukke wat langs die pad gebreek het, kan deur geen mooi woordjies geplak word nie. In die proses daars seer hartseer haat vrae kwaad. Wat as, hoekom? Dis ‘n lewenslange pad wat op ‘n doodloop eindig as ons nie die keuse maak om dit te verander nie. Net jammer dat die “mind over matter” nie altyd werk nie…..

  8. Anonymous says:

    Hi

    Hoekom doen jou produksie maatskapy nie aansoek om die “lets Fix it” program verder te vat nie. Ek sien op ETV hulle adverteer.

    Lekker dag

    Ina

  9. Anonymous says:

    lyk my ou wimps het ‘n teerpuntjie aangeraak vir almal, ons het maar almal ons ou dingetjies in die lewe…