Ook net ‘n mens!

As jy bo-aan hierdie blog lees sal jy sien daar staan Wimpie se blog….

As jy nie wil lees wat in Wimpie se kop-en of lewe aangaan nie, dan stel ek voor jy hou nou op lees. Vandag gaan ek, moontlik vir die laaste keer, nee nie moontlik nie, beslis vir die laaste keer myself verduidelik aangesien ek nooit die geleentheid vir myself toe eien om die kritici teen myself as mens, persoon, my waardes, wat vir myself belangrik is, of wat nie vir myself belangrik is nie, te antwoord nie.

Ek het stilgebly terwyl die een bullshit storie na die ander oor my versprei is van elke denkbare plek op die planeet, vanaf Facebook tot die golfbaan, ek ag myself nie ‘n celeb nie, daarvoor is my skamele 140 000 luisteraars seker nie genoeg nie, ek ag myself nie iemand vir alles wat ek al vir ander mense in die gemeenskap gedoen het of vir liefdadigheid of vir geliefdes of Afrikaanse musiek for that matter nie.

Ek dink nie aan myself as die beste rolmodel vir ander mense in die lewe nie, ek dink nie ek is altyd reg of altyd verkeerd nie, ek dink nie ek is die beste pa of seun in die wereld nie, ek kan verstaan dat mense vir my kwaad word ek kan selfs verstaan dat ek somtyds wil huil van frustrasie as alles nie altyd uitwerk soos ek dit wou gehad het nie….

Wat ek nie kan aanvaar nie is dit een of twee mense met een of twee bullshit stories oor die mag beskik om oor jou huidige, of toekomstige geluk die lot te werp.

Niemand gaan in enige verhouding, besigheidsgeleentheid of loopbaan in met die uitsluitlike doel om dit te laat misluk nie…. ek ook nie! Dit is seker moontlik om bietjie meer taktvol te wees, maar vir watter rede, om ‘n ander persoon in ‘n verhoudig elke dag bietjie moed te gee vir iets wat jy voor jou heilige siel weet nie gaan werk nie??

Wanneer word jy ophou blameer vi ‘n verhouding wat skeefloop en word die ander persoon gedwing om self verantwoordelikheid te aanvaar. Is dit meer geregverdig om uit ‘n verhouding wat nie werk nie te stap of is dit meer reg om iemand se naam agterna te beswadder met elke geleentheid wat jy kry om dit te doen? Die dag wanneer ek praat, en ek kan, kan ek mense se besighede, huwelike, loopbane en studies laat sink, sal dit my ‘n beter mens maak, ek twyfel, sal dit my ‘n sieklike geveggie wat te ver gegaan het laat wen?? Ek glo amper nie, sal dit my na dieselfde vlak laat daal, miskien, maar wanneer is genoeg dan nou genoeg, wanneer begin jy mense beskerm wat jy belangrik genoeg in jou lewe ag om te beskerm?

Wanneer ek iets begin voel vir iemand is dit gewoonlik onvoorwaardelik en met die grootste graad van lojaliteit bekend aan enige mens, my lojaliteit het nie ‘n prys op nie, dit kan nie gekoop word nie en ek wil dit nie te koop aanbied nie, dit kan net op een wyse opgeskort word en dit is wanneer die lojaliteit wat ek aan daai persoon deur hom of haarself vernietig word, dan is ek nog steeds in ‘n catch 22 situasie want vertel ek my kant van die saak dan is dit ‘n geval van ek het mos gese hy gaan so reageer, doen ek die eerbare ding en bly stil omdat ek nie glo aan dinge soos wraak nie, omdat ek nie met die bybel onder die arm rondstap nie, maar nog steeds daaraan glo, baie meer as mense wat wil voorgee hulle doen en dan loop en stront praat van ander mense, dan word daar gese, jy sien dis die waarheid hy kan nie eers daaroor stry nie.

Ek voel soms magteloos, soos mense voel wat te ver gedruk word, ek voel soms soos ‘n kitaarsnaar wat ooreis word, soms voel ek om van magteloosheid te begin huil en soms voel ek lus en vernietig mense se lewens soos hulle myne probeer vernietig. Dit vat baie om myself te oortuig om nie alles wat ek weet vir die wereld uit te bassuin en net vir EEN keer mense die waarheid te vertel nie, dit is my keuse om dit nie te doen nie en die enigste rede hoekom ek dit nie doen nie, is dieselfde rede wat ek so hoog aanslaan in my eie lewe….LOJALITEIT! Dit klink of dit nie sin maak nie ek weet maar vir myself en die geworstel met myself maak dit baie sin.

Hierdie sal die laaste keer wees wat ek hieroor op hierdie blog sal skryf, die rede, ek wil nie soos ander mense begin klink nie, ek wil hierdie soos ‘n dagboek van my persoonlike groei maak ek ek wil nie graag hier persoonlik raak nie. Ek beskou dit as ‘n persoonlike oorwinning wat ek behaal wanneer ek dit regkry om nog een keer die ander wang te draai, maklik is dit nie, ek is ‘n skerpioen en dit druis in teen elke tipiese skerpioen eienskappe wat in my binneste skreeu vir, en wraak van my eis!

EK het besluit om weer, nog een keer die wang te draai, mense wat my ken, en/of die moeite doen om my te leer ken, weet wie en wat ek is, ek wil nie nodig he om myself te verdedig teen elke snuiter wat die dag met ‘n gier in die gat opstaan om Wimpie van der Sandt se lewe ‘n hel te probeer maak nie, as jy nie eers die moeite kan of wil doen om die waarheid vir jouself uit te vind nie, dan WIL EK JOU NIE in my lewe he of jou leer ken nie, al dink ek die wereld van jou en al is ek so verlief op jou vir al die regte redes, dat ek omtrent aan niks anders kan dink nie!

Ek sal dit alles, en nog meer in ‘n oogwink opgee as ek dink ek gaan nie die belangrikste eienskap wat vir my die hoeksteen van Alles in die lewe is, by jou kry nie, as ek nie die lojaliteit van die benefit van ure se telefoongesprekke, en letterlik honderde sms’e eposse en verskeie wilde drome oor jou kan verwag nie, MOET jy van my vergeet….nou!

Dis werklik nie gekompliseerd nie, om my lojaliteit te kry moet jy dit vir my ook kan gee as jy nie kan nie dan is jy skaars ‘ skim van dit wat ek gehoop het jy gaan wees.

En dan terwyl ek met ‘n goeie vriend (dankie ou maat) op die foon gesels kom tref die antwoord my skielik, ek as ‘n 40 jarige ou, kan nie met outjies van 19 in bekgeveggies betrokke raak nie, ek kan skaars 5 minute met die meeste van hulle praat dan verveel hulle my, en om te dink hier het ek toegelaat dat iemand my hele dag ontstel….ai, ai, ai…

Sela en klaar…. ek sal nie weer hierdie onderwerp aanraak nie, wat my aanbetref is dit afgehandel…. bly of ry…. jou keuse, maak dit!

Die arme vuisvoos Suid-Afrikaanse verbruikers….. die nuutste is dat Eskom verwag ek en jy moet 53%, ja dis reg DRIE EN VYFTIG PERSENT meer opdok vir krag om op te maak vir hulle onbekwaamhede en om te sorg dat mense soos Jacob Moraga sy geraamde R1.8m bonus kan kry soos altyd!

Ierwers moet iemand ingryp en aan Eskom verduidelik dat hy ‘n basiese diens lewer, dat Elektrisiteitsvoorsiening in ‘n gewone ontwikkelde land iets is wat nie ‘n voorreg is nie maar ‘n reg, iets waarvoor ons as belastingbetalers alreeds deur middel van ons belastinggeld voor betaal, die Suid-Afrikaanse ekonomie is alreeds in ‘n resessie en oppad na ‘n depressie…..

Geen ekonomie kan die tipe amateuragtige onderwerpings vat waaraan onbevoegde mense in gesagsposissie die Suid-Afrikaanse ekonomie probeer verkrag nie, ek sien visioene van Zimbabwe, en ek sien dit baie vinnig nader kom, dis nie meer net vaagweg in die toekoms nie, dis hier en nou, dis wat gebeur wanneer organisasies soos Telkom en Eskom toegelaat word om alleenreg te he op basiese dienste soos, telekomunikasie en van alles die mees basiese behoefte om enige ekonomie suksesvol te laat funksioeneer, elektrisietyd!

Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan NIE ‘n prysverhoging van 53% in die lewerting van ‘n basiese diens soos krag bekoster nie, gewone mense wat hulle geld op die harde manier verdien is reeds vuisvoos gedonner deur die verhoging in kospryse, petrol, die hoogste koste van kommunikasie in die wereld en buitensporige pryse op motors en huise, maak ‘n ander plan, ons ekonomie wankel soos ‘n vuisvoos bokser!

So more is nie ‘n vakansiedag nie, maar 2 Mei is wel….ja nee in die lig van bogenoemde kan die Suid-Afrikaanse ekonomie nog ‘n vakansiedag bekostig soos dit ‘n gat in die kop kan bekostig!

Ek wil my verstoud om te se en ek het geen sommetjies gedoen om hierby uit te kom nie, dis maar net wat my gesonde verstand vir my se, jou salaris moes omtrent die laaste vier jaar amper verdubbel het om tred te hou met die verhoging in jou huis-en motorpaaiement, elektrisiteit, selfoon en Internet, kos en vleis en natuurlik petrol, kan iemand assblief wakker skrik en ten minste ‘n begin maak om die ekonomie en uiteindelik die verbruiker te red??

Jammer vir die laaaang inskrywing vandag maar dit WAS nodig!

Wimpie.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

13 Responses to Ook net ‘n mens!

  1. elma says:

    Wimpie

    Ek stem 100% met jou saam. Meng met mense wat ‘n positiewe bydrae in jou lewe kan maak.

    Negatiewe mense trek jou af en moenie dit toelaat nie.

    Ek loer gereeld hier en in en kan net vir jou sê sterkte!!!!
    Jy doen ‘n wonderlike werk, hou aan daarmee!

  2. staatsamptenaar says:

    Wimpie ek lees juis nou op die arme Sharks se blog hoe mense haar gister ook sleg gesè het een of ander naamlose IEMAND, gaan lees bietjie by gister se inskrywing al daai comments, my hart gaan so uit na haar.

    Wimpie dit is jou blog as mense dit dan nie wil lees nie, moet hulle een van die ander blogs gaan lees, moenie jou steur aan hulle nie, wat sè Sharks nou weer altyd, ‘n geskinder is soos lekker kos, mense sluk dit te maklik of te lekker, nie seker nie.

    Kyk op God is daar vir ieder en elk van ons.

    Lekker dag vir jou.

  3. Anonymous says:

    Wimpie, “meng jou met die semels dan vreet die varke jou” so lei die gesegde.

    In ons ou lewe gaan jy maar altyd die ASHOLE’S kry wat jou lewe gaan versuur. Moet jou nie daaraan steur nie. Vir die wat jou ken weet ons jy probeer die beste pa wees. Geen mens het opleiding gehad om ‘n ouer te wees nie so ons doen dit na die beste van ons vermoens.

    Moenie dat siek tieners jou omkrap en jou dag versuur nie.

    Liefde

    Ina

  4. SHARKS says:

    Wimpie vat hulle maag toe en gaan k@k hulle uit!! Vee jou g@t aan hulle af!! Niemand van ons het die reg om vinger te wys nie, niemand nie, want 4 wys terug na jou.

    Ag ou staatsamptenaar, wie ever daai naamloos is, moet gaan doppies kry en met dit op die trein spoor gaan speel.

    Lekker lang naweek vir my! Gaan soveel as moontlik rus en rondrits.

  5. Anonymous says:

    Wimpie

    Ek ken jou nie, van geen kant af nie, ek luister wel so af en toe na jou radioshow en wat ek wel kan se is jy is seker die reguitste mens wat ek al gehoor het, en dis juis hier waar die probleem le.

    Jy kan net so vinnig as wat jy vriende maak, ook vyande maak, die “veilige” manier van dinge doen is om in die middel van die stroom saam te stap want dan is jy net een van die gesiglose massas wat saam met die meerderheidsopinies aanbeweeg.

    Solank jy nie soos die engelse se die feathers deurmekaar krap nie, solank sal niemand oor jou praat nie. Maklik so dit is die antwoord, mense hou daarvan om oor omstrede mense te praat, vat nou maar iemand soos Steve Hofmeyr, hoekom dink jy kan mense hom nie uitlos nie, omdat hy se wat hy dink en dan is dit so lekker vir ander mense om vingers te wys as hy droogmaak want dan is dit ‘n mentaliteit van jy sien hy het drooggemaak…lekker want sy bek is mos groot oor alles.

    Ek dink jy het dieselfde probleem, mense gaan altyd oor jou praat juis omdat jy altyd jou opinie lug en dit is vir mense lekker om by te dra te ander mense se val, so kry jouself maar voorbereid daarop, praat oor jou gaan daar altyd oor gepraat word en jy gaan niks daaraan kan verander nie.

    Miskien moet jy gaan kyk watse uitwerking dit op jou verhoudings het, as dit enige uitwerking daarop het is jy met die verkeerde mense deurmekaar dit vat ‘n baie spesiale tipe mense om sulke druk te kan verwerk waar nonsens heeldag en aldag in jou kop geprent word oor jou maat, die slegte nuus jy gaan dit baie moeilik kry, die goeie nuus as jy dit kry gaan dit die moeite werd wees.

    Sterkte met die soektog!

    ‘n Vriend

  6. Anonymous says:

    baie mense comment baie keer op jou blog, ek lees gereeld maar se nooit iets nie ek hou daarvan om te lees wat ander mense dink ek het lanklaas ‘n beter opsomming gesien as die vorige een.

    wimpie vat die vorige ou se raad kop toe dis al wat sin maak en slaan die spyker mooi op die kop

  7. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Ek lees jou blog gereeld en ek geniet dit baie, ek dink die mense was so oor ander mense skinder en k@k praat is net jaloers oor wat jy bereik het en het. So wees jy net wie en wat jy is en vergeet van die res.

    Sterkte
    JC

  8. Anonymous says:

    EK VOEL OOR JOU AMPER SOOS WAT EK OOR STEVE VOEL. MAAK NIE SAAK WAT JULLE SE OF DOEN NIE, EK LAAIK JUL STERK. DIT WAT JULLE BEREIK HET IN DIE LEWE KAN ANDER NET VAN DROOM.

    LEEF ELKE DAG VOLUIT AS WIMPIE.
    JY’S GREAT

  9. Anonymous says:

    Interessant hoe mense nie daarvan hou om gekritiseer te word nie en ook nie van vals aantuigings hou nie, maar ongelukkig is dit altyd makliker om dit uit te deel as om dit te wil aanhoor.

    Ek se nog altyd wat jy saai sal jy maai. Laat mens sommer beter voel en kan ander mense vir wie jy dit se aan die dink sit.

    So as mens jouself skuldig maak aan bogenoemde dinge, hoop ek maar dat daai persoon genoeg integriteit en respek vir hom/haarself het om hulleself en aan die persoon wat hulle te na gekom het te kan erken hulle was verkeerd en omverskoning te vra.

    As jy hier lees en ek praat dalk van jou, vat 5 minute uit jou dag en gaan sit en dink oor alles. Sal jy daarvan hou as ander mense so met jou optree, of is dit omdat ander mense so teen jou optree dat jy jouself maar regverdig en ook so optree? Want as jy dit doen omdat ander mense dit aan jou doen, is jy glad nie ‘n beter mens as die mense wat jou sleg smeer waar hulle gaan nie.

    Ek kan nog aangaan en aangaan, maar ek dink my punt is oorgebring.

    Groete aan almal
    Karien Enslin

  10. Anonymous says:

    Ag f0k hulle man.
    As ‘n ou nie met my saamstem nie is dit sy probleem.
    (Die probleem is egter dat daar baie ouens is wat volgens hierdie definisie probleme het.
    Hoekom? Want baaaie ouens stem nie met my saam nie.
    Maar f0k hulle ook.
    :)
    AB

  11. Afrikanerbul says:

    Ag f0k hulle man.
    As ‘n ou nie met my saamstem nie is dit sy probleem.

    Die probleem is egter dat daar baie ouens is wat volgens hierdie definisie probleme het.

    Hoekom? Want baaaie ouens stem nie met my saam nie.

    Maar f0k hulle ook. En hulle honde en hule bediendes se honde…

    :)
    AB

  12. gert says:

    Is dit waar dat steve en anton nog nie betaal is vir die brugbou konsert nie?

  13. Meermin says:

    hoop jy geniet nog jou lekkkkeerr laaannngggg naweek