Ons bou nog….en breek af!

Nou ja, die Brugbou sage is nog steeds volstoom aan die gang en niemand het nog die R10 000 opgeeis wat ek beskikbaar gestel het aan die persoon wat die bewyse bring van die geveg tussen Anton en Steve nie, ek het my eie idees oor hoekom nie, ek dink dit sou lankal gegroet het, maar dit het nie want dit het nooit gebeur nie…

Any way ek gaan die Brugbou hoofstuk afsluit met hierdie comment wat gisteraand deur Yolanda Barnard, die Sondag joernalis wat die storie gedoen het, self hier op my blog geplaas is…

Na aanleiding van die Steve en Anton-bekgeveg

Ek het Saterdagaand op goeie gesag verneem dat Anton en Steve in ‘n woordewisseling betrokke was. Ek het in Jacaranda se losie gesit en Jacaranda se skakelbeampte het gese dat sy pas verneem het dat die twee onder bespreking ”n bekgeveg gehad het. Ek en twee vriende, Chris en Lizette, het na die verhoog toe gehardloop en ‘n paar mense het groot oe gerek en gese hulle het ‘n woordewisseling gehad. Chris en Lizette het ook met die mense gepraat en kon dit bevestig. Ek het ongeveer half-tien die storie deurgebel, maar Anton en Steve het dit ontken. Lydia Whinchester, bekende skakelbeampte, was nie een van die mense nie. Ek moet dit duidelik maak. Of hulle nou ‘n bekgeveg gehad het of nie, die konsert was die moeite werd. Dankie Wimpie, Anton en Steve. As dit net ‘n vieslike skinderstorie is wat iemand opgemaak het, vra ek omverskoning.
Yolanda

March 5, 2008 8:24 PM

Sela….

Dankie aan almal wat so getrou my blog lees en as ek die ding so kyk dankie aan al die nuwe lesers van my blog en daar is baie….

Baie offers gehad gister vir ‘n metgesel Saterdagaand, onge;lukkig was die meeste getroud….hehehe, julle sien Yoalanda Barnard lees ook hierdie blog so uhm… nee ek gaan nie met getroude girls uit nie so asb. moenie dit in die Sondag sit nie…. DIT GEBEUR NIE hoor!

Ek wonder of ander mense ook soos ek, soms daai gevoel van magteloosheid ervaar, dink jy ook soms alles gebeur teen ‘n hengse spoed en jy het nie eintlik rerig beheer oor die pas van die lewe of die pas waarteen dinge gebeur nie, voel jy ook soms lus om ‘n pause knoppie iewers op te spoor en te druk sodat jy kan asem skep??

Daar is so baie blogs op die net en die meeste cvan hulle probeer een of ander politieke kommentaar – blog wees nou ek probeer wegbeweeg daarvan ek weet nie of julle dit agterkom nie, as jy die nuus wil he, kry die Beeld, as jy politieke kommentaar wil he, daar is ouens wat die baie beter kan doen as ek…. al wat ek probeer doen is om jou te maak dink oor dinge, ek wil nie he jy moet saam my stem nie, ek wuil net ‘n ander spin op die nuusgebeure vir jou sit, iemand vra my nou die dag wanneer het ek konserwatief geword….hehehe! Dis njogal funny, my ma-le het nog baie onlangs gedink ek is ‘n kommunis, ek IS NIE konserwatief nie, ek het joernalistiek geswot….deksels!

Ek was destyds net so ‘n groot kritikus van die ou regering as wat ek van die nuwe regering is, ek dink dis ‘n joernalistieke selfmoord wat jy pleeg deur een of ander hoed op te sit wat jou brandmerk as links of regs en ek probeer dit vermy, dis ‘n gevaarlike paadjie om te loop, die antwoord is eenvoudig as iets gebeur vra ek myself net die vraag af….Is dit regverdig?

Ek wou net dit vinnig opklaar.

Dan is daar die ou liefdeslewe……o ja daar gaan hy al weer…..hoor ek jou dink…. nee ek wil graag hoor wat dink die lesers….jy sien ek stem saam met Johan Swarts, jy is net ‘n blogger as jy ook ‘n blog het ander is jy ‘n leser, kommentator, waarnemer, wat jy dit ookal wil noem… anyway ek is nie sinies nie, begin net dink die liefde kom net een keer in jou lewe as jy dit gemis het, het jy dit blykbaar gemis, en wat is die verskil tussen die liefde en gewoonte…..dink daaraan ek dink jy kan net VERLIEF raak, daarna is dit ‘n gewoonte wat jy verkeerdelik aansien vir liefde?
Okay kruisig my!

Hierdie is ‘n great storie, die een van Andrew Symonds wat die streaker uitgehaal het tydens die krieketwedstryd tussen die Aussien en die Indiers…hehehe!

Studente van die Reitz-koshuis het onvoorwaardelik om verskoning gevra aan alle studente en koshuise verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat vir die video wat plaaslik sowel as internasionaal ‘n storm ontketen het. Die video wys hoe swart werkers kos eet waarin daar na bewering ge-urineer is deur ‘n wit student. Die hoof van die koshuis, Christo Dippenaar, sê die hele koshuis en sy komitee het die video bespreek en besluit om onvoorwaardelik om verskoning te vra aan alle studente. Hy sê hulle het waarlik berou oor die skade wat hulle optrede aangerig het aan verhoudings tussen kulturele en taalgroepe op die kampus, asook die beeld van die universiteit.
Die wraak van ‘n vrou ken geen perke nie, jy weet natuurlik dis een van die studente se eks-meisies wat die video versprei het!

En laastens…die president van Toerkmenistan het aangekondig dat daar beoog word om vroue te beloon wat geboorte skenk aan agt of meer kinders. Diegene wat vir die beloning in aanmerking kom, sal ‘n eenmalige betaling ontvang van ongeveer 29-duisend rand. Plaaslike media berig dat hulle ook lewenslange voordele sal geniet soos gratis tandsorg, nuttige gebruiksartikels en openbare vervoer. Daar was ‘n groot toename in kindersterftes onder die bewind van die vorige outokratiese president en gratis gesondheidsorg is afgeskaf. Agt klein Wians wat my huis afbreek…..vir R29 000…..uhm…. nee dankie hoor!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to Ons bou nog….en breek af!

  1. SHARKS says:

    Hoop maar jy vind ‘n sexy ongetroude date vir die aand!

  2. Anonymous says:

    Bly om te hoor die gejaag van die lewe in 2008 is nie net te veel vir my nie. Ek het al begin wonder of ek ‘n sissie is, hehehehe. Nee op ‘n ernstige noot ek het laasweek ook bietjie oor my lewe besin en paar besluite geneem om sekere dinge in my lewe te verander. Mens word so vinnig in die “rat race” ingetrek, en iewers word iets wat eintlik baie waardevol is nagelaat (gewoonlik of jou geliefdes of jou gesondheid) en as ons dit besef is dit meestal te laat. So sterkte vir jou, mag 2008 net meer vreugdevol en rustiger raak vir jou.

  3. Anonymous says:

    Wimpie is jy nie dalk te uitsoekerig nie?

  4. Anonymous says:

    Hey Wimpels

    Jong jy kan bly wees jy het jou nog nie in my vasgeloop nie, ek sal jou vry dat jou vuisies bolletjies maak.

    Tyd vir ‘n regte vrou, ek dink jy soek op die verkeerde plekke, as ‘n storie oor een of ander model chicky te goed klink om waar te wees dan is dit.

    Nee wat ek het jou gesien by Brugbou en da is niks met jou fout nie, gaan soek net op die regte plek

  5. Wimpie van der Sandt says:

    Anonymous….jy weet te veel van my af…ek raak bang, ja jy is reg dan is dit te goed om waar te wees hehehe

  6. Anonymous says:

    Hi almal

    Wel….om mee te begin oor die hele “dating” game ding…ja wat sal mens nou eintlik se…daar is mense wat iets van hulleself maak wat hulle nie is nie…daar is kansvatters….daar is grootpraters…daar is liegbekke….en die lysie gaan net aan en aan….ek wonder of mense regtig al gaan sit en dink het wat hulle daaruit kry om te lieg en te bedrieg…besef hulle nie dat hulle hulleself skade aandoen nie?….hulle maak dalk die ander persoon seer vir ‘n rukkie….daai persoon kan oor dit kom…maar die leuenaar en die bedrieer gaan ALTYD single bly…seker omdat daai pesoon ‘n minderwaardigheids kompleks het…geen mens sal weet hoekom hulle dit doen nie…maar in die lig van wat ek dit gese het….NIE ALMAL IS SO NIE….daar is ordentlike, eerlike mense daarbuite…mense wat mens kan vertrou…mense wat regtig is wat hulle se hulle is…mense wat nie dink hulle is beter as ander nie…mense wat self ook in ‘n “rat race” betrokke is en nie weet hoe om daar uit te kom nie….mense wat baie graag ook daai iemand spesiaal in hulle lewe wil he…maar dit tyd is nie altyd daar nie….

    Ek gaan seker gekruisig word oor my woorde, maar is ok…het net my opinie uitgespreek waarop ek geregtig is..

    Groete aan almal
    Karien Enslin

  7. Wimpie van der Sandt says:

    wel, wel wel

    karien, karien karien

    jy het my impress, al het jy my terselfde tyd geskok…

    ek knik my kop vir jou en lig my hoed, goed gestel….hehehe

    hoop jy bedoel natuurlik wat jy se

  8. Anonymous says:

    Wimpie

    Wie is Karien Enslin, is hier dalk iets aan die gang wat ons in Sondag kan lees??
    KDL

  9. Wimpie van der Sandt says:

    lol
    Kan nie wag om te hoor wat hier aangaan nie.

  10. Anonymous says:

    Ek verstaan nou nie. Het Yolandag nou omverskoning gevra vir die leuens in die koerant of het sy omverskoning gevra aan Lydia?

    Verduidelik asb. Yolanda, wat is nou eintlik die ware storie?

    As jy verkeerd was se so moenie in sirkels praat nie.

    Heidi

    Ps. Wimpie lyk my jy is in vir ‘n ding, met die meisies jong, wie is Karien??

  11. Anonymous says:

    ek ken vir vdsandt, sal geld daarop sit, een van die dae maak hy ‘n aankondiging oor karien, wie wil wed?? lol!

    yolanda, verduidelik vir ons, aangesien ons nou weet jy lees wimpie se blog, hoekom se steve en wimpie en anton jou storie in die sondag is bog?

    as ek die ding reg gelees het, het jy gese wimpie het die fight bevestig, wel het hy of het hy dit nie bevestig nie?

    Sarel v Niekerk

  12. Anonymous says:

    Ek het jou gesien na die konsert by Firkin in Centurion, daar was ‘n stunning meisie wat met jou gesels het, dis hoekom ek maar nie myself gaan voorstel het nie, is dit karien?

    wil-jou-ken

    van jy weet waar

  13. staatsampetenaar says:

    Wimpie jou lewe klink vir my maar op die bol, ‘n girl om elke hoek en draai, net solank sy nie getroud is nie!

    Wel hoop jy vind die regte date wat sommer jou voete onder jou gaan uitslaan sodat jy kan gevestig kan raak – een vrou is mos seker maar genoeg.

    INA ek het ‘n comment op SHARKS se blog vir jou gelos, gaan lees dit asb!

  14. Bierpens says:

    Hi Wimpy…

    Dankie vir ‘n great blog…
    Dankie vir wat jy doen om saamesyn te bevorder…

    Tip … Keep your friends close, but your enimies closer… check daar by platkuif rond oor brug bou flop…