O wetter dateloos…help!

Ek is so stadigaan besig om weer myself te word, ek was gedaan, dink nie enigeen weet wat hierdie show aan my gedoen het nie, eendag sal ek die hele verhaal vertel, ek dink dit sal ‘n hele hoofstuk in my biografie moet wees maar nou ja, dis ‘n storie vir ‘n ander dag, ek het gisteraand die derde aand in ‘n ry teen 20H00 lankal reeds geslaap, my maagseer voel beter en ek behoort een van die dae terug te wees tot my ou self….

Kry gister ‘n epos van Anton Goosen, wat vandag verjaar… baie geluk Anton, na aanleiding van ‘n brief wat hy aan Sondag se redakteur geskryf het na aanleiding van die stront oor die bekgeveg tussen hom en Steve, Sondag sal sy brief die week plaas maar staan by die storie aangesien hulle 12 getuies het dat dit plaasgevind het….okei, hier is die deal, ek Wimpie van der Sandt loof hiermee R10 000 uit aan die persoon wat na vore kom en kan bewys dat Anton en Steve in ‘n skreeugeveg met mekaar betrokke was, lees my storie oor wat gebeur het, die enigste tyd wat Steve en Anton voor die show saam in die openbaar was, was op die golfkarretjie wat hulle afgelaai het, voor dit was hulle in die teenwoordigheid van Schalk Joubert en Reanrottweiler en ek het seker omtrent 20 foto’s geneem deur die band en verskeie ander persone, was ook ‘n Steve se blog, waar hulle sit en liedjies oefen voor die tyd, joernalistieke etiek het ‘n nuwe laagtepunt bereik, ek hoop net die Sondag verstaan, hulle deur by beide Steve en Anton, is baie mooi gesluit vir die toekoms.

Hoe dit ookal sy, my aanbod staan R10 000 cash vir die een wat die storie oor die geveg kan opback, kom nou die 12 “getuies” hier is lekker cash vir julle.

Dit sluit my hoofstuk oor Brugbou af…..vir nou dit was die meeste stress wat ek in my lewe ervaar het, dit sal NOOIT weer gebeur nie, die show is klaar en Steve en Anton sal nie weer gebeur nie, die rede, dit was ‘n once off grootse geleentheid en om weer saam op te tree sal die simboliek van Brugbou vernietig, al offer iemand my miljoene sal ek dit nie weer doen nie….Amen!

Dankie vir al die wonderlike e-posse van ondersteuning, waar almal my epos adres vandaan kry gaan my verstand te bowe, maar hulle kry dit…. Ek is baie dankbaar en ek is bly dat dit vir so baie mense so baie beteken het, dankie ek staan nederig en verdien nie die mooi woorde nie, ek is nie Anton en Steve wat eintlik die eer moet kry nie, ek dra julle mooi woorde aan hulle oor, uhm en ek maak my inbox intussen so twee keer ‘n dag skoon…

Persoonlike noot, stadigaan begin ek weer mens word en in die opgewondenheid van die laaste paar weke besef ek een ding staan soos ‘n paal bo water…..mmm … ja nee ek het nog steeds nie ‘n girl nie, ek het vir ‘n oomblik kortstondig een gehad die laaste tyd….uhm dink ek, haar somewhere onder die brug lewendig verloor en een van my groot maatjies verjaar en het ‘n groot do aan die gang Saterdagaand en ek is op die Woensdag voor die tyd nog dateless…..so hey wat maak jy Saterdag, het jy lus vir ‘n lekker jol, laat weet my dan gaan jy saam….uhgm en nee jy hoef verkieslik nie na die tyd saam my huis toe te gaan nie….jy moet net real wees, en nie met ‘n klomp k@k by my kom van goed wat soos een of ander fantasieverhaal klink van wat jy graag wil wees en nie rerig is nie hehehe….vroumense verstom my, soos ek hier sit en tik het ek ‘n hengse smile op my gesig, die snert wat ek darem maar die laaste ruk vir soetkoek opgevreet het….. maar nou ja ek het alles geglo wat ek gehoor het….ek het ‘n verskoning, stress broer, stress…

Die presidensiële swartsake-werksgroep het Eskom se veldtog bekragtig om die land se kragverbruik met minstens tien persent te verminder. Die groep sê dit vereis die verstandige gebruik van elektrisiteit deur alle huishoudings en nywerheidsverbruikers. President Thabo Mbkei was vandag voorsitter vir die groep se vergadering in die Uniegebou. Die groep het met goedkeuring gelet op die vermindering van korporatiewe belasting en die vereenvoudigde belastingpakket wat Finansminister Trevor Manuel in sy begrotingsrede aangekondig het. Dis reg ja dis hoe mens die probleme in jou maatskappy uitsorteer, jy vat die diens waarvoor mense alreeds ten duurste voor betaal, en dan se jy vir hulle, hulle moet minder daarvan gebruik maak om jou te help om jou duur diens nog minder doeltreffend te lewer…..huh? Ek verstaan nie meneer….niks van Eskom is besig om te beplan vir meer en groter sentrales of alternatiewe bronne van energie nie…..nee JULLE moet minder van ons diens gebruik maak om ons in staat te stel om die ekonomie verder op te voeter….kyk maar na die bousektor waar Eskom alle bouwerk opgeskort het effektiewelik aangesien hulle nie krag gaan voorsien vir enigiets groter as ‘n woonhuis nie…..EINA! Die arme ekonomie.

Hier is ‘n lekker storie om mee af te sluit…
En ‘n Bloemfonteinse verkeersamptenaar het gister haar pos verlaat in ‘n erge verkeersknoop om die sanger Steve Hofmeyr se handtekening te kry. Lucia Malelekoa het diens gedoen by ‘n verkeerslig in Nelson Mandela-rylaan toe sy die gewilde sanger in die middel van die verkeer gewaar. Die 34-jarige Malelekoa is uitgestuur om die verkeersprobleem op te los, maar het alles vergeet toe sy hom sien sit in sy luukse motor. Hy het sy handtekening op haar uniform gemaak en sy sê sy gaan dit nooit weer was nie. Die ander motoriste wat vasgekeer was, was egter glad nie beïndruk met haar optrede nie.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to O wetter dateloos…help!

  1. SHARKS says:

    Wimpie nee aarde toggie kan nie glo jy kan nie ‘n date kry nie, niks fout met jou looks nie!!

    Hoop maar jy vind ‘n date vir die aand.

    Geniet jou dag!

  2. Anonymous says:

    nee Wimpie moenie vir my sè jy kan nie ‘n date kry nie, die see is dan so vol visse … dalk moet jy ook maar die oogklappe van jou oè verwyder en die girls begin raaksien. Hoop jy find ‘n date vir die aand

  3. Anonymous says:

    Jou probleem is dat jy nog lief is vir iemand anders en daardie “persoon” se kwaliteite in al die girls soek en nie vind nie…..Scorpios is so, glo my vry.

    Geen simpatie van my kant af nie…miskien moet jy bietjie van Steve se charm leen…en windgat wees.

  4. Wimpie van der Sandt says:

    ek is nie seker ek kan meer windgat wees nie, daar is mense wat klaar dink ek is TE windgat…

  5. Wimpie van der Sandt says:

    ek dink nog oor die een van miskien is ek nie oor iemand nie, wanneer is jy eintlik OOR iemand, ek dink nie dit bestaan nie elke persoon los maar ‘n leemte in jou hart, daar is iets wat ek van almal mis….

    die liefde is maar net te complicated vir my….miskien moet ek net dit los

  6. Anonymous says:

    Ag sorry Sarel..ons almal se harte was al gebreek…ongelukkig is ons menslik en glo aan romanse en “liefde” ….ja, jy sal ook altyd jou 1e soen onthou..ens ens..

    Scorpio…snap out of it….en geniet jouself….en as jy regtig nie ‘n girl kry nie…vat ‘n ou saam en wees maar ‘n “screaming queen” vir die aand!!!

  7. Wimpie van der Sandt says:

    uhm ja virgo….jy klink soos ‘n virgin…

  8. Anonymous says:

    Nee wat Scorpio…eks al.. uhm .. lankal deur die “kringe van die bos”….

  9. Wimpie van der Sandt says:

    jy laat my lag….hahaha…wonder hoe groot is daai sirkels

  10. Anonymous says:

    ek staan hier reg voor jou maar jy sien my nie, ek wil net jou aandag he dis al

  11. Anonymous says:

    Hey Wimpie!

    Join the club, had three dates in the last 6 years.

    My own fault, too fussy!

    Wish I was your type but from what I hear, redheads with too many curves are not your thing!

    I am sure a guy like you will be sure to find a date!

    Have a great party

    Jean

  12. Anonymous says:

    Na aanleiding van die Steve en Anton-bekgeveg

    Ek het Saterdagaand op goeie gesag verneem dat Anton en Steve in ‘n woordewisseling betrokke was. Ek het in Jacaranda se losie gesit en Jacaranda se skakelbeampte het gese dat sy pas verneem het dat die twee onder bespreking ”n bekgeveg gehad het. Ek en twee vriende, Chris en Lizette, het na die verhoog toe gehardloop en ‘n paar mense het groot oe gerek en gese hulle het ‘n woordewisseling gehad. Chris en Lizette het ook met die mense gepraat en kon dit bevestig. Ek het ongeveer half-tien die storie deurgebel, maar Anton en Steve het dit ontken. Lydia Whinchester, bekende skakelbeampte, was nie een van die mense nie. Ek moet dit duidelik maak. Of hulle nou ‘n bekgeveg gehad het of nie, die konsert was die moeite werd. Dankie Wimpie, Anton en Steve. As dit net ‘n vieslike skinderstorie is wat iemand opgemaak het, vra ek omverskoning.
    Yolanda