Naweek…’n lange!

Wel dis nog ‘n Paasnaweek wat voor die deur is, dis die goeie nuus, die slegte nuus is wanneer jy vandag mense groet wat die paadjie see toe, bosveld toe of waar ookal aandurf weet jy nie of jy hulle weer gaan sien nie….

Ons paaie is in ‘n terrible toestand, onpadwaardige motors en ‘n byna mal uittog vanaf die stad het lankal daartoe bygedra dat jy my nie sommer op ‘n Paasnaweek op die paaie sal kry nie, ek het al lankal besluit as ek nie iewers heen kan vlieg nie, dan gaan ek doodeenvoudig nie, ek het dit besluit na ‘n Paasnaweek wat ek so 12 ure van Margate af terug huis toe moes ry, so as jy die pad aandurf, sterkte, onthou geduld is die wagwoord!

Respek se ek mos al lankal is iets wat jy verdien en nie net bloot op kan aanspraak maak nie… Myne het Charl Langeveldt verdien, dis omtrent tyd dat iemand opstaan en die dinge se wat ons al lankal weet, Charl ek haal my hoed af, al die voorstaanders van hierdie euwel in nie net Suid-Afrikaanse sport nie, maar in die hele Suid-Afrikaanse samelewewing, met die troetelnaampie van regstellende aksie, ek sal graag wil weet wat sal JY se vir ‘n ou soos Langeveldt vir wie dit gaan oor jou plek eerlik en op meriete te verdien…

Gaan jy vir hom se dis nie reg om so te voel nie, gaan jy vir hom verduidelik dat meriete eintlik iets is wat saam met apartheid begrawe moes gewees het, gaan jy vir hom se om die gravytrain maar saam te ry, die ride is gratis?? Take a bow meneer Langeveldt!

So van games en speletjies gepraat hierdie boerseun sit gister besig om ‘n speletjie met iemand te speel toe dit by hom opkom dat hy eintlik moeg is daarvoor en nie meer wil speel nie…. Hoe nou gemaak, wel as iets nooit eintlik joune was nie is dit mos nie so moeilik om te laat gaan nie, nie waar nie…. nee verkeerd want die geheime van ‘n mens se brein is seker baie meer gekompliseerd vir my om uit te werk so ek verstaan nie rerig wat is sy storie nie… ek het hom die keer ge-override met gesonde verstand….huh maak dit sin?? Nie eitlik nie, okay jy sien wat ek bedoel…hehehe hoe dit ookal sy moenie meer met my speletjies speel nie, ek speel nie meer saam nie, tata!

Teen die tyd wat jy die ou dagstukkie lees is ek al amper op my langnaweek, wel nie rrig nie, maar amper, vanaand is seker maar weer bietjie kuier tyd, ek kuier vanaand saam met drie girls, hulle is al drie pragtig en kan nie wag om saam my te braai nie, mmm ek sien sommer my huis lyk weer more of ‘n orkaan hom getref het. Dis okay om saam met so ‘n mooi meisie te kuier sal ek maar self skoonmaak more…

Toema hoor ek sommer wat dink jy, daar gaat hy al weer, Maandag huil hy weer oor die jongste poppie wat sy hart gebreek het…. VERKEERD! My dogter hoop ek darem nie sal ooit my hart breek nie, sy kom bietjie vir haar pa kuier, inteendeel sy het sommer al vanoggend 05H30 kom inklok!
Lekker! Sal bietjie die girls wys hoe om te kuier vanaand.

Die regering steun Eskom se aansoek om ‘n prysstyging van 53 persent. Die Departement van Openbare Ondernemings het gister aangekondig dat die regering die styging van elektrisiteitspryse sal steun met die hoop om sodoende voorsiening te maak vir die skerp styging van brandstofpryse en die behoefte aan die onmiddelike inwerkingstelling van ‘n aanvraagregulerings-program. Die Departement sê die prysstyging sal die nodige kontantvloei voorsien om Eskom in staat te stel om die stygende koste van brandstof en diesel die hoof te bied. Die bedryf betaal tans 25 tot 30 persent meer as wat daarvoor begroot is. Natuurlik sal die regering hulle steun, hulle weet hulle is in die eerste plek vir die probleme verantwoordelik!

Nou ja dis my storie dit gaan lekker wees vir die naweek het ek niks verder beplan nie, was amper gister op ‘n vliegtuig KKNK toe saam ‘n paar kunstenaars, op die laaste oomblik besluit om ma eerder die koue hier te trotseer, as jy lus het vir ‘n lekker party of twee of drie…. hey ek is die man laat weet ma!

Andersins he ‘n great langnaweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Naweek…’n lange!

  1. die brein says:

    Goeie more Wimpie

    Wat kan mens se van die moangatte wat se jy is te morbied oor Eskom?Ek het nie gehoor wat jy se nie, maar my vrou het my vertel

    1.Eerstens dink ek die mense wat se jy is te morbied daaroor is dalk nie beter gewoond nie en het in shacks grootgeword en is maar kerse en parafienstofies gewoond.Ek is gewoond aan behoorlike effektiewe dienslewering.Die agtergeblewe moangatte is nie die “luukses” gewoond nie gee blykbaar nie om nie.

    2. Tweedens kan dit dalk net een of ander rykgat wees wat klaar kragopwekkers en ups`e geinstalleer het en wat die geld daarvoor het en nou wil nekskiet , hulle dink nie aan jan alleman en laer inkomste groepe nie, nee ek het mos die geld en fok die res , julle kan maar suffer. `n Regte Marie Antonette redenasie.

    FOK HULLE MAN , JY IS GREAT.

    GROETE

    Die Brein

  2. Anonymous says:

    Wimpie ek stem saam,lyk my ons hele land is besig om in mekaar te tuimel. . . Op n positiewe noot,jy moet die liedjie wat die meisie wat gisteraand gewen het weer speel asb,ek stemvolkome saam met jou dat sy dit nog baie ver gaan bring geniet die naweek Andre