Is dit die een…en ai KURT!

Elke blogger se grootste vrees, jy skryf 2 ure aan ‘n meesterstuk, druk die verkeerde knoppie en al’s is weg….

Ek probeer weer…

Jacaranda 94.2 besluit om nie meer Afrikaanse musiek te speel nie, ek word oorval deur sms’e om hulle te boikot en blah, blah, blah! Ek persoonlik dink dis ‘n April Foolsday joke! As dit nie is nie…

Voor in die gratis publisiteitskoor staan die hoof hipokraat….Kurt Darren, Kurt en sy maters gaan toi-toi voor Jacaranda se ateljee in Midarand om Afrikaans terug te bring… nou verskoon my as ek nie saam met Kurt op die publisiteitstrein spring nie. Die rede, hoe kan ‘n kunstenaar wat die hoofster by die bastion van die “teen Afrikaans” radiostasie in die wereld is, by ‘n ander radiostasie gaan protesteer??

Hoekom het jy nog nie voor Jeremy en Whackhead se ateljee gaan toi-toi or hulle OOK NIE Afrikaans speel nie Kurt?? Dis nou as Kurt en Jacaranda nie almal vang nie ek kan nie glo Kurt kan homself so ooplaat vir kritiek nie…

Betaal Raw Rocks miskien bietjie beter?? Nee wat protesteer as jy wil maar moenie ‘n hipokraat wees nie Kurt, of impress me en onttrek aan 94.7 se konsert, dan kom spring ek saam jou op en af in Midrand… Jacaranda het ‘n besigheidsbesluit gemaak en dis een wat hulle mee moet saamleef, dat mense soos kurt op die publisieteitstrein moet spring is soos ‘n Aprilgekgrap! Jacaranda se besluit wys net weer wat die Brugboukonsert reggekry het toe Steve en Anton se Afrikaanse musiek daagliks op Jacaranda gehoor is….ek daag die media uit om bietjie daaroor te skryf!

Ek besluit toe die naweek om bietjie Vrydagaand in my eie dorpie te gaan kuier…. groot fout! Die mans in Springs walg my, hulle is op een of ander testosteroon gevulde fantasiewereld wat iewers in die laat sewentigs of vroeg in die tagtigs vasgesteek het.
Vroumense word soos besittings en statussimbole geparadeer , in die openbaar rondgestamp, gevloek en van die dansvloere afgeruk…. nee wragtig geen wonder mense se jy het ‘n paspoort nodig om Oos Rand toe te kom nie. Ek is so bly ek is nie ‘n girl in die Oos Rand wat moet probeer hier ‘n man soek nie, ek het myself net weer belowe om in die vervolg as die uitnodiging kom om iewers in Springs uit te gaan, so in die stilligheid ‘n kopseer te ontwikkel en eerder huis toe te gaan.

Daar gaan nie ‘n naweek verby sonder dat daar nie ‘n hengse geveg by een van Springs se kuierplekke is nie, ek dink jongmense in Springs is almal op steroids en ly aan roidrage of een of ander bullshit, jy kan duidelik sien hoe ouens uitgaan om vir moeilikheid te soek en hulle aanhangsel te impress…dis eintlik hartseer om te sien, hartseer en scary…. scary want ek het ook ‘n dogter…


Dit bring my genadiglik by die rugby van die naweek en ja ek besef dis nog te vroeg om die braai vir die Stormers se halfeindstryd op te steek, maar demmit hulle speel mooi rugby. Rassie het ‘n talantvolle span gevat en hulle laat besef hoe goed hulle is en siedaar! Ek voel vir die bulle, julle is rerig beroof, ek dink d**s Roos het julle game geblaas! Die Cheetahs was weer ongelukkig en daar wag baie werk op die Sharks wat nou gaan toer! Die stormer girls is anyway mooier as die Bulls babes!

Ek het toe Saterdag gaan date…. nee ek gaan nie se wie nie maar sy is ‘n regte mens, pragtig blonde hare blou oe, perfekte lyf, intelligent en 28. Nee ek is nie verlief op haar nie, nee sy lees nie my blog nie, het haar nie eers vertel ek het een nie, sy luister nie na my show nie, ek wil nie he sy moet nie…. die voordeel daarvan, niemand weet eers ons ken mekaar nie, sy is baie meer bekend as ek on omdat sy nie van die Oos Rand is nie, het niemand nog haar mind oor my gecorrupt nie en ek gaan dit so hou, hier is nou een meisie wat my persoonlik sal leer ken voor sy blootgestel word aan die gebruiklike wimpie is ‘n scumbag roetine van e-mails en naamlose telefoonoproepe en net daarna die gebruiklike sms veldtog…

Ek dink hierdie is waarskynlik die beste manier om iemand te leer ken, miskien is dit die resep van hoe om verlief te raak op iemand. Ek het nie met haar in die bed gespring nie, ek wil ook nie, ek het nie met haar gepraat oor eks meisies of boyfriends nie, ons het nie oor haar mal eksman gepraat of oor stalkers nie, ons het net ‘n rustige aandete in ‘n lekker restaurant gehad, bietjie wyn gedrink na ‘n oneman band geluister, o ja en sy het my geleer dans, nee nie sokkie nie, DANS!

Dit was lekker! Toe aan die einde van die aand ‘n soen op die voorkop ‘n drukkie en lekker slaap! Dis mos nou ‘n date…. Vandag ‘n oproep van haar gehad, net om te hoor hoe dit gaan het ek lekker geslaap en wat doen ek alles die week…. o ja en kan ons miskien ete inpas in ons besige skedule een of ander tyd die week. Dis so verfrissend na ‘n string weird verhoudings, skimdates en sommer net oor die algemeen nare ondervindings in alle afdelings van die dating game.

Ramble ek bietjie oor haar…..hmm miskien sy fassineer my, snaaks genoeg ek is nie verlief nie… is ek?? Nee ek is nie, ek sien uit daarna om ‘n normale vriendskap met iemand te he, en vir al die moeilikheidmakers hier op my blog wat dit hulle besigheid maak om my verhoudings op te voeter…. sterkte met die een! Teen die tyd wat die publiek weet wie sy is, SAL sy GEEN twak storie oor my glo nie want sy sal my behoorlik goed ken…

Okay dis genoeg van haar, sy lees nie hier nie so dit help nie ek se dankie vir ‘n lekker aand nie!

En ‘n internet-veldtog om die hoof van Brittanje se tesourie uit kroeë te verban, vind groot byval onder die land se drinkers. Alistair Darling het vroeër die maand belasting verhoog op sigarette en alkohol, wat ‘n pint bier duurder gemaak het. Die eienaar van ‘n taverne in Darling se tuisstad, Edinburgh, het toe besluit hy’s nie meer welkom nie en kroeë oral in die land het sy voorbeeld gevolg. Foto’s van Darling is in drinkplekke aangebring met die woord barred in rooi letters daaronder. Honderde mense het ook aangesluit by internetgroepe wat hulle daarop toespits om Darling uit te jaag uit elke liewe kantien in die land.

Zimbabwe se verkiesingskommissie sê die eerste uitslae van Saterdag se verkiesing sal binne die volgende paar uur bekend gemaak word. Die vertraging met die bekendmaking het bespiegelings laat ontstaan oor stemkokery en onluste-polisie is ontplooi in die hoofstad, Harare. Inwoners is aangesê om binnenshuis te bly. Die BBC berig dat die land se hoof-opposisieparty, die MDC, aanspraak maak op ‘n oorwinning op grond van nie-amptelike uitslae. Zimbabwe se minister van Inligting, Sikhanyiso Ndlovu, het die party egter beskuldig van bespiegeling en leuens en dat hy onnodige onrus veroorsaak.

My dogter praat nie op die oomblik met my nie, sy is kwaad vir haar pa omdat hy nog in die outydse manier van dinge doen glo! Then so be it Janine, ek sal nog steeds hier wees as jy afkoel, my reels is my reels en so af en toe moet selfs ek dit toepas, jammer! Ek sal wag, met die ouderdom en pa wees saam kom geduld!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Is dit die een…en ai KURT!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Hoop dinge werk uit vir jou

    Ina

  2. Anonymous says:

    Dit was ‘n plesier!

  3. Anonymous says:

    Ek weet van wie jy praat, dis ‘n vriendin van ‘n vriendin van my Wimpels en sy is baie mooi, bietjie van ‘n snob maar die mooiste wat jy nog gedate het so sterkte!

  4. Anonymous says:

    GO S T O R M E R S ! ! !

  5. Anonymous says:

    gaan jy afrikaanse musiekfees toe Sondag by die skou?

  6. Cindy says:

    Hi sexy mannetjie

    Dankie vir nou die aand dit was divine!

    As jy weer hier rond is kan ons maar weer so maak!

    Beteken die date ek is nou vergete of wat?? :-(

  7. Anonymous says:

    Bly jy klink beter!

  8. machiel says:

    Bly om te hoor jy´t iemand om jou warm te hou in die koue winter wat voorlê!