Interessante lewe die!

Naweek…. genadiglik!

Ek weet nie of ek my verbeel nie maar ek is deesdae pal uitgeput…. miskien is my lewensstyl nie meer gepas vir ‘n middeljare man nie…. hmmmm!

Gister ‘n interessante gesprek met iemand gehad oor wat die kenners bestempel as die rule of thumb vir die regte ouderdomsverskil tussen mans en vrouens…. hulle se die idiaal is as ‘n man sy ouderdom vat, deur twee deel en sewe by tel…. met ander woorde ‘n man van 36 se idiale metgesel sal 25 wees….

Ek weet op die beste van tye nie hoe werk hierdie goed nie so dit help nie eers om my te vra nie, alles gaan vir my reg klink!

Gister vir myself ‘n geskenk gekoop, ek wou nog altyd in ‘n decent leerbaadjie bele, het dit nooit gedoen nie, gister sien ek toe die coolste leerbaadjie van alle tye, pas hom aan en siedaar dis asof die ding getailor is vir my….knyp ma oe toe en gooi op my kaart se budgetfasiliteit!!

Terwyl ek ‘n lekker naweek beplan…. lyk my ek het ‘n date so hou duim vas hehehe, is mense Noord van die Limpopo besig om hulle te staal vir nog ‘n klugverkiesing gelei deur die meester van die klug….Robert Mugabe, so spare a thought vir ons arme bure!

Ek was gister so bietjie moeg vir kritiek en het amper besluit om die wereld in 15 minute te can op my show, na talle oproepe en fakse het ek daarteen besluit en net weer besef mens moet jou nie altyd steur aan wat mense se nie, die probleem is ek is baie emosioneel by alles in my lewe betrokke en trek my baie vinnig sekere goed persoonlik aan, so hoor ek weer gister van ‘n meisie wat so af en toe saam my gaan fliek wie se werklose eks-boyfriend vir haar vert6el van my “reputasie” en hoe ek girls misbruik…. ek vra toe vir haar wanneer het ek hom raakgeloop aangesien ek nie kan onthou nie… die antwoord is nee hy het van my gehoor deur ‘n “vriendin wie se broer ‘n dj is by ‘n klub iewers in witrivier en wie ‘n nefie het wat al op ‘n dj kurses was wat my al een keer by ‘n radio funksie gesien het”. Huh?? Kry ‘n fkn lewe man!

Van wanneer af kan mens in alle geval ‘n reputasie kry omdat jy ‘n paar girls date omdat jy single is, is dit nie die hele doel van single wees nie, jy moet soveel moontlik mense uitvat sodat jy nie weer ‘n fout maak nie en die regte een kry! Ek steur my te veel aan mense se dinges stories so ek gaan nie meer nie, ek se dit altyd die keer is ek ernstig…

Wil jy iets interessant hoor… ‘n pel van my is ‘n elektriese ingenieur, hy het sopas ‘n tweede verband op sy huis gaan uitneem vir R80 000, die rede hy installeer ‘n solar stelsel by sy huis wat hom gaan voorsien in al sy elektrisiteitsbenodighede, hy redeneer dat dit hom R1000 per maand ekstra op sy verband gaan kos waar sy eltrisiteitsrekening tans so R2000 per maand is…. en hy is nooit weer afhanklik van Eskom nie…. klink vir my na ‘n antwoord!

Nou ja jy MOET ‘n great naweek he, ek gaan…

Hou duim vas vir die groot date, sy is baie bekend so ek kan nie veel se nie, miskien is dit wat ek nodig het, iemand wat onder dieselfde tipe kritiek en pressure as ek is wat sal verstaan waaroor dit gaan en hoekom mense sommer maar net dinges van jou praat om belangrik in die geselskap te klink want dalk dink iemand hulle ken jou…. donners snaaks ek sweer!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Interessante lewe die!

  1. meermin says:

    Lekka naweek!

  2. Anonymous says:

    Wel, as jy nou ‘n girl was, ou Scorpio, het ek gese “You go girl!!!!”

    Enjoy in any event.

    V