Groen Tobasco…


Groen Tobasco en Two and a half men….

Dis wat ek die afgelope lang naweek ontdek het. Ek het seker twee bottels van die magiese groen sous opgeeet op alles van vleispasteitjies tot slaai! Charlie Sheen se TV reeks is net so verslawend, gelukkig het DSTV ‘n kanaal Soney Entertainment TV wat seker al die ou episodes van die reeks uitsaai, sommer so vier in ‘n ry, en gelukkig het ek iets soos ‘n PVR wat my in staat stel om alles op te neem, en dit is presies wat ek die naweek gedoen het!

Okay behalwe vir dit was daar ook sommer baie gekuier en baie nuwe vriendskappe gesmee. Dit was lekker en die moeite werd om nie weg te gaan vir die naweek nie. Ek is dankbaar as ek so luister na mense wat die verkeer en die langpad aangedurf het, hehehe!

En dan het ek besef niemand is onmisbaar in jou lewe nie, as jy sit en wonder oor iets wat dalk nie uitwerk nie en jy is bang vir die onsekerheid van die onbekende, moenie wees nie, buite jou huidige hel, ook bekend as jou lewe van leuens en bullshit stories le daar ‘n hele nuwe lewe wat wag om ontdek te word, gaan uit en gaan doen dit, dis wat ek die naweek gedoen het, ek het net een keer probeer kontak maak met die skimme van die verlede en toe besluit om dit op te gee vir ‘n bad job, die uiteinde van daai besluit was ‘n hele klomp nuwe vriendskappe wat seker nooit sou gebeur het nie, wat ek probeer se in goeie Afrikaans en a-la Wimpie van der Sandt, moenie dat niemand jou rondneuk nie, gaan aan met jou lewe, en doen dit voluit, al die ander dinge sal vanself kom as jy jou lewe voluit leef vir jouself!

Daar is my prekie vir vandag en sommer die hele week, ek het besluit om op te hou kla, en die van julle wat my ken sal weet dis baie moeilik vir my, alles wat jy altyd hoor en lees van mens is verantwoordelik vir jou eie geluk…. dit is alles waar so gaan kry dit.

Ek wou graag die stories met julle deel en sommer ook vertel van ‘n heel lekker naweek by die huis so daar het ek, more sal ek weer blog oor meer ernstige dinge, ek is net super gechill op die oomblik so gun my nog ‘n chill dag! Geniet joune…

Iemand stuur my hierdie foto van een of ander partytjie waar ek blykbaar by was en waar hy my met twee meisies betrap het, hy se ek moet probeer uitvind wie hulle is, ek het geen idee nie, so as jy een van hulle is, identifiseer jouself!

Wimpie

PS: mmm ek het ‘n moerse nice nuwe song ook ontdek die naweek…. David Jordan se sun goes down, plaas more vir jou die video…

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Groen Tobasco…

  1. SHARKS says:

    Wimpie op daai laaste foto lyk jy maar voor in die koor, te veel groen sous gee├Ęt of te veel en te diep in die bottel geloer!!

  2. Anonymous says:

    ek dink ek herken daai foto wimseun…

  3. mykopop says:

    Ek hoop jy het ‘n sterk maag! :)

  4. Anonymous says:

    Oppas vir die maagseer saam die groen sous!