Et tu?

Wat het Brugbou vir die Afrikaanse musiekbedryf beteken…

Baie actually, behalwe dat dit die Afrikaanse musiekbedryf probeer verenig het en aan die verskillende faksies in Afrikaanse musiek getoon het dat ons kan saamstaan en van mekaar verskil en soos Anton Goosen dit stel, nog steeds saamwerk op die ooreenkomste vir die algemene uitbouing van Afrikaanse musiek.

Hoe jammer is dit nie dat mense so ‘n grootse poging probeer nietig maak met snert, Ek is deur beide Steve en Anton voor die tyd gewaarsku dat daar faksies is wat vir al die geld in die wereld nie hierdie konsert wil sien gebeur nie en ek was naief genoeg om te dink hulle oordryf. Hulle het nie.

Die belaglikhede wat ek moes aanhoor oor wie sing voor wie, hoekom kry hierdie een langer geleentheid om te sing as die ander een en die polimiek oor veiligheid en besigheidsbesluite wat geneem moes word in belang van die konsertgangers se veiligheid en die eintlike rede hoekom die konsert gehou is, grens aan die absurde, ek wag maar om te sien wat gebeur en dan sal ek praat en glo my ek HET ook baie om te se.

Die ironie van die saak is die twee kunstenaars waaroor die show eintlik gegaan het en wat jy sou verwag die meeste te se sou gehad het, Anton en Steve, het dit as ‘n hoogtepunt van hulle musiekloopbane beskou.

Ek het een ding besef en dit is dat dit naief is om te dink dat jy die ego’s in die Afrikaanse musiekbedryf onder een vaandel, Afrikaans, kan verenig, dit gaan NOOIT gebeur nie ek lek die ou se agterent wat dit gaan regkry, die rede….ons almal het ons eie opinie en in Suid-Afrikla is ons net eenvoudig nie oop om ander mense hulle opinies en of voorkeure toe te laat nie, ons moet elkeen teen alle koste ons oomblik van glorie melk en elke enkele stukkie publisiteit melk soveel as wat ons kan al is dit ten koste van die groter prentjie, vriendskappe of die geleentheid om by iets monumentaal betrokke te wees.

Aan enige musiekpromoter wat beplan om iets groots vir Afrikaans te doen, gaan sit, dink mooi en dan moenie dit doen nie! Dis nie die moeite werd as jy dink aan die ego’s betrokke in Afrikaans nie, en dis nie die groot manne soos Anton en Steve nie…

Alle geval vir Afrikaanse musiek het Brugbou baie beteken met of sonder die samewerking van baie mense en instansies, twee van die grootste kunstenaars nog in die Afrikaanse musiekbedryf is weer vriende en dit KAN NIE sleg wees vir Afrikaanse musiek nie, die vrugte hiervan sal waarskynlik nie nou gesien word nie, maar sal eers in die toekoms gesien word, Jakaranda het nog nooit so baie Afrikaanse musiek gespeel as in die afgelope ses weke nie en ek glo dit was ‘n direkte gevolg van die ooreenkoms wat ons met hulle bereik het.

Nee daar was nie soveel mense as wat ek voor gehoop het nie, maar dit was nooit die doel van die oefening nie, die doel was altyd om my droom van ‘n verenigde Afrikaanse musiekbedryf te probeer daarstel, iets wat ek vandag besef is nie moontlik nie, daar is te veel persoonlike agendas en te veel ego’s hier rond…

Dankie Anton en Steve julle was great en ek weet die vrede met mekaar en die wedersydse respek wat ek Saterdagaand gesien het is real.

Vir die res wat hulle eie agendas volg, julle is die sweer in Afrikaans, nie net in die musiekbedryf nie, maar in die hele Afrikaanse gemeenskap en dit kan net verander met ‘n verandering in attitude, en dit kan net gebeur as julle, julle eie balange en agendas op die agter grond skuif, en dit weet jy, so goed soos ek, sal nooit gebeur nie, en dit spyt my om dit te se…

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Et tu?

  1. SHARKS says:

    Wimpie vat al hierdie koerant berigte en geskinder en k@k praatjies maag toe en gaan k@k dit uit!!

    Bly ek kon jou toe uiteindelik ontmoet, ook maar lekker kort nè! Seker maar omdat ek so hemel besem is dat jy vir my so kort gelyk het!

    Geniet jou dag.

  2. staatsamptenaar says:

    Wimpie mens sal altyd net sleg hoor nadat mens goed bedoel het! Gaan rus jy nou maar net en moenie jou steur aan hierdie spul nie!

    Ek is bekommerd oor Sharkie, weet nie hoe gereeld jy haar blog lees nie, maar gister en vandag se inskrywings maak my dat ek ROOI sien!!

    Lekker daggie vir jou.

  3. Anonymous says:

    ek het haar blog nou gaan lees, STAATSAMPTENAAR sleep haar dokter toe my hart gaan uit na haar en haar kiddies.

    Wimpie moenie jou aan hierdie bollie steur nie, vee jou gat af aan wat ander mense kwutraak.

    Leker dag vir jou

  4. Anonymous says:

    Wimpie, stuur almal net in hul moer, moet nie eers begin twyfel waarvoor jy dit gedoen het nie. Hulle is jaloers oor hulle nie die eiers gehad het om so iets aan te pak nie. In elkgeval, onthou jy ek het jou vertel van die video op u tube van die ou oom in Strubenvale wat die boom probeer uithaal het, dis op Beeld se website gaan kyk bietjie. MTC

  5. Anonymous says:

    Ai Wipmie, ek vind nou eers regtig uit wie jy is en hoe jy inskakel. Ek het met Brugbou jou ook vir die 1ste keer gesien en snappie gevat.

    Maar dit is nie die punt nie. Jy, Wimpie verdien ‘n medalje, dit was die gr8st konsert in ‘n langtyd vir ons en ons wat daar was weet dit was suksesvol. Ek dink dat die kunstenaars wat die belangrikste was, gelukkig is dan verdien jy die krediet wat jou toekom. Well done!!!

  6. Natasha says:

    Wel ek wil vir jou se: Wel gedaan. Moenie dat hierdie klein mensies met die groot ego’s en nog groter tantrums jou onder kry nie. Ons was daar en ek het die sonbrand om dit te bewys en glo my dit was ‘n great sukses!!!!

    Die mensies moet net eerder dankie se vir die blootstelling wat hulle gekry het, want eintlik was die show nie oor hulle nie & al was hulle nie daar nie, sou alles steeds great verloop het.

    Dis jammer dat jy nou so negatief voel oor alles, want glo my as jy more se daar is nog ‘n show, is ons defnitief heel voor.

    Glo my vat ‘n ruskans want jy’t welgedaan!!!!!!!

    Natasha
    Rustenburg

  7. Beertjie1 says:

    Dis nou tipies Afrikaners. Gun die ander party niks. Dis hoekom die land so agteruit gaan. Die een gun die ander niks. Die Afrikaners kan nie saamstaan nie en dis ‘n jammerte.

    Geniet die dag en hoop die maagseer word gesond.