Ek probeer bou!

‘n Warboel van emosies, die wonderlike high van seker die beste vertoning wat ek nog ooit aangebied het, ‘n high wat jy nie aan iemand kan beskryf nie, en ek het die beste seat in die huis gehad, op die verhoog, om te sien hoe twee geswore vyande vrede maak, die strydbyl begrawe en letterlik geskiedenis maak…..dan vrede en laastens uitputting!

Die laaste ding wat ek dan nodig het om te lees is die berig wat ek vandag in Sondag moes lees. Lees ook www.stevehofmeyr.co.za

Hier is die kernpunte van die Sondag berig, en hier is my antwoorde daarop.

Die brose, kortstondige vrede tussen Anton en Steve het gisteraand tydens ‘n hewige woordewisseling gesneuwel.
Nie Anton of Steve weet van so ‘n woordewisseling nie, dit het eenvoudig nie gebeur nie en is ‘n versinsel van iemand met ‘n baie goeie verbeelding.

Anton Goosen was 20 minute laat vir sy vertoning.
Ek het Anton en Steve persoonlik vroeer na die stadion laat kom as gevolg van die dreigende reenweer, Anton was minstens twee ure voor die vertoning reeds by die stadion en het saam met Steve geoefen aan die songs wat hulle saam sou sing.

Die woordewisseling het voor ander musikante plaasgevind.
Geeneen van die musikante, en ek het almal gevra, weet hiervan nie, Johan van der Colff Verhoog bestuurder en Pierre Griffioen, klankman weet ook nie hiervan nie.

‘n Ooglopend ontselde Steve het vererg met mense om hom gestaan en praat
Steve was all smiles en het met verskeie mense insluitend myself gestaan en praat, hy het die hele tyd geglimlag en was opgewonde om op die verhoog te kom, hy het ‘n bloubul hoed op sy kop gehad en was met niemand snaaks nie.

Wimpie van der Sandt het bevestig dat Steve en Anton mekaar in die hare gevlieg het, maar wou nie verder uitwei nie.
Ek is twee keer gevra waaroor die geskreeuery gegaan het, en albei kere het ek gese daar bestaan nie so iets nie, daar was nie ‘n woordewisseling nie, en daar was GEEN bakleiery nie, albei kere was in die teenwoordigheid van ander mense en albei kere het ek dit heftig ontken.

Slegs sowat 3000 mense het opgedaag vir die konsert.
Om 15H00 is ek op my selfoon gebel en gevra hoeveel mense ek skat hier is. Ek het geantwoord ek reken so 3000 mense maar ons verwag die meerderheid mense sal eers die aand opdaag. Die foto in Sondag is duidelik tussen 13 en 15H00 geneem, ek plaas hier foto’s van die skare wat later die aand geneem is.

Die kaartjie is aanvanklik vir R180 en R220 verkoop en die kaartjies is later vir R100 verkoop oor geen belangstelling nie.
Dit het nie gegaan oor ‘n geldmaak konsep nie, die konsep was een van vrede maak en strydbyle begrawe. Brikor het ‘n aantal kaartjies gekoop en het dit goedgunstiglik aan die publiek beskikbaar gestel om mense wa dit nie andersins sou kon bekostig nie, die geleentheid te bied om die vertoning by te woon.

Dit is vir my hartseer dat so ‘n grootse geleentheid se glans verduister moet word deur roekelose beriggewing. Die laaste woord hieroor los ek vir Anton Goosen wat my gister hierdie epos stuur:

Ek wil net dit baie duidelik van my kant stel dat die berig op bladsy 5 in
Sondag, 2 Maart, deur Me Yolanda Barnard, van ALLE waarheid ontbloot is.
Die enigste korrekte feit in haar “verslag” is die laaste paragraaf naamlik
dat die Blou Bulle op Loftus gespeel het.
Daar was omtrent 5000 mense by die Brugboukonsert (wat natuurlik nie so lyk
op die foto wat sy 2 uur die middag laat neem het nie) en dit was vir my en
my band ‘n loopbaan- hoogtepunt. Die aand het gegaan oor vrede tussen
musici: respek en dignity.
Op geen stadium het ek en Steve ‘n woordewisseling gehad nie, en ons
rehearsal en gesamentlike vertoning was uiters profesioneel en vreugdevol.
Sy bestuurder, my agent en P.R. was heeltyd saam voor ek op die verhoog
gegaan het.Ons optrede was met ‘n uur vervroeg weens die dreigende
reenwolke.
Ons het saam ‘n uur voor ons vertoning opgedaag, gesellig verkeer, rugby en
sokker uitslae uitgevind, ghitaar gespeel en met die jong band
Reannrottweiler gesels, ensovoorts. En na die vertoning aan mekaar sms-e
van dank, respek en veilig reis, gestuur.
Steve en ek het bewys dat mense met mekaar kan verskil op ‘n beskaafde
manier, maar steeds op die ooreenkomste kan saamwerk. En musikaal was dit ‘n
baie groot vreugde tydens die Brugboukonsert om met wonderlike lewende
musikante ons eie en mekaar se musiek te kon deel.
Me Barnard se persoonlike vete met Steve Hofmeyr, het met hierdie
beriggewing ‘n uiterse laagtepunt bereik en ‘n nuwe definisie aan die begrip
persvryheid, waarheid en joenalistieke etiek verleen.

anton goosen

Daarmee gaan ek berus.

Net ‘n paar verskonings, ek het die belange van die konsert, my borge, die publiek en die kustenaars op die hart gehad en in die proses moes ek ‘n paar besluite neem wat nie baie gewild by enigeen, insluitend myself was nie.

Eerstens aan Charlie en sy awesome band, Beeskraal, groot omverskoning, hulle was alreeds op die verhoog toe die weerlig naby ons begin slaan het, ons moes na raadpleging met die klank en beligtingsmanne die konsert ongelukkig met ‘n halfuur onderbreek terwyl ons vir die weerlig moes wag om op te hou…

Charlie hulle kon ongelukkig nie bly nie aangesien hulle later die aand by ‘n ander vertoning moes wees. Ek is jammer Charlie maar ek weet jy verstaan en ek badank jou vir julle manne se professionaliteit! Beeskraal was een van die eerste groepe wat ek gevra het om aan die konsert deel te neem en dit het my hart gebreek om hulle van die verhoog af te haal. Ek bly een van julle grootste aanhangers!

In die tyd het dit werklik gelyk of die reen ons kom inhaal en was ek konstant op die lyn met die weerburo, twee selfone was papgepraat in ‘n halwe dag!

Toe die weerlig beter word is ek meegedeel ons moet so gou moontlik met die vertoning aangaan aangesien dit sous op Loftus, skaars 5km daarvandaan. Ons het alles weer aan die gang gekry en Rudi Muller is op die verhoog, nadaet hy gesing het, het Nadine haar deel gedoen, teen hierdie tyd was ek nog vasbeslote om almal te laat sing en het die kunstenaars gevra om almal hulle sets met 2 liedjies te verkort aangesien die reen dik in die lig gehang het.

Terwyl Nadine op die verhoog was het my laaste oproep na die weerburo bevestig wat ek nie wou hoor nie, volgens die weervoorspellers sou dit binne ‘n uur kom reen.

Ek het Anton en sy band en Steve en sy band so gou as moontlik met golfkarretjies aangery verhoog toe en moes Jacques de Coning en Joe F, wat almal groot moeite gedoen het om in die eerste plek daar te wees, die inaangename nuus gee dat hulle na Steve en Anton sou moes sing. Die risiko om te waag met die reen was net te groot en ek moes ‘n besigheidsbesluit neem, ‘n onpopulere een daarby…
Jacques en Joe het nie kans gesien om na Steve en Anton te sing nie, en ek sou ook nie. Ek is jammer manne, dit was uit en uit net ‘n besigheidsbesluit wat ek moes maak… Met nabetragting het dit toe nie gereen nie en nou lyk my panicattack omtrens se belaglik soos die weerburo se drie weervoorspellings van reen binne ‘n uur.

Aan die ander kant as dit begin reen het sou almal gebra het hoekom het ek nie Steve en Anton opgeskuif nie….bietjie van ‘n catch 22 maar aanvaar asb. my innige verskoning aan albei hierdie twee briljante musici. Ek sal dit opmaak ouens ek belowe sommer nou ek bespreek julle altwee vir Battle of the bands in Junie….ja en teen julle volle fooi!

Nog nooit het my emosies ooit so wipplank gery soos die laaste week nie, vergun my ‘n bietjie rus, ek is klaar met die lewe, wil net rus, rus, rus en my gesondheid nou eerste stel.

Ek moet dankie se vir Garnett Parkin, jy is ‘n voorbeeld vir my in elke opsig in die lewe, Brikor is awesome. Dankie aan Pierre en Johan vir die verhoog en die klank, julle is seker onder die bestes in die land en is ongelooflik, alles is Vrydagaand gedoen en teen Saterdag het ons ‘n show gehad.

Baie dankie aan Jacaranda 94.2 en almal wat mc’s was. Oos Rand Stereo, Vrouekeur, Vaalcomunity Radio en natuurlik vir Haddat Viljoen by Kyk-net, julle het alles gedoen wat ek gevra het en soveel meer!

Supersportpark in Centurion, Darryl, boet we’ll have that beer soon I promise, as jy wil sien hoe los mens probleme op, gaan kyk by die ou!

Dankie vir julle wat gekom het om te kom kyk, dit was net great gewees.

Brugbou is klaar, dit sal nooit weer gebeur nie, die oomblik was groot en die gebeurtenis was groots, jy sal dit nooit kan herhaal nie, dis verby, maar die wat daar was sal dit altyd onhou.

Dankie Steve, Anton en die ander kunstenaars.

Never again!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Ek probeer bou!

  1. SHARKS says:

    Wimpie ek persoonlik dink die dag – aand was ‘n reuse sukses, Louis Fivaz en Hugo het fantasties gesing, ek het veral Louis Fivaz vreeslik baie geniet.

    Dankie jy vir ‘n great show!!!

    Ek en juffrou’tjie het dit vreeslik baie geniet. Sy het my mooi gevra om vir jou HI te sè van haar kant af! Jy is gegroet.

  2. STAATSAMPTENAAR says:

    Môre jy ek hoor die vertoning was uitstekend, baie geluk.

    Het jy toe darem vir Sharks gesien? Ek was nou by haar, sy het my die foto’s gewys, sy vertel my toe hoe die buffel haar weer seer gemaak het, weet jy ek sal hom nog eendag storm loop en iets aandoen so waar as vet!

    Lekker dag vir jou, en vat dit nou maar kalm, en word nou gesond!

  3. Anonymous says:

    Wimpie, Die show was BE@#K. Dit was net jammer dat die Suid Afrikaanse mense nie hul eie kunstenaars ondersteun in die manier wat hulle dit verdien nie. Ons wat daar was besef watse harde werk jy ingesit het en glo my, Yolanda het nie ‘n idee waarvan sy praat nie. Moet jou asb nie aan haar steur nie.

  4. Anonymous says:

    More se thx vir die VIP kaartjies saterdag.. ek gaan ni veel se wat ek wel vir jou wil se is “Faith like patotoes” en soos in Steve se song sing hy die vers is daar n “GOD wat kan verstaan” wel dis presies wat gebeur het ek het jou telke male gese backstage en in die VIP area bly net glo……..en dit het nie gereen… Ek dink jy het jou baie goed van jou taak gekwyt.Sou net graag meer van ons eie mense daar wou gesien het…..nou ja lekka rus…tot n volgende keer groete H

  5. Anonymous says:

    Hi

    Moenie jou aan twak steur nie. Dit is net mense wat nie self ‘n sukses van iets kan maak wat altyd k@k soek waar daar nie is nie.

    Liefde

    Ina

  6. Anonymous says:

    Hi Wimpie
    Ek kan net nie verstaan dat niemand iets aan die “joernalis” vroumens doen nie. Sy kom elke keer weg met al haar nonsens gepratery.

  7. dirk says:

    Haai Wimpie

    Dankie vir jou positiewe feedback op my blog.

    Ek glo jou weergawe is lekker volledig en waar.

    Ek dink jy verdien elke greintjie rus wat jy kan kry.

    Geluk met ‘n lekker poging! (Brugbou en jou blog).

  8. mykopop says:

    Veels geluk Wimpie! Jammer ek kon nie daar wees nie, maar ek dink dit was geskiedkundig. Jammer van die koerant, hulle sal altyd sensasie probeer uitkrap waar daar nie is nie.