Die waarde van ‘n Blog!

Uiteindelik toe ‘n objektiewe storie oor die besluite wat ek oor Brugbou moes neem word toe vandag in Beeld geplaas. Ek begin verstaan hoekom Steve ‘n Blog het, dis baie moeilik om iemand verkeerd aan te haal van jou Blog af, hierdie is die storie wat vanoggend in die Beeld is oor Jacques de Coning, ek plaas dit net so:

De Coning verduidelik waarom hy nie tóé sing
Mar 06 2008 07:56:11:040PM – (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan ‘n vriend

Eagan Williamson

Terwyl sowat 5 000 mense Saterdagaand die geleentheid gehad het om te sien hoe die sangers Steve Hofmeyr en Anton Goosen brûe bou, was minstens een kunstenaar ongelukkig oor sy optrede op die nippertjie gekanselleer is.

Die sanger Jacques de Coning van Port Elizabeth het vandeesweek in ’n verklaring gesê hy en sy orkes, Mattheus, was diep teleurgesteld toe die konsert se organiseerder hul optrede tydens die voorprogram moes kanselleer weens ’n dreigende reënbui.

Mnr. Wimpie van der Sandt, organiseerder van die geskiedkundige geleentheid waar die twee groot geeste vir die eerste keer ná ’n lang twis die verhoog gedeel het, het amptelik gedurende die aand en op sy aanlyndagboek om verskoning gevra.

Op www.wimpievds.blogspot.com skryf Van der Sandt dat hy ná raadpleging met die klank- en beligtingstegnici oor die swaar weer die besluit oor De Coning geneem het.

“Ons het gevoel die bemarkingsgeleentheid was só groot, dat ek bereid was om die hele band op my eie onkoste van Port Elizabeth na Johannesburg te vlieg,” het De Coning gesê.

“Net voor ons op die verhoog moes gaan, het Wimpie vir my kom sê hy het die weerburo gebel en dat dit volgens inligting binne die volgende 20 minute sou begin reën.”

Daar is toe besluit om vir Hofmeyr en Goosen so vinnig moontlik op die verhoog te kry, juis omdat dié twee die hoofkunstenaars was.

“Wat dit nog moeiliker gemaak het om die nuus aan my orkes mee te deel, is dat hulle ’n ander vertoning vir dieselfde dag in Port Elizabeth moes afkeur, waar hulle voor 6 000 mense sou optree,” sê De Coning

Van der Sandt het op sy aanlyndagboek vir De Coning, Joe F en Beeskraal om verskoning gevra omdat hulle nie hul vertonings kon voortsit nie.

“Die risiko om te waag met reën was net te groot en ek moes ’n sakebesluit neem; ’n onpopulêre een daarby.

“Jacques en Joe het nie kans gesien om ná Steve en Anton te sing nie, en ek sou ook nie.

“Ek is jammer manne, dit was uit en uit ’n sakebesluit wat ek moes neem.”

De Coning het beklemtoon dat hy en Van der Sandt steeds groot vriende is.

De Coning sê hy wou net sy stuiwer in die beurs gooi sodat mense wat by die konsert opgedaag het om hom te sien, nie moet dink hy het kop uitgetrek nie.

Nice niemand is verkeerd aangehaal nie en die feite is reg oorgedra….. dankie!

So dis naweek, lekker ek gaan bietjie ontspan vir die naweek en bietjie rus, ek het Saterdagaand ‘n verjaardagpartytjie aan, ek gaan gewis gaan, saam wie, hehehe dis vir my om te weet….

Dit was ‘n harde week waar ek aan my lyf kon voel, vir die eerste keer in my lewe, dat ek rus nodig gehad het, en ek het die geleentheid gebruik om presies dit te doen en soveel as moontlik daarvan…

Ek is besig om myself te staal vir Sondag se beriggewing die week, ek wag in spanning vir die “verskoning” in die koerant omdat hulle my laas week verkeerdelik aangehaal het, kom ons kyk of dit gebeur.

Ek het so in die stilligheid van die afgelope week twee baie groot saketransaksies, eintlik drie, afgehandel, een weet julle reeds van, wees op die uitkyk vir die Battle of the Bands, kompetissie, dit gaan groot wees, Idols, maar vir ouens wat rerig talent het!

Die ander twee het iets met beurtkrag uit te waai, ek het ‘n agentskap bekom vir UPS stelsels, gaan jou so R250 per maand kos dan sal jy nooit weer beurtkrag in jou huis ondervind nie, maar ek gaan jou later meer hiervan vertel, en die ander een behels iets wat ek al lankal wou gedoen het, ‘n clue?? Dit het te make met ‘n Ateljee, wat ek moontlik belange in gaan bekom, ‘n CD opname en my musiek, oorspronklik geskryf hehehe, wat op CD vasgele gaan word saam met ‘n opwindende jong nuwe en vars boyband…okay nou se ek al weer te veel, ek sal later vertel.

So jy het gedink Bill Gates is die rykste man in die wereld….dink weer…
Drie Suid-Afrikaanse name verskyn op vanjaar se Forbes-lys van die wêreld se super-rykes. Die drie is Nicky Oppenheimer, die Rupert-familie en die land se eerste swart miljardêr, mynmagnaat Patrice Motsepe. Oppenheimer is 173ste op die lys en die Ruperts 284ste, met Motsepe op nommer 503. Microsoft se mede-stigter, Bill Gates, is na jare sy eerste posisie ontneem deur die Amerikaanse belegger en filantroop, Warren Buffet, wat oor ‘n fortuin van 31-miljard pond beskik……….

Sou kon doen daarmee.

Geniet jou naweek, maak die heel beste daarvan!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Die waarde van ‘n Blog!

  1. SHARKS says:

    Lekker naweek vir jou!

  2. Karen says:

    As mens moet besluite neem oor besigheid, dan’s dit nou maar so. Dit sit nie in elke ou se broek om harde besluite te neem nie, maar vir die wat ‘n kop vir besigheid het, kom dit natuurlik. Party keer hou ander mense nie van die besluit nie, maar laat hulle nou in jou skoene staan?

    p.s. My nooiens van was ook Van Der Sandt… ;)

  3. staatsamptenaar says:

    Lekker dag en geniet jou naweek. Het jy al ‘n date gevind? Jy kan lyk my omtrent kies en keur tussen die dames!

  4. Anonymous says:

    Hey

    Baie geluk ons is trots op jou

    Ina

  5. Anonymous says:

    oor die de Coning ding, jou besluit WAS die regte een, ek wonder hoeveel van die 5000 mense was NIE daar om steve en anton te sien nie?

    ek dink jy moet gaan stilsit, vat die naweek daarvoor en dink of jy beter of slegter af is sonder ‘n meisie in jou lewe, ek ken jou persoonlik goed en weet hoe opgewonde jy raak oor mense, ek het jou opgewondenheid met jou gedeel oor ‘n sekere persoon maar jou tersefde tyd gewaarsku, ek is jammer ek was reg, gaan sit en dink daaroor.

    net desperate mense soek girls op de3sperate plekke en die girls wat daar uithang, dink vir jouself hoekom sal iemand wat die moeite werd wees daar “adverteer”??

    die regte een sal kom maar ons almal ken mos jou ongeduldigheids issues…

    jou pel, met die mooi kar!

  6. Anonymous says:

    Wel ou Scorpio..een ding is seker..ek stem saam met jou pel met die mooi kar :-) )

  7. die brein says:

    As ek so na jou toekomstige projekte kyk wonder ek of jou senuwees (maagseer) dit gaan hou.Maar sterkte en alle sukses.

    Ek wil graag weet wat gaan die ups storie wees.Ek sal jou ondersteun met die een en een deur jou aanskaf.