As ek onthou…

Hierdie is bietjie hoe ek voel vandag:

Ek wonder of jy nog kan onthou van laat slaap op Sondae, sommer net le en twak praat in die bad, kerslig etes, sondag middag slapies met my kop op jou maag, jou hand in my hare, lekker lang somersdae soos heuning, die son wat sak in die see, jou glimlag as ek so aanhou soos net ek kan, ek sal jou nooit los nie, nooit was so gou…

Die Sondagmiddag flieks by die Mall, Anton se liedjies op die radio, jy wat vir my sing, sing soos net jy kon, ek dink vanaand weer aan jou, net jy sal weet want ek sal nooit erken, jy ook nie, maar ek weet jy doen, soos ek ook, dis al so lank terug, maar ek mis jou elke dag as nog ‘n stukie van my doodgaan en ek weet, dis verby…

Elke dag wat verbygaan dink jy minder aan my, en ek meer aan jou, so hoe voel dit om my te vergeet soos jy gese het jy sal nooit? Hoe voel dit in jou nuwe lewe, die een sonder my, ek wonder of jy soms, net soms onthou hoe dit was toe jy vir my gese het, nou op hierdie oomblik as ek langs jou le, het ek jou liewer as enige oomblik voor die een…

Die oomblikke het gekom en die oomblikke het gegaan, die een vinniger as die ander en toe ek weer kyk toe staan ons hier, ek in my wereld vol bravade, my wereld sonder jou, ek ek voel hoe nog iets in my doodgaan elke oomblik maak seer, en ek hoor jy’s gelukkig en ‘n deel van my smile, ek is bly vir jou, en ek wonder of jy weet al probeer ek ook hoe, ek dink nog elke dag aan jou en als wat ek nog wou se toe jy die deur die laaste keer toemaak en uitstap by die deur, weet jy ek het jou nooit weer gesien nie, nie eers in jou kar nie, dis asof jy net weg is, nooit eers daar was nie, maar ek onthou en ek sal nooit vergeet nie, so hierdie is my goodbeye, al weet ek jy sal dit nooit lees nie…..ek mis jou, elke dag ‘n bietjie meer….

Sorry, ek moes dit net se, hoop julle verstaan! Dis een van daai aande… ek is seker julle verstaan, ons almal het dit maar, ek’s ‘n skerpioen so myne is net bietjie erger!

Ja ek is ook maar net ‘n mens en wat de hel, as jy so voel dan voel jy so, dis hoe ek voel, ek is opgewonde oor die lewe en tersefde tyd bang want ek weet die lewe staan nie stil nie en ek WEET ek gaan nooit weer gelukkig wees soos toe nie, kry julle ook sulke dae, maak nie saak hoe suksesvol jy is met wat jy ookal doen nie, dis asof iets kort….mmm ja en dan weet jy wat dit is, jy kort daai een persoon om net sin van alles te maak, daai een persoon het ‘n naam, wat myne is maak nie saak nie, wat is joune?

Lekker gewerk vandag, ek’s baie opgewonde oor my nuwe projek, Battle of the Bands, gaan great wees, sal later meer vertel, maar demmit ek mis haar!

Ek voel ook lus en trek los en se dit hard, soos iemand wat ek ken….F-alles en almal!

Okay ek weet dis nie ‘n boek nie, hierdie is ‘n blog en ek glo nie jy lees hier om te hoor van my verlore liefde nie, hehehe! Jy is nie al een nie, hierdie is ‘n storie wat ek ook nie wil hoor nie.

Iemand skryf nou die dag vir my, ek sal nooit gelukkig wees nie want ek soek haar in alles en almal rondom my en as ek haar nie kry nie dan gee ek sommer op, ek dink ook so, sal maklik wees as ek dit net kon uitvee, maar ek kan nie, ek was nog nooit weer happy nie, glo ook nie ek sal sommer weer wees nie, dis seker maar my straf maar nou ja, life happens, every minute of everyday!

Genoeg geteem vir een dag, hier is wat julle wil hoor…

Arme Lochener de Kock is die jongeste bekende Suid-Afrikaner wat ‘n slagoffer van misdaad geword het toe hy in sy huis aangeval en beroof is. “ons leef in barbaarse tye, dit lyk of die vyand die oorhand kry” se hy…

Gisteraand, vanaand actually, Al Gore se movie op M-net gekyk, An inconvenient Truth, Ja dis oor Global Warming en ja ek weet almal stem nie met hom saam nie, ek is ‘n logiese mens en alles in die movie is vir my logies, dis moeilik om met iets te stry wat logies is….
Kilomanjaro sal binne ‘n dekade nie meer sneeu he nie, het jy dit geweet?
As jy dink jy kan maar aangaan om die aarde te misbruik sonder nagevolge, dink maar weer, ons kinders gaan dit ontgeld…
En om te bewys wat ek se: Britse weervoorspelers waarsku dat nog onweer op pad is terwyl reën en stormsterk wind reeds die land teister. Sky se weervoorspeller, Lucy Verasamy, sê die ergste is nog aan die kom. Sy sê daar is tans ‘n effense verposing, maar stormsterk wind is op pad na die suidweste, sterk genoeg om struktuur-skade aan te rig, kragtoevoer te ontwrig en moeilike bestuurstoestande te veroorsaak.

Ek het nie eers Maandag iets oor die rugby gese nie, die Stormers en die Sharks was subliem, die Cheetahs ongelukkig, die Leeus ‘n disgrace en die Bulle se bakleiery gaan hulle die Super 14 kos. Hou op baklei en begin rugby speel!

Jacob Zuma lyk my praat bietjie voor hy dink en dan moet hy agterna skarrel om reg te maak wat hy gese het toe hy mense soos Solidariteit se steun probeer werf het. Die president van die ANC, Jacob Zuma, sê die media het die opmerkings wanvertolk wat hy in onlangse toesprake gemaak het en wat glo ANC-beleid weerspreek. Hy sê in ‘n verklaring die ANC is gekant teen die doodstraf, maar hy het dit nogtans duidelik gestel dat mense in ‘n demokratiese land debat kan voer oor of daar ‘n referendum oor die saak moet wees. Zuma sê wat regstellende optrede betref, behoort daar dialoog oor die kwessie te wees. Hy sê berigte dat hy gesê het president Thabo Mbeki het nie meer enige magte nie, is ‘n wanvoorstelling. Zuma sê die president se magte, pligte en verantwoordelikhede soos deur die grondwet voorgeskryf, het nie verander of verminder nie.

Dis my storie vir vandag, bietjie sad ek weet, maar een ding van my ek is reguit en probeer altyd eerlik wees op hierdie blog, dis moeilik om oor happy goed te skryf as my hart nie so voel nie, weet jy hoe ek voel? As jy doen dink oor wat ek se, as jy daai spesiale persoon in jou lewe het, maak seker hulle weet, ander skryf jy dalk ook eendag op ‘n blog, oor goed soos ek vandag…
Lekker Dinsdag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to As ek onthou…

  1. SHARKS says:

    Wimpie JA ek weet presies hoe jy voel, daai verlange na iemand wat nie bestaan nie, daai seer in jou wat net seerder word, die aande alleen, die trane, die verwyte, die PYN, ek ken dit ook!! Ek wil ook net soms ‘n hand op myne voel, ek wil ook deel was van iemand se bestaan, ek wil ook weer smile, my hart is al in so baie stukke gebreek, dat ek glo van die stukke al so verlore geraak het, dat dit nooit weer sal heel nie!! NOOIT NIE!! Wil ook weer vrou voel. Mens wees.

    Lekker Dinsdag.

  2. Anonymous says:

    Eish Wimpie, eina vir jou part, ek dink ek weet van wie jy praat en ek dink ek weet hoe jy voel, as dit is wie ek aan dink, troos jouself daaraan dit was nie jou skuld nie, party dae wens en so ek kon jou net ‘n lekker druk gee, ek dink nie altyd mense verstaan jy is eintlik ‘n baie komplekse mens met ‘n baie klein hartjie nie.

    Ek dink aan jou vandag en sal iewers vandag ‘n mooi woordjie vir jou doen in my gebede, lekker daggie!

    DM

  3. Anonymous says:

    Hi

    Wimpie leef voluit, spyt is ‘n goeie ding dit is net so jammer dit kom te laat. Jy wat Wimpie is sal weer geluk vind ek weet dit jy moet net bietjie meer geduld aan die dag lê.

    Net ons self kan iets aan ons geluk doen dit hang nie van iemand anders af nie.

    Sterkte vir jou op hier die “af” Dinsdag, onthou daar is baie mense wat vir jou lief is en vir jou omgee moenie swartgallig raak nie.

    Liefde

    Ina

  4. Anonymous says:

    Hi

    Hierdie is vir jou en somer almal wat ongelukkig is.

    Gedagte vir die dag

    The Best Remedy

    “The best remedy for those who are afraid, lonely or unhappy is to go outside, somewhere where they can be quiet, alone with the heavens, nature and God. Because only then does one feel that all is as it should be and that God wishes to see people happy, amidst the simple beauty of nature.”

    - Anne Frank –

    Liefde

    Ina

  5. Anonymous says:

    ai wimpie, ek voel sommer aan hoe jy voel…

  6. Anonymous says:

    Ja Scorpio..nou verstaan ek hoekom jy party dae dinge van vroue se wat ons so de hel in maak. Ek hunker ook na die tye wat ons deur is, die klein dingetjies en die stoutes, die manier waarop hy na my kon kyk, wat my kniee lam maak, liefde “oral” ontdek het. Ek is ook daardeur..ek het ook elke dag seer, die ergste is ek sien hom so af en toe (per toeval) en hoe verwerk jy dit, hoe kyk jy toe dat hy gelukkig is en jy nog na hom hunker. Maar “life goes on” en ja, ongelukkig is dit ook een van daai gevalle waar ek nooit weer sal vertrou of lief wil wees vir iemand nie…veral as hulle daarop trap.

    Glo my ek weet hoe stukkend jy voel. Maar die son sal weer skyn.

    Lovies
    Virgo

  7. Anonymous says:

    ja spyt is ‘n nice ding maar dis amper altyd te laat

  8. Pixy says:

    Sjoe Wimpie, uiteindelik iemand wat dit in woorde sit. Voel partykeer om ek mal raak van verlange en dan net om te besef dis alles verniet. Dit gaan nooit weer dieselfde wees nie. En dis hoe dit is! Die lewe gaan aan en mens moet voortbeweeg, partykeer weet ek nie hoe nie maar nou ja. Sterkte jong!

  9. Wimpie van der Sandt says:

    sorry oor die bloggery vandag, gisteraand gedoen toe ek weer nie kon slaap nie….

    ag weet jy ek issie spyt nie, moes dit lankal van my skouers afkry…

  10. Pixy says:

    Jy hoef nie sorry te sê nie – ten minste het dit vir my baie beteken om te weet daars nog mense wat so voel al is die omstandighede dalk nie dieselle nie. Ek geniet jou blog hoor! Doen so voort en lekker dag!

  11. Anonymous says:

    sharks ek gaan nie sè wie ek is nie, maar ek lees jou blog taamlik gereeld, en ek dink jy en hierdie hunk saam wie jy jou op blog is, maak een moerse stunning couple, wonder wie almal saam my sal stem.

  12. Anonymous says:

    Wimpels
    Jy is verkeerd – ek het jou nie gelos nie, dalk het jy net besluit om my nie meer in jou lewe te he nie. Ek is daar, ek is nog steeds hier, hier vir jou – en ek wag…..
    maar hoelank nog?????…….

  13. Jenny says:

    My liedjie vir jou vandag “Killing me softly – the Fugees” want jy doen!

    I heard he sang a good song, I heard he had a style
    And so I came to see him, to listen for a while
    And there he was, this young boy, a stranger to my eyes

    Strumming my pain with his fingers
    Singing my life with his words
    Killing me softly with his song
    Killing me softly with his song
    Telling my whole life with his words
    Killing me softly with his song

    I felt all flushed with fever, embarassed by the crowd
    I felt he’d found my letters and read each one out loud
    I prayed that he would finish, but he just kept right on

    Strumming my pain with his fingers
    Singing my life with his words
    Killing me softly with his song
    Killing me softly with his song
    Telling my whole life with his words
    Killing me softly

    He sang as if he knew me in all my dark despair
    And then he looked right through me as if I wasn’t there
    But he was there, this stranger, singing clear and loud

    Strumming my pain with his fingers
    Singing my life with his words
    Killing me softly with his song
    Killing me softly with his song
    Telling my whole life with his words
    Killing me softly with his song

    Mooi geskryf, jy gee woorde aan die gedagtes in my hart!
    Sterkte, ek hoop ons voel altwee gou beter!

  14. Anonymous says:

    Wimpie,
    Dis die eerste keer wat ek comment, en vandag moes ek net. Selfs woorde op skrif kan nie die gevoel van verlange, daai fisiese brand in jou hart, verduidelik nie. Ek weet ek is een van ‘n handjie vol wat een persoon liefgehad het(en steeds liefhet), en NOOIT weer so sal voel nie, en vandag het ek jou stukkie gelees en dis ‘n verligting, want nou weet ek ek is darem nie so abnormaal nie. Toe ek jou woorde hier lees, het ek gehoop ek’s op die verkeerde blog…
    Wou nog vir jou se geluk met jou show nou die dag en hoop dat jy darem so bietjie rus kry en na jou gesondheid kyk.
    Sterkte met jou seer en verlange, jy’s nie alleen nie!