Al weer flippen naweek!

Vir almal wat wil weet hoe lyk my blonde hare, hier is dit!

Dit was ‘n week van persoonlike groei, selfondersoek en soekes…. maar dis verby en ek voel soos ‘n beter mens daaroor.

Die naweek le al weer voor en ek het gedink dat die naweke is juis hoeke dalk die rede vir baie gemengde gevoellens oor die lewe, laat my verduidelik…

Soos ek nou alreeds baie vantevore gese het, in die lewe kry jy twee verskillende tipes mense, jy kry eerstens getroudes, of paartjies, en dan kry jy gelukkiges…..okay nee toema ek joke, hehehe, okay dan kry jy single mense, soos ek.

Nou ek het al aan albei kante van die pad gespeel, met ander woorde ek was al gelukkig in ‘n verhouding en ek was al single, nou wat gebeur is, en dis uit eie persoonlike ondervinding, wanneer jy single is vat die naweek so lank om verby te gaan en het dit nie naastenby dieselfde rustige uitwerking as vir ons uhm….kom ons se maar gelukkiger vriende nie…

So ons single mense skarrel die hele naweek rond op soek na iets om ons besig te hou en die hele naweek lank te vermaak, want kom ons face dit maar daar is niks so akkies soos om die hele naweek alleen by die huis te sit nie, dis dan nie eers lekker om te kook nie, vir wie doen jy dit….toggie vir jouself nie….

So nee wat dan sit single ouens en dink….uhm, Firkin toe vanaand, kuier so lank en hard as wat jy moontlik kan en kom so laat as moontlik by die huis, Saterdag ‘n vinnige regmaker brekkie, dan jaag so gou moontlik na ‘n pub toe, sit daar en raak so gekluier as moontlik terwyl jy die een super 14 wedstryd na die ander probeer volg en as jy gelukkig is wen jou span dalk net…. teen Saterdagaand is jy hopelik paste en wil jy so teen 10 uur innie bed wees aan die slaap sodat jy die grootste deel van Sondag kan omslaap en dan so teen die laatmiddag maybe ‘n movie kan deurwerk en weer by die huis wees vir Carte Blanche om 19H00 en die sondagaand movie…

So daar is ons single dudes se naweke in ‘n nutshell, cool en terselfde tyd hartseer… Maar soos hulle se in die classics….shit happens….normally to good people…hehehe!

Uitspraak is voorbehou in die Grondwethof-aansoek van ANC-leier Jacob Zuma, wat probeer om ‘n deursoekings-klopjag deur die Skerpioene-misdaadeenheid en ‘n aansoek om dokumente uit Mauritius ongeldig verklaar te kry. Regsverteenwoordigers vir Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thint het hulle betoë vanmiddag afgesluit voor die elf regters, terwyl die Nasionale Vervolgingsgesag ook sy saak gesluit het. Zuma was nie vandag in die hof nie. Dit is nog nie seker wanneer uitspraak gelewer sal word nie.

Die ANC-parlementêre koukus se studiegroep oor Sport en Ontspanning ondersteun ten volle die minister van Sport en Ontspanning, Makhenkesi Stofile, se oproep vir die totstandkoming van ‘n nasionale sokkergroep vir 2010 se Wêreldbekertoernooi. Die groep sê die spelers moet die talentvolste in die Liga wees wat die land graag trots wil maak. Die groep sê spelers wat tans plaaslik en in die buiteland speel, is dikwels oorgelaat aan die genade van die klubeienaars. Die ANC sê Stofile se plan sal die nasionale sokkerspan red van die middelmatigheid waarin hy homself bevind.
Hehehe… nie eers Batman kan die Banana’s red nie!

Eskom gaan die 31ste van die maand weer begin met beurtkrag. Die kragonderbrekings sal tot twee uur op ‘n slag duur en plaasvind tussen ses uur soggens en tien uur saans. Uitvoerende hoof Jacob Maroga sê Eskom is nou in ‘n kragrasionaliserings-fase om die elektrisiteitstekort te hanteer en dit vereis dat huishoudelike verbruikers hulle deel doen om vraag te verminder. Hy sê hoewel die stelsel meer bestendig is, is daar nog nie ‘n voldoende afname in die gebruik van krag deur die handelsektor en huishoudings nie. Eskom hoop om teen 2012 drie duisend megawatt krag te beswaar om ‘n algehele kragonderbreking te verhoed wat sowat twee weke sal duur om te normaliseer.
Maroga het ook bevestig dat die prys van elektrisiteit gaan styg. Hy sê die nuwe pryse sal binnekort bekend gemaak word en voeg by dat ‘n prysverhoging positiewe veranderings teweeg sal bring in die manier waarop verbruikers krag bespaar.
Verdien jou bonus Jacob!

Hey, watter kant van die pad jy ookal speel die naweek! Geniet hom…

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Al weer flippen naweek!

  1. SHARKS says:

    Wimpie vat jou seuntjie en gaan doen iets saam hom, ry GOLD REEF CITY toe met hom vir die dag, om te suip gaan nie die naweek lekkerder maak nie, vat jou seuntjie na ‘n dam, gaan vang vis, daar is so baie om te doen daar buite, saam jou kind, geniet hom terwyl hy nog so klein is. Hulle is so kosbaar! My ou seuntjie was dan gister 19!!

    OF SPRING CLEAN JOU HUIS, SNY GRAS, GAAN KOOP PLANTE EN PLANT DIT!! Dit werk vir my. DAN SPRING CLEAN EK SOMMER MY KOP OOK!!

    Geniet jou naweek.

  2. Anonymous says:

    Hey

    Jy is welkom om bietjie in Pretoria te kom kuier siende dat Danie hulle ook nou nader is.

    Ina

  3. Anonymous says:

    MY NAWEKE LOOP GEWOONLIK OP DIESELFDE TRANT. SATERDAG HUIS SKOON MAAK. GOU DORP TOE. BRAAI EN LE VOOR DIE TV. SONDAG IS WASGOED WAS EN KOS KOOK EN SKOOLTAKE EN TAKE EN TAKE EN SKOOLWERK. DAN KYK EK 7DE LAAN EN TV TOT SLAAPTYD EN DAN IS DIT WEER WERKWEEK WAT VOLG. SO WAT IS ‘N NAWEEK. AL WAT DIT VERANDER IS DIE KINDERS SE SNAAKSIGHEID EN STRYERY. SO MAAK MAAR DIE BESTE VAN JOUNE. EK SAL OOK PROBEER.

  4. Anonymous says:

    Hi Wimpie!

    Dit maak nie saak wat jy doen nie of hoe jy dit doen, aan die einde van die dag klim jy nog steeds alleen in jou bed!

    Hulle het vir my gese ek sal gewoond raak maar ek moet se na ses jaar op my eie elke aand haat ek dit!

    Ek dink nie n mens is gemaak om die lewe alleen deur te gaan nie!

    Ons almal het foute gemaak en seer gekry maar almal moet een of ander tyd “A HAPPILY EVER AFTER” kry!

    Jean

  5. Webcam says:

    Hello. This post is likeable, and your blog is very interesting, congratulations :-) . I will add in my blogroll =). If possible gives a last there on my blog, it is about the Webcam, I hope you enjoy. The address is http://webcam-brasil.blogspot.com. A hug.

  6. SHARKS says:

    Aitsa die haartjies lyk heel nice!! Myne word Donderdag gesny en gekleur, maar foto’s van my nuwe look sal nie op my blog kom nie, shit nee nooit nie!!