Afrikaans, waarnatoe?


Die naweek is verby en dit was lekker….

Vrydagaand het ek bietjie gaan koppie uithak, besluit toe maar om bietjie te gaan kuier by ‘n local kuierplekkie want ek het gehoor Ghapi gaan daar optree, hy was toe daar, saam met sy band, en ek en nog so tien ander mense….

Professioneel, dis die enigste woorde wat by my opkom as iemand ‘n show hou vir nie meer as tien mense nie, en daai tien mense ordetlik besig hou tot 02H00 in die oggend. Ek het lekker saam hom gekuier na die tyd toe ons bepeins het hoekom daar so min mense was, die3 eienaar van die plek het skynbaar gedink hy hoef net ‘n paar plakate teen ‘n paar bome was te sit en die mense sal instroom….hehehe as dit maar so maklik was, dis NIE hoe dit werk nie.

Verbeel ek my of begin al hoe minder mense Afrikaanse shows bywoon, het dit nie miskien bietjie te maklik geword om Afrikaanse musiek te sien nie, jy kan basies in jou kar klim en net ‘n bietjie ry en enige Afrikaanse kunstenaar wat jy wil enige plek binne ‘n radius van net ‘n paar kilo’s sien…

Firkin in Boksburg vertel my dieselfde ding, hulle sukkel om die plek vol te maak met die Afrikaanse sangers….. Die Parletones was Vrydagaand daar en daar was 800 mense….. ek vra maar net! Miskien is die rede te veel exposure en die Afrikaanse mense begin gatvol raak…. Hoop ek is verkeerd maar ek dink nie ek is nie….

Saterdag saam Wian gaan visvang toe party toe Saterdagaand, ja ek was alleen daar, en nee ek was nie alleen nie, maak dit sin…. toema dit doen vir my…

Sondag tot 13H00 geslaap en toe bietjie gaan eet en sommer ‘n nuwe band gaan kyk… dit was my weekend.

Ek kry hierdie baie interessante e-mail, ek plaas dit want dit het al met my gebeur en ek is seker dit het al met jou gebeur, miskien weet jy wie hierdie ouens is, vertel ons daar is registrasie nommers by…:

Hallo Wimpie,

Ons geniet jou ‘Breakfast Show’ in die oggende,hoor! Baie dankie!
Ons deel jou gevoel oor roekelose motoriste.
Moontlik kan jy dit een oggend ‘n inbelgeleentheid maak om te hoor hoe voel
soveel ander oor die aangeleentheid.
Dit is gewoonlik ‘n algemene verskynsel tussen O.R. Tambo Lughawe en
Pretoria, maar blykbaar gebeur dit regoor Gauteng.
Ek was Saterdagmiddag tussen 14h00 en 15h00 oppad Oos Rand toe op die
Potch-pad toe ek ‘n rooi Audi Gabriolet met flitsende ligte agter my gewaar.
Ek het op die stadium 120km/h gery. Ek het links beweeg en het die Audi my
verbygegaan met ‘n swart BMW X5 met blou flitsende ligte kort op sy hakke.
Ek het gedink dat die rooi Audi deur die X5 gejaag word, maar na ‘n redelike
afstand besef dat hulle saamry(jaag!). Naby die Kloofmyn is die pad baie
smal en die verkeer baie druk met vragmotors met lang trailors, almal in die
rigting na Jhb. Tot my ontsteltenis het die 2 jaagende motors op ‘n
sperstreep die vragmotors verbygesteek terwyl daar aankomende verkeer van
voor was!!
Die aankomende motors het ligte geflikker en moes doodeenvoudig van die pad
afry om kop-aan-kopbotsings te vermy!!
Ek het besluit om die reg. nommers van ten minste een van die arrogante,
roekelose padvarke te kry en het besluit om hulle te volg. Ek het naderhand
op ‘n volgafstand gekom en hulle gevolg en gesien dat hulle 180km/h ry in ‘n
100km/h sone!! (Ek was toe ook skuldig, maar moes uitvind wie die roekelose
bestuurders was.)
Na etlike km’s moes hulle in ‘n swaar reenbui en by ‘n ongelukstoneel
stadiger ry. Ek kon toe nader beweeg. In die proses kon ek altwee motors se
reg.nrs. kry. Ek wil graag weet wie hierdie arrogante mense was en wie hulle
verteenwoordig aangesien die rooi Audi se reg. nr. MBOZA GP was – dalk ‘n
glanspersoonlikheid wat laat vir sy afspraak was. Die BMW se reg.nr is TKK
686 GP.
Nie eens noodvoertuie het ek al so roekeloos gesien ry nie!
Gee blouligte ‘n voertuig ‘n ‘licence to kill’?
Ek is vasberade om uit te vind wie hierdie mense is en sal tot op die
hoogste vlak ondersoek laat instel! Sulke gedrag kan nie toegelaat word nie,
selfs nie op regeringsvlak nie!
Dalk is daar baie ander luisteraars wat dieselfde en erger ondervinding
gehad het. Soos jy se, daar moet opgetree word teen sulke skurke!

Baie groete,
Lukas Fick.

Ek sal ook graag wil weet wie hierdie drolle is, kan jy dalk help?

Die president van die ANC, Jacob Zuma, het volgens berigte sy steun toegesê aan die president van die SA Rugbyunie, Oregan Hoskins, in sy bitter stryd teen Mike Stofile om die posisie te behou. Die koerant Sondag het gister berig dat Zuma Hoskins verlede week ontmoet en verseker het dat hy wil hê hy moet nog vier jaar die pos beklee. Hoskins het dit bevestig en sê die vergadering het sy veldtog om herverkiesing wonderlike stukrag gegee. Zuma het sy steun toegesê aan Hoskins en SA Rugby – solank die spel voortgaan om te hervorm.

Ja swaer….

Wimpie

PS teen die tyd het almal seker al die storie van die oom, die bakkie en die boom gesien, as jy nog nie het nie hier is dit: ek plaas dit want die ou is van…..eisjh ja boet…SPRINGS!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Afrikaans, waarnatoe?

  1. Anonymous says:

    Ek was op dieselfde partytjie as Saterdagaand, hoe jy dit regkry om single te wees sal net jy weet, oulike meisie met wie jy aan die begin van die aand gesels het maar toe verdwyn sy, as ek nou net alleen daar was, maar nou ja. Ek was nie!

  2. SHARKS says:

    Bly jy het jou naweek geniet.

  3. STAATSAMPTENAAR says:

    Wimpie as jy Saterdagaand by die partie was, alleen maar ook nie alleen nie, beteken dit mos net een ding, die girl was in jou hart teenwoordig, sy was daar al was sy nie regtig daar nie, sy was in gees langs jou sy. Soos sy elke aand in jou slaap teenwoordig is, langs jou is.

  4. Anonymous says:

    Hallo Wimpie,

    Bly jy het jou party geniet Saterdag aand….

    Ek gee glad nie om vir Afrikaanse musiek nie…ek is Afrikaans en is trots daarop…maar soos jy se….Afrikaans word vir ons te maklik bekombaar…in ‘n radius van 10km kan ons na 3 verskillende shows gaan kyk….nou ja…het ek nodig om meer te se?

    Groete aan almal
    Karien Enslin

  5. Anonymous says:

    Ek stem saam oor Afrikaans, die kunstenaars raak te duur en godjies, mense raak moeg daarvoor.

    Kom nou wimps, bel my as jy die guts het, wil nog steeds jou vry dat jou toontjies krul.

    Se my IS JY BANG?

  6. Anonymous says:

    wimpie van der sandt, meisieloos, hahaha, goeie een!