Wat is in die lug?


Die tydsberekening kon net doodeenvoudig nie erger gewees het nie, Daar is skynbaar iets in die lug, ‘n maagvirus en soos die noodlot dit wil he, kom slaan dit my op die tyd wat ek dit die minste kan bekostig, dit voel of iemand jou ingewande uitmekaar trek, die Brugboukonsert is net twee dae weg en hier is ek plat in die bed, my brein is gewillig maar my liggaam het in geen onduidelike terme nie, halt geroep!

Vanoggend sleep ek my letterlik uit die bed uit vir my breakfast show, die gedagte kom vlugtig by my op om te bel en se ek is te siek, maar ek kan nie, ‘n onderhoud met Jacques de Coning en sy nuwe band wag vir my en more kan ek ook nie afvat nie, more is Nadine in die ateljee vir ‘n onderhoud….

Dis nou asof daar nie genoeg ander dinge in die dag is om my besig te hou nie, kompetisie wenners moet hulle pryse kry, borge moet uitsorteer word, die show moet aangaan, vanmiddag moet ek by Supersportpark wees, bestuurders soek komplimentere kaartjies, dit voel of niemand niks sonder my kan doen nie en ek voel soos die dood….opgewarm, ek’s lus en skreeu, los my net uit! Maar helaas….

Nou ja dis my probleem, ek wil jou net waarsku as jy begin voel jou maag is nie lekker nie, gaan doen dadelik iets daaraan, moenie wag nie!

Wat gaan aan met ons jongmense Die ouens daar by die Kovsies wat in die kos pie en dan vir ander mense gee om te eet, en dit dan afneem… Nee man regtig, dis sulke klein jakkalsies wat die groot moeilikheid veroorsaak…

Die Universiteit van die Vrystaat het gistermiddag alle klasse opgeskort na ‘n versetoptog deur honderde studente en personeellede teen ‘n rassistiese video wat blanke studente verlede jaar gemaak het. Woordvoerder Anton Fisher sê klasse is gestaak om die toestand op die kampus te kalmeer. In die opname word swart personeellede verneder en gedwing om ‘n brousel te eet waarin urineer is. Fisher sê die universiteit se regspan het met aanklaers vergader om klagtes te formuleer teen die studente betrokke by die video-voorval. Vyf mense is in hegtenis geneem tydens gister se betoging.

Nou ja nou kom ons weer by die wimpie-teorie van realiteits televisie en goed wat jy op TV kan sien… Programme soos “af” en “Jackass” maak dit ‘mode’ en die in ding om sulke goed te doen, elke ou met ‘n selfoon wat kan video’s neem is deesdae ‘n regiseur met Oscar ambisie en wil sy ding op film vasle, maak nie saak hie soek, pervers en/of idioties dit is nie, nee wat ek skaam my!

Nog slegte nuus vir die vuisvoos Suid-Afrikaanse verbruiker is dat die prys van Brent ru-olie vat-vat so aan $100 per vat…. Kan dit wees dat die kenners reg is en ons kyk na R10 per liter teen Junie en so R12 per liter teen die einde van die jaar.
Indien wel het ons probleme, dis belaglik, alternatiewe bronne van vervoer en energie MOET nou ‘n prioriteit wees! Ek het al voorheen gese, ek se weer, voertuie soos Toyota se Prius moet nou bo aan die inkopielys begin raak, die goeie nuus is dat Volkswager en Volvo blykbaar gereed is om soortgelyke ‘hybrid’ motors aan die wereld bekend te stel…

Robbie Klay het toe gister ‘n formele klag ingedien teen die ‘oom’ wat hom as minderjarige seksueel gemolesteer het, dit baan natuurlik die weg vir die deportasie moontlikheid van sekere mense uit Nieu Seeland terug Suid-Afrika toe, wat natuurlik nie kon gebeur as daar nie ‘n aanklag was nie…

Nuus van die Brugbukonsert is dat kaartjiepryse vandag gehalfeer is en dat jy net vir vandag R100 per kaartjie gaan betaal, en dis bykans verniet, gebruik hierdie kans en gaan kry jou kaartjie vinnig…. Brikor het goedgunstiglik ‘n klomp kaartjies aangekoop en subsideer jou kaartjie vir jou vandag, dankie manne!

Dis my ding vir vandag, oppas vir hierdie maagvirus in die lug, glo my jy wil dit nie kry nie!

Ek het ‘n rowwe dag wat voorle, kry al die kunstenaars by Centurion vandag, gistermiddag gou met Steve gechat voor sy show gisteraand in Springs, hy lyk goed en se hy sien baie uit na die Brugboukonsert, en hy en die band klink wonderlik, maak gebruik van Brikor se aanbod vandag!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Wat is in die lug?

  1. SHARKS says:

    Arme jy, dit is al wat jy nou nodig het is so maag virus om jou plat te trek. Dit is eina ek het so paar jaar terug in die kliniek beland met dit, gedink ek gaan dood, daai krampe is erger as kraampyne!

    Is die kaartjies by Computicket beskikbaar? Jaco soek ‘n kaartjie en gister toe hy by Computicket kom in Hatfield het hulle vertel dit is alles uitverkoop!

  2. SHARKS says:

    oeps jammer vir die verkeerde spelling

  3. boendoe says:

    More Wimpie,
    Beterskap met die maag!
    Die Kovsie-video is vir my afgryslik! Dis sommer plein onopgevoedheid. Net jammer dat dit nou sleg reflekteer op AL die wit Kovsie-studente.

  4. staatsamptenaar says:

    Wimpie hoop jy voel sommer gou gou stukke beter.

  5. Anonymous says:

    Hi

    Ek was gister by C-ticket maar die krulkop vrou is so behulpsaam soos ‘n klip. Ek het ‘n uur gesukkel en toe maar geloop. Ek sal vandag maar weer probeer. Ek hoop jy voel gou beter.

    Lekker dag

    Ina

  6. SHARKS says:

    Wimpie Kollonade se computicket weet niks van hierdie R100 kaartjies nie.

  7. Anonymous says:

    Hi

    Baie dankie vir Marius se kaartjies ek sal dit vanaand vir sy ma gee. Ek stuur vir jou ‘n briefie van sy ma.

    Hoop jy voel gou beter

    Liefde

    Ina

  8. Rooikop says:

    Ja Wimpie, het ons almal nie maar die geraamtes in die kas waarmee ons elke dag moet wroeg nie? Die beste van als, ons kies om dit te doen. Ons kies om in die verlede te leef en vas te klou aan net daai bietjie hoop wat ons die moed gee om op te staan en die dag te face. Ons lewens is vol kamers waarvan in die een ons verlede altyd sal bly. Dit maak deel van wie ons is en wat ons is. Hetsy goed of sleg. Solank ons leer daaruit en kan vorentoe beweeg. Maklikker gese as gedoen ne! Ek meen, ons verlede skaaf ons stukkie vir stukkie en geen gom kan die stukkies wat gebreek het aan mekaar plak nie. Sad maar waar. Ons word nie gebore met ‘n vrees vir die toekoms of ‘n nuwe verhouding nie, dit word in ons ingeskaaf, stukkie vir stukkie. Vra my ek weet!!!