Wat is fout?

Wat is dit wat aangaan met vandag se jeug, of meer spesifiek met vandag se mense?

Ek het my eie teorie, noem my maar mal as jy wil maar ek dink vandag se vermaaklikheidsbedryf het baie te doen met die malligheid van mense, as jy eers een of twee moorde op ‘n playstation speletjie gepleeg het is dit makliker om dit in die regte lewe te doen…

Ek wonder hoeveel moorde het die gemiddelde kind op die ouderdom van 13 al op televisie gesien, en onthou, die moordtonele wat jy op televisie en rolprente sien is baie meer grafies as die een of twee skietgevegte wat ons jare gelede op Springbokradio se Squadcars gehoor het…

Daarmee wil ek nie se dat Hollywood die rede is vir die geweldadige misdade waarmee ons deesdae sit nie, daarvoor is Suid-Afrika se sosio-ekonomiese probleme te astronomies, maar dat dit kinders meer geweldadig maak is ‘n feit soos ‘n koei, miskien moet daar weer, en die keer meer ernstig, gekyk word na dinge soos ouderdomsbeperkings…

In rolprente soos Pulp fiction word die gebruik van dwelms geromantiseer, is ek besig om bietjie oorbeskermende te raak oor ons kinders, is paranoia miskien die woord wat ek soek of is ek maar net deel van die vuisvoos massa wat enigiets sal doen om ‘n verklaring vir die misdaad pandemie wat ons land getref het, te vind…

Die polisie het bekend gemaak dat hy een van die grootste dwelmvondse in die land se geskiedenis gemaak het toe daar by die Beitbrug-grenspos in Limpopo beslag gelê is op 750-miljoen rand se heroïen. Twee Suid-Afrikaners is in hegtenis geneem. Hulle het na bewering probeer om meer as ‘n ton van die dwelms vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika te bring. Polisiewoordvoerder Dennis Adriao sê die dwelms is gevind tydens ‘n roetine-deursoeking van ‘n vragmotor. Snuffelhonde het die heroïen uitgeruik. Is ek nog onnodig bekommerd, ek weet nie, soos altyd maak dit saak wat JY dink, ek is maar net ‘n mens met ‘n opinie…

Die ANC het die Springbok-rugbyspan geluk gewens met sy aanwysing as die Laureus Wêreldsportspan van die Jaar. Die party sê met dié glorieryke toekenning het die span weereens getoon dat Suid-Afrika ‘n mag is om mee rekening te hou. Die ANC sê die steun vir die land se nasionale sportspanne is ‘n aanduiding dat sport ‘n vername hervormingsgereedskap is en die vermoë het om te verenig. Woordvoerder Jesse Duarte het ‘n beroep op die nasionale sokkerspan gedoen om in die Bokke se voetspore te volg in die aanloop tot 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi. Kwotas en regstellende aksie vir ‘n oomblik vergete….hehehe!

Alle klasse op die kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie is tot Vrydag opgeskort weens studente-betogings. Vise-kanselier Errol Tyobeka sê in ‘n verklaring die besluit is geneem weens die gevaarlike hoë spanningsvlak tussen blanke en swart studente. Die blanke studente wil voortgaan met onderrig, terwyl die swartes meen hulle moet aansluit by die betogings. Tyobeka sê die veiligheid van studente en personeellede is die belangrikste. Ai, ai, ai, gedink ons het daai bruggie al 14 jaar terug oorgesteek!

Op ‘n persoonlike noot, dankie aan Steve Hofmeyr vir ‘n lekker onderhoud gister en vir die link op sy blog na myne toe…Thanks Steve ek hoor hy se hy het nog ‘n vers bygeskryf vir Pampoen….hy sal dit sing by die groot show op 1 Maart, more gee ek bietjie van die show weg, as jy meer wil weet, kom kyk more…

Lyk my daar is miskien ‘n wolkie in die eindelose lang donker tonnel waarna ek soms as my liefdeslewe verwys, wat is haar naam en waar kom sy vandaan….hehehe, heeltemal te vroeg om te spekuleer en ek gaan niks se nie, is Wimpie bietjie verlief…..miskien, maar dan weer miskien nie, miskien moet ek ‘n foto plaas van ‘n plain Jane hier op my blog en julle opinie vra?? hehehe! toema ek joke net…….of doen ek!?

Lekker dag vir julle almal as ek kon chuckle, sou ek!

Wimpie

PS: gehoor Jurie Els het ‘n nuwe kinder CD uit….blykbaar getitel….Kom ons speel met klei….

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to Wat is fout?

  1. Morras says:

    Hi Wimpie, Hoekom skryf jy, Danie en jou pa nie in vir daardie “dis Rugby” tv kompetisie nie. Ek dink julle behoort ‘n paar mense se gatte te skop.

  2. Sammi says:

    Ja Wimpie, en so kan ons aangaan oor die morele moeras waarin ons sit. Ons kinders is bang en met reg. As ‘n regering aanhou skuld ontken en verskonings maak vir ALLES wat verkeerd loop, hoe dan anders. Ons kinders “suffer from information overload” uit my 14jarige se mond.

    Oor die deksel vir ‘n pot. Ek sien dit so, nie alle potte het deksels nodig nie!

    Lekker dag!

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie,

    Man ek hoop die keer werk dit vir jou uit met die liefde! En anders as “sammi” het elke pot sy deksel, mens moet maar net geduldig wees.

    Jy het ons almal nou nuuskierig oor die plain Jane, vertel ons meer van haar?

  4. Anonymous says:

    Hallo daar Wimpie-man

    Dankie vir ‘n puik radio breakfast show.

    Nou maak jy ons almal nuuskierig oor die wolkie aan die ander kant van die donker tonnel.

    Nee man, vertel ons meer! Ons is mos jou getroue luisteraars en wil ook mos weet wat gaan in jou lewe aan, veral as jy ons dan vertel van die wolkie aan die einde van die tonnel! Vertel ons en se ons waar ons die plain Jane kan kry sodat ons haar onder hande kan neem en mooi vertel om mooi met jou hart te werk.

    Groete
    Sam Owen

  5. Anonymous says:

    o hel ek ken vir van der sandt, daai mannetjie is verlief, hoe lyk sy bra seker nie rerig plain nie, seker weer een of ander model.

    sterkte hoop dit werk uit, vet weet jy verdien dit!

    Jy weet wie

  6. Anonymous says:

    Ja nee, jy was seker meer verlief in jou lewe as wat ek tjoklitbeksoentjies gehad het….geniet dit Mr Scorpio!!

    Virgo
    :-)

  7. boerinballingskap says:

    Die vind van so ‘n groot dwelmfonds is prysenswaardig, maar maak my nog meer bekommerd. Met ons gebrekkige grensbeheer, hoeveel dwelms kom nie die land in wat NIE gevind word nie…?

  8. BUDDEN BLUBBER says:

    Hi Wimpie my neef…Jitte jong ek hoop regtig dat as jy verlief is dat die meisie jou moeite en tyd werd is.Jy het al baie seer gekry en verdien net om gelukkig te wees!Ek is jammer dat ek so min gesels maar soos meeste is ek maar besig…En om van al die drama in ons land nie eers te praat nie…….. maak sommer dat ek my kop in ‘n gat wil druk en nooit weer wil uithaal nie!!Liefde aan almalAnna MarieAKA Spookie

  9. SHARKS says:

    Na al die jare het Hestrie Springbokkleure in hoogspring en Jurie het syne gekry in Klay-lat