Vroumense!


Sondagaand en ek is in ‘n tweestryd gewikkel oor waaroor ek wil skryf vanaand, jy sien ek het nou net die storie van die ongelooflike Jamie Patterson op Carte Blanche gesien….hoe ‘n jong meisie van 17 in haar ouerhuis verkrag word terwyl sy toekyk hoe word haar 8 jarige broer en haar ouers aangerand en omtrent vir dood agtergelaat, is opsigself vir my ondenkbaar, hoe daai selfde girl net ‘n maand later kan voortgaan en matriek skryf, en dit slaag met agt onderskeidings, en die guts het om haar storie te vertel, is net bo my vuurmaakplek en ‘n getuienis van hoe sterk ‘n mens kan wees. Girl I salute you….vat jou goed en trek uit hierdie helhool uit, jy verdien soveel meer…

Ek is klaar gaan nie daaroor aangaan nie want ek wil nie my week so begin nie.

Dan is daar al weer die ou storie van my en vroumense, ek is jammer ek verstaan nie meneer, ek sal seker nooit verstaan nie, dit is ook bo my vuurmaakplek, en moenie vir my se ek het ‘n deksel en ek sal haar nog kry en blah, blah, blah nie…

Laat my verduidelik my storie met girls…

Sonder om name te noem want ek wil niemand embaraseer nie… een girl sweer hoog en laag sy het my so lief, ja se haar eks man, sy het net vergeet om vir my te se sy het dit ook vir hom gese terwyl sy ons altwee sien!
Ek besluit om aan te beweeg, ontmoed ‘n oulike girl met ‘n baie oulike kind, kleintjie… jy is so goed met kinders sy is mal oor jou, is van die dinge wat ek hoor, sien ek julle vanaand vra ek sal graag wil maar ek is sooo siek en wil nie vanaand uitgaan nie, later bel ek om te hoor of ek dalk kan medisyne bring en help met die kleintjie, sy antwoord by ‘n braai…uhm ja saam met vriende en die siekte is skoon vergete.

‘n ander een sien my al geruime tyd so aan en af, date maar net bietjie jy weet, fliek so nou en dan hou my handjie vas, kom swem by my en sweer hoog en laag sy sien niemand anders nie. Ons praat gou op die foon toe Sy my bel Saterdagmiddag, so hoe gaan dit wil ek weet, ag okay se sy, ek is besig om te pak….huh?! pak waarnatoe trek sy, uhm nee saam met ‘n vriendin in se sy….die vriendin vind ek later uit is toe al die tyd ‘n boyfriend wat sy sommer so saam, saam met my gesien het, gewonder hoe pitch hy altyd oral waar “ons” saam was.

Na die celine Dion show, ja ek was daar vertel netnou meer, stop ek gou oppad huis toe by ‘n kuierplek, ek het biltong gehad en was baie dors….vir koeldrank, loop ‘n pel van my daar raak en sy meisie ek groet en bied aan om ‘n drankie te koop, my pel verdwyn gou toilet toe en ek voel ‘n hand in my gatsak ek draai om en sien sy meisie, en nou wil ek weet, daar’s ‘n papiertjie met my nommer in jou sak, bel my smile sy, ek wonder of sy so vir hom ook gesmile het voor ek ingekom het, ek draai om mompel ‘n verkoning betaal vir die dop en waai sonder om te groet, die telefoonnommer gooi ek sommer oppad kar toe weg…

vanmiddag kry ek ‘n sms van iemand wat wil he ek moet koffie gaan drink, sure se ek, ek is los nou, nee kom die antwoord, ek moet gou my boyfriend gaan afse….heh….boyfriend…uhm ek dog jy IS single girl…

Okay so nou vra ek mooi en met trane in my ogies wanneer gee mens op met girls…WEL SOMMER FREAKIN NOU!

Ek is nou klaar amptelik, ek bedank uit die hele dating ding uit, GEEN meer facebook of internet lovers of kom ons kyk of dit gaan werk storietjies nie, as jy nie kan eerlik met my wees nie dinges off, los my uit, en have a nice life… as jy die verstaan nie, lekker bly by jou eks-man…uhm trou sommer weer, Ek gaan nie ‘n pa wees vir jou dogtertjie van een nie, kyk of jy iemand kry wat dit kan wees by jou braai, doen net die job wat ek jou klaar voor betaal het vir my.

Die een wat my bel terwyl sy besig is om na die nuwe kerel toe te trek en dan nog vir my lieg en se sy gaan saam ‘n vriendin bly, jy vat die koek….you are some piece of work!

Anyway tensy jy ‘n normale vrou is wil ek nie van jou weet of hoor nie, en as bogenoemde is soos normale vrouemense is, dan wil ek van geen vrou weer hoor nie! Amen!

Ek het toe sommer Saterdagaand Celine Dion gaan kyk….alleen, nou ek sal nou nie uit my pad gaan om een van haar cd’s tekoop nie, maar ek moet se ek het die show geniet, ek het al beter gesien en ek dink nie die R900 kaartjie was heeltemal die moeite werd nie, maar ek het al baie erger gesien, ek moes al immers deur ‘n hele Jurie Els konsert sit!

Die res van my naweek was maar uneventful het bietjie vis gevang, niks gekuier nie en Vrydag en Sondagaand vroeg gaan slaap, dit was omtrent dit, o ja en die stormers het weer verloor teen die bulls, ek’t ‘n oomblik gedink die jaar gaan anders wees maar nou ja, same old, same old!

Die ACDP het die publiek aangemoedig om te wys dat hulle verraai voel oor die regering se plan om die Skerpioene-misdaadeenheid te ontbind deur dié week die eenheid se voorlegging aan die Parlement by te woon. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal Woensdag sy jaarverslag voorlê en die party sê alle aanduidings is dat dit weer die reuse-sukses van die eenheid sal toon. ACDP-parlementslid Steve Swart sê dit is ‘n skande dat die besluit geneem is deur die ANC van wie die meeste lede nog nie die bevindings van die Khampepe-kommissie onder oë gehad het nie. Die kommissie het volgens berigte die minister van Veiligheid en Sekerheid se versekering verwerp dat daar volgens die grondwet ‘n enkele polisiemag moet wees en dat die Skerpioene daarby ingelyf moet word.

Vroeër het die geskorste nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Vusi Pikoli, gesê hy glo sy skorsing was die gevolg van politieke inmenging deur president Thabo Mbeki. Hy het aan ‘n Sondagkoerant gesê alles dui daarop dat sy skorsing verband hou met pogings om die Skerpioene se ondersoek te belemmer na beweerde korrupte bedrywighede deur nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi. Pikoli het Vrydag sy voorlegging oorhandig aan die Ginwala-kommissie wat sy skorsing ondersoek.

En Mohammed al-Fayed gaan môre uiteindelik sy dag in die hof kry, meer as ‘n dekade nadat sy seun Dodi en prinses Diana van Brittanje in Parys in ‘n motorongeluk gesterf het. Die 36-jarige Diana en haar 42-jarige minnaar het verongeluk toe hulle motor in ‘n tonnel teen ‘n pilaar vasgery het. Al-Fayed, eienaar van die luuksewinkel Harrods in Londen, beskuldig die koninklike familie dat hulle die twee laat vermoor het. Hy beweer die koningsgesin kon dit nie verdra dat die ma van die toekomstige koning dalk met ‘n Moslem kon trou nie. Die Franse en Britse polisie het sy teorie verwerp en bevind dat die chauffeer te vinnig gery het. Wens die arme vrou kan ook tot ruste kom!

Langerige inskrywing vandag, jammer maar ek moes dit net van my hart afkry!

As jy enigsins kan, moreoggend is Steve Hofmeyr saam my in die ateljee so vanaf 07H30, luister op 93.9FM in die Oos Rand anders op audio streaming, op my blog links bo is ‘n link wat se luister no Oos Rand Stereo. As jy sukkel gaan na www.939.co.za.

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Vroumense!

  1. Eben says:

    Ek het ook die gedeelte gesien vanaand (gister-aand) As ek daardie girl was, was ek elkgeval lankal weg uit die land. Ek glo iewers is daar iemand wat sal betaal vir haar studies buite die landsgrense! Maar in die anderkant Wimpie, is onse standaard op skole nie maar bollie vir ander lande soos UK, NZ ens? Maar nie te min, iemand wat 8 onderskeiding kry is nie onnosel nie! (Sterkte vir daardie meisie)

    Wat jou girls betref skud ek net my kop in ongeloof. Waar is daardie dae waar ‘getrouheid’ deel van die pakkie was. Ai ai ai hoe nietig my woorde, sterkte!!

    O jaaaa jy moet ons bietjie vertelle wat het Vrydag oggend gebeur, toe jou oe oopgaan en jy sien jy moes al agter die mikrofoon gewees het … gie gie!!

    Lekker dag/aand ou vriend

  2. SHARKS says:

    Kyk wat het dan Vrydagmiddag by Akasia Hoèrskool gebeur, twee seuns is met messe gesteek, juffrou’tjie het toe sy by die huis kom my vertel die een seun is met ‘n pen gesteek, wat toe al die tyd ‘n mes was, ek is VRYDAG vroeg huis toe, brongitus, maar ek is vandag weer op my pos, al het ek ook hoe eina, en voel ek sieker as Vrydag, hier is net te veel werk, wat gedoen moet word.