Slaaploosheid blues!


Dis laat in die aand en soos baie aande kan ek nie slaap nie, dis wanneer jy iemand mis wat jy nie ken nie, jy weet waarvan ek praat, soms is dit okay en dit pla nie, maar soms, net soms op ‘n aand soos vanaand dan mis jy daai persoon en dis moeilik want jy kan nie eers ‘n gesig daarby sit nie! Weet jy waarvan ek praat, vanaand is so ‘n aand, wat ek net met iemand wil praat, iemand om my te vertel als gaan uitwerk en die wereld is nog daar!

As ek so voel dan skryf ek gewoonlik iets, toe maak ek maar weer so, jy sal weet wie jy is, so hierdie is vir jou! As jy dink dis jy, laat my weet, hehehe!

Anyway weet nie of dit so lekker gaan lees nie, jy sien ek het ‘n wysie in my kop en die woorde gaan eintlik saam die wysie! Here goes!

wanneer jy aan my dink dan is dit te laat, jy sien
ek dink al heeldag net aan jou.
sonder jou stem net hier in my oor, mis ek jou al
sien ek net niks, jy sien liefde is blind of so
vertel hulle vir my, dink jy dis waar of praat hul
net groot. as jy glimlag dan weet ek dit reeds, jy sien
selfs die engetjies wil heeltyd by jou wees, en ons
het ‘n deal, hulle kom vertel dit vir my!

my hande is vas, wens ek kon vlieg, as ek kon sou ek
jou kon sien, maar wie sal nou kan met hande van strooi.
ek mis jou te veel, ek voel leeg, miskien moet ek slaap
want dan sien ek jou ten minste een keer in my drome.

ek hoop nie jy’s bang vir dit wat kan wees, want as jy
is dan maak jy my seer, as die windjie waai en ek ruik
jou parfuum en die maan steel die donker van die
donkerste nag, dan maak jy my bly want miskien, net
miskien, dink jy ook aan my….

so kom deel al jou drome, ek wil graag hoor, vertel my
nog een keer, jy dink net aan my, soos ‘n engel dit sou
doen, kom fluister in my oor, al is dit dan net aan die
anderkant van ‘n foon…

So daar’s hy my liefdesliedjie net vir jou…. As jy dit vang, mooi so, as jy nie dan mors ek my tyd, wat ookal gebeur, dankie vir ‘n hengse ride!

Gister ‘n helse dag gehad, was al 11H30 in Centurion, drie meetings later so 8 uur gisteraand toe stop ek by die huis, gedaan…. en natuurlik alleen, maar dis my keuse en ek gaan daarby stick, die volgende girl wat my bed deel sal ook my lewe deel, dis alles of niks, ek se mos altyd ek ken baie dominees….uhm…. met kerke!

So alles moontlik is gedoen vir die brugbou konsert, net so twee dae se breek na die show dan pak ons die nuwe projek aan, ek sal moet hulp kry, ek is gedaan!

So dis naweek, kom vertel my bietjie wat jy beplan, ek is excited,….seker vir ‘n
rede, sal maar moet sien watse kaarte die lewe die naweek kom deel!

In die nuus is nog ‘n matriek meisie se naakte lyk met ‘n koelwond in die kop gevind in Tarlton. Niemand is meer veilig nie!

Die bekende politieke analis JP Landman sê blanke Suid-Afrikaners se gemoedstemming is tans baie laag en talle praat daarvan om te emigreer. Hy sê daar sal moet gesien word hoeveel dit wel gaan doen. Landman het egter aan die Kaapstadse Persklub gesê hy voorsien volgehoue groei eerder as ‘n afname. Hy sê meer as die helfte van die lande in die wêreld sou wat wou gee om die begroting te hê wat Finansminister Trevor Manuel gister ingedien het. Landman wys daarop dat Suid-Afrika gebuk gaan onder misdaad, korrupsie en sinisme, maar dat aldrie oorkom kan word.

Manuel sê intussen daar gaan baie taai onderhandelings met Eskom wees oor die terugbetaling van sy lening van 60-miljard rand. Die geld is geoormerk om die kragvoorsiener se reuse korttermyn-uitbreidingsplanne te help finansier, wat onder meer die herindiensstelling van drie uitgediende kragstasies en die bou van twee nuwes insluit. Manuel het op ‘n vergadering in Kaapstad gesê Suid-Afrika het te kampe met spesifieke omstandighede. I-Net Bridge berig dat hy sê die gloriedae van ‘n oorskot aan kragopwekking is verby.

En Franse navorsers het ‘n materiaal ontwikkel wat self kan herstel selfs wanneer dit middeldeur gesny word. Die materiaal, ‘n soort kunsmatige rubber wat nog moet naam kry, is gemaak van groente-olie en ‘n bestanddeel van uriene. Nature berig dat wanneer dit gesny word, dit oppervlakke lewer wat ‘n sterk chemiese aantrekkingskrag na mekaar het. Dele van die materiaal voeg vanself saam asof dit nooit geskei was nie, sonder gom of spesiale behandeling. Huh??

Wel dis dit vir vandag, vir die van julle wat nie gister se liedjie kon oopmaak nie en gevra het wat dit was, dit was Chrissie Hinde and the pretenders se Hymm to her…. stunning!

Groot naweek wat wag, geniet hom!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Slaaploosheid blues!

  1. SHARKS says:

    Môre Wimpie, so bly ek is nie al een wat nie kan slaap nie, net nadat ek my inskrywing gemaak het, kom loer ek hier in, en wow!

    Wat is guis? Moet dit nie dalkies HUIS wees nie?

    Ek sit hier en sweef, slaap amper, hoe op aarde gaan ek deur hierdie dag kom? Dit is nog baie ver na 16.00, en na 17.00 begin my tweede skof. Koffie ek soek baie baie baie koffie en baie sterk ook!!

  2. Anonymous says:

    Hoop nie daar is n girl wat vir jou sop storie val,arme girl.en ja dis nie net Lolly Jackson wat dink hy is bo die wet nie daars nog twee Wimpie van der sandt en Steve Hofmeyr

  3. xram62 says:

    Die slaaploosheid is niks…dis die konstante gedagtes oor Die Lewe, Mense en Dinge……Kyk wat in my kop draai…en dis net die begin!!!

    Regter Torquil Paterson het onlangs Tembinkosi Golotile, 18, Michael Soldaat, 21, Zolani Klaas, 18, and Khanyiso Damana, 18, almal van Kwanobuhle, skuldig bevind en gevonnis vir die moord op Lindile September, 34, van Kwanobuhle. 20 jaar vir moord, en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Paterson het beveel dat die vonnisse so uitgedien word dat hierdie vier persone effektief vir 25 jaar in die tronk gaan sit.
    Teen ‘n gemiddelde koste van R114 per dag per prisonier, ge-eskaleer teen slegs 5% inflasie oor die volgende 25 jaar, gaan jy, wetgehoorsame hardwerkende belastingbetalende landsburger, help om die koste te dra van R1 894 635,87 per prisonier, of te wel R7 578 543,48 vir die vier van hulle. Is dit hoe jy jou belasting aangewend wil sien?
    Met die afskaffing van die doodstraf in 1994 was daar ongeveer 740 ter dood veroordeeldes in ons tronke. Nou, 13 jaar later, het die getal “lewenslange” gevangenis toegeneem tot oor die 7 000. Wil jy die berekening doen? R1 894 635,87 x 7000 = R13 262 451 090,00.
    Dit is die hoeveelheid belasting wat die regering gaan spandeer op gevonnisde prisoniers wat hulleself skuldig gemaak het aan die wreedste en mees walglike vergrype sonder enige respek vir lewe of die regte van hulle slagoffers, en dit sluit nie die R400 000 000,00 per jaar in wat uitbetaal word aan “gratis” regshulp om hierdie tipe oortreders los te kry voor hulle skuldig bevind en gevonnis word nie. Dit sluit ook nie die arrestasies en skuldigbevindings wat gaan plaasvind oor die volgende 25 jaar in nie.
    Hierdie land se weeskinders ontvang van die regering ongeveer 30% van hulle daaglikse behoeftes om ‘n menswaardige bestaan te voer. Weeskinders wat, ten spyte van hulle omstandighede, die potensiaal het om iets van hulle lewens te maak, en nie in ‘n tronk êrens sit en niks doen nie. Hierdie land se pensioentrekkers ontvang ongeveer R860 per maand per persoon. Dit is die mense wat hulle beste produktiewe jare vir hierdie land gegee het. Tog vind die regering dit goed om die skuim van die samelewing wat lewens verwoes sonder om ‘n oog te knip, 100% te subsidiëer met R3 420,00 per maand per persoon, met belastingbetalers fondse. Behuising, kos en mediese sorg vir mense wat geen bydrae maak of gemaak het om van hierdie land ‘n beter plek te maak nie, of hulle medemens gerespekteer het, of hulle eie potensiaal ontwikkel het nie. Dit is persone wie se dade teenoor die gemeenskap so onaanvaarbaar is dat ons hulle nie duld tussen ons en ons kinders nie. Ons stem saam dat hulle opgesluit moet word, sonder om te besef dat hierdie wreedaards oor 25 jaar, op ouderdom 45 (?) vir ons terug gegee gaan word deur die Departement Korrektiewe Dienste. Sonder enige merkwaardige kwalifikasies, werksondervinding, eiendom, familie, mediese of pensioen fonds, of die hoop om enigsens hulle skuld teenoor die gemeenskap terug te betaal nie. En wat gaan gebeur? Ons gaan nog geld moet bydrae om hulle te versorg?
    Die geskatte syfers hier weergegee het net betrekking op gevonnisde misdadigers. As ons kyk na die misdaadstatistieke, wat dit stel dat daar gemiddeld 18 000 moorde per jaar vir die afgelope 13 jaar in Suid Afrika gepleeg word, is dit duidelik dat ons ekonomie nie ‘n 100% sukses-syfer met die arrestasie, verhoor en skuldigbevindings van hierdie misdadigers kan oorleef nie. Kan dit dalk een van die redes wees hoekom ons net omtrent 6% sukses het hiermee?
    Ek was nog nooit ten gunste van die doodstraf nie, en glo ook nie dat dit enigsens as afskrikmiddel dien om toekomstige misdadigers twee keer te laat dink voordat hulle moor nie, maar as ‘n mens na bogenoemde syfers kyk maak ‘n tou met ‘n lus, ‘n valdeur en ‘n goedkoop kis vir hierdie tipe gewetenlose misdadigers absoluut finansiële sin. Kan u vir een oomblik dink watter ongelooflike land Suid Afrika sou wees as al hierdie kostes, plus ons gedwonge uitgawes op veiligheidsmure, elektriese heinings en hekke, wagte, ligte, beweging-sensors, alarmstelsels, gewapende reaksiemag, sateliet opspoorders, diefwering, versekering en misdaadverwante mediese kostes liewer aangewend word om mense op te hef, huise te bou, armoede te verlig, werk te skep, skole te voorsien, hospitale met gehalte diens te voorsien, infrastruktuur te onderhou, paaie te bou, skoon drinkwater te verskaf en genoeg elektrisiteit vir ons groeiende ekonomie beskikbaar te stel. Suid Afrika sou sonder twyfel een van die beste, indien nie die beste land in die wêreld wees om in te woon, te werk en te leef nie.

    Misdaad kos ons meer as wat ons ooit kan bereken.

    Johann Marx
    Direksie: Priora Forum – Handhawer van die Konstitusie
    Direksie: STAND – Standing Together Against Needless Death.
    http://www.deadlinesa.com
    http://www.stand.co.za
    (076)200 0771

  4. Wimpie van der Sandt says:

    aaag ou anonymous….ek is in ‘n goeie mood, kry ‘n lewe, en of guts en skryf jou naam neer, siek eks jaloerse girlfriend dalk?

    ek en steve? mmmm at least sal dit interessante geselskap wees, en ons skryf ons name by as ons iet wil se!

    XRAM…interessante syfers!

  5. Anonymous says:

    So Wimpie, se ons nou of daar ‘n meisie in jou lewe is of nie, met die wat jy ‘n love song op jou Blog skryf kan ons maar net dink! So vertel ons net of ons reg is? ‘n Maklike JA of NEE!

  6. Wimpie van der Sandt says:

    die genuine antwoord is ek weet nie…

  7. Staatsamptenaar says:

    Wimpie ek het Sharks vanoggend gesien en daai kringe onder daai ogies is baie beslis nie net van een nag se min of geen slaap nie, die drol met wie se getroud is, het dan nou die oggend half twee dronk en die ene glitters by die huis gekom, seker by ‘n stripshow en hoer gewees, die arme vrou.

    Naamloos wil jy dalk die meisie in hierdie man se lewe wees? Wat laat my dink jy is jaloers? Volg jou hart Wimpie nie jou verstand nie! STERKTE.

  8. Anonymous says:

    Dink jy moet ophou blog! As jy iemand iets skuld, beter jy regmaak! Aai, as die mense maar net geweet het jy’s ‘n ja-broer!

  9. Anonymous says:

    Jislaaik maar hier’s ‘n klomp of jaloerse ouens of girls of net b…s … los vir Wimps uit..as jul kon beter doen, doen dit, en wow hy en Steve sal ‘n girl nogal ‘n goeie “laaste rondte” gee…so bly stil as jul niks goeds het om te se nie, of beter selfs moenie die blogs lees nie…idiots….

    Mr Scorpio..wat ‘n love song….mmm..amper huil ek….dit klink so seer….wel, jy’t gesien wat se jou sterre vanoggend.

    As jy wil share….eks nie Eskom nie…maar jy weet waar om te “load shed”.
    Lovies
    Virgo

  10. Anonymous says:

    weet jy wat vir hoeveel eeue was die land ons sin en dit was pragtig en mooi dit was gekenmerk as die paradys het alles en dis mooi 14 jaar en hulle hande en daar’s niks oor nie moet dit seker op steve se blog se