Om te Video of nie.

Nou ja, enige mense het jou drumpel, jy kan net soveel vat en ek is nou by myne…

Ja ek is gatvol maar dis nie waaroor dit gaan nie, as ek nie van beter geweet het nie, het ek gedink ek het vir myself ‘n maagseer ontwikkel, ek hetb permanent krampe op my maag en dit voel of en dit voel of ek duisende stukkies glas ingesluk het, die ergste is ek kan nie eers bekostig om ‘n halwe dag van die werk af deur te bring nie.

Daar is ‘n nuwe gier wat hier by ons kop uitsteek en dis die maak van siek video’ss, daar is verskeie redes daarvoor, onder andere die feit dat dit so maklik is om te doen met behulp van van tegnologie soos selfone en so aan….

Die ander rede is eenvoudige TV programme soos Jack-ass en ons eie afrikaanse eweknie “af”.

Hoekom doen mense goed soos neem ander mense se vernedering af, neem kaal video’s van hulself en so aan, die antwoord is nie voor die hand liggend nie, ek dink dit het daarmee uit te waai dat binne in elkeen van ons brand daar ‘n begeerte om bekend/beroemd te wees.

Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, sê die behandeling waaraan werknemers by die Universiteit van die Vrystaat deur studente onderwerp is, moet ten sterkste veroordeel word. Die saak word ondersoek deur die universiteitsowerhede en kan aan die polisie oorhandig word. Die DA het ‘n video-opname in sy besit wat hy na die Menseregtekommissie gaan stuur. Die party gaan die kommissie versoek om die spesifieke gebeure te ondersoek en in die algemeen te kyk na die onderliggende oorsake van rassespanning op die kampus. Die werkers word op die video gedwing om ‘n brousel te eet waarin ‘n student onder meer urineer het.

By my dogter se skool is daar blykbaar ‘n video wat die rondte doen van ‘n kaal-skoolmeisie wat die video afneem om sekerlik bietjie af te show by die se boyfriend, maak jou bang ne…

’n Aardbewing is gevoel oor groot dele van Engeland. Die BBC berig dat oproepe ontvang is van mense in Yorkshire, die Middellande, Manchester, die Teems-vallei, Norfolk, Preston, Newcastle en Londen. Die skudding het byna tien sekondes lank geduur, maar dit is nog nie seker of daar enige skade was nie. Die Britse Geologiese departement sê die skudding het sowat 5,1 op die Richterskaal gemeet en die middelpunt was naby Grimsby in noordoos Lincolnshire, gister was daar twee aardbewings, maak my senuwees kla!

Nou ja dit gaan al wees vir vandag, gaan kyk of ek iets aan hierdie maag kan doen, sien nie kans om heeldag so te voel nie…

Gesels weer more

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Om te Video of nie.

  1. Anonymous says:

    Hi

    Hoop jy voel gou beter. Jy sal moet probeer om bietjie te ontspan.

    Lekker werk

    Ina

  2. SHARKS says:

    Wimpie jy sal maar moet dokter toe, mens speel nie met jou gesondheid nie hoor, daar is nèrens ‘n spaar maag vir jou, geen spaar oge, geen spaar brein nie!!

    Sterkte hoop jy voel sommer gou gou beter.

    Ek myself is teen hierdie siek video’s wat mense maak, die ding met wie ek getroud is – het video clips op sy foon gehad van hom en o.a ‘n rooikop besig …. ek het toevallig op dit afgekom, so ook foto’s wat hy van die mooi dames geneem het, natuurlik sonder klere!

    Hoekom kinders sulke vuil video’s maak sal net hulle weet, ek weet nie eers hoe maak mens ‘n video op jou sel nie, stel ook nie juis belang nie!

    GOU GESOND WORD!