mmmm ek kook op!

Ek is so die wetter in jy kan eiers in my agterent kook….

As ek begin praat gaan baie mense se reputasies moer toe wees en mense kan ontbloot word vir wat julle regtig is, ek is al baie keer van baie goed beskuldig maar wragtig as ek so na party mense kyk is my integriteit bo verdenking, wat ek die afgelope tyd deurgesit en onderwerp is aan, is net eenvoudig skandalig en ek kry nie myself jammer nie ek het dit immers gekies, maar wragtig….. ek is ‘n flippen saint….

Kom ek maar eerder van die onderwerp af beweeg voor ek goed se wat ek eerder nie moet nie…

Dankie vir die gelukwense vir hierdie blog se eerste verjaarsdag…. ek het dit nie gevier nie, daar is net eenvoudig te min tyd in ‘n dag, ek staan nou al 02h00 in die oggend op en is dan soos ‘n mal mens op die rekenaar besig om te werk… ek wonder….

Anyway ek is so naby aan iemand se strot afruk ek is eintlik bang daarvoor.

Elke oggend oppad werk toe is daar een of ander IDIOOT in ‘n blou Volkswagen Golf wat dink hy speel die hoofrol in Leon Schuster se nuwe movie “The fast and hillarious” wat blykbaar in Butlerweg in Springs afspeel.

Dis moeilik om spoed te skat as jy stilstaan en ‘n kar vlieg verby jou teen seker naby aan 180km/h en dit nogal in ‘n 60 sone. Ek kan al sien die treurspel wat gereedmaak om homself af te speel.
Wat is dit met gewone mense dat hulle in breindood idiote verander wanneer jy hulle agter die stuur van ‘n kar sit…. seker maar dieselfde tipe ding wat van doodgoeie mense geldgierige parasiete maak as jy ‘n paar rand voor hulle neuse rondswaai.

Ek is ‘n skerpioen, partykeer is ek trots daarop en ander kere nie, een ding waarop ek trots is, is my beginsels en dit waarvoor ek staan en dis iets wat NIEMAND, nie eers ou anonymous wat so agteraf hier op my blog rondsluip, my van kan beskuldig nie.
Geen hoeveelheid geld, afpersing of dreigemente sal my OOIT van my beginsels laat afwyk nie, ek staan waarvoor ek staan en lojaliteit is nie iets wat jy kan koop nie, ek dink soms hierdie planeet is nie reg vir my nie, ja ek jaag my bollie aan, ek het al lekker drooggemaak in my lewe maar as ek ander mense so kyk, dan is dit vir my absoluut onaanvaarbaar wat ander mense aanvang.

Nou wil ek nie soos ‘n predikant klink nie, maar ons kan nou maar op ons koppe staan en Sarie Marais op Jan Pierewit se wysie deur ons agterente fluit, solank as wat jy en ek dubbelstandaarde het en ‘n attitude van, “almal doen dit anyway” so lank het ons moeilikheid…

Ek bepleit al vir jare ‘n beleid van zero tollerance en solank ons nie daarby uitkom nie, gaan niks verander nie. Elke dag sien ek en jy hoe misdaad gepleeg word en wat doen ons daaraan…..niks…. en dan skreeu ons die hardste oor misdaad en hoe die land in sy kanon in is, bad things happen when good people stand by and do nothing.

Kom ek verduidelik gou, hoeveel keer ‘n dag ry jy verby hierdiie ouens wat DVD’s langs die pad verkoop en onwettige fake sonbrille…. hoeveel keer het jy al iets daaraan gedoen? Sal jy bystaan en kyk hoe ‘n vrou verkrag word en niks daaraan doen nie….. well solank ons daai houding het kan jy maar vergeet en is ons letterlik moer toe! Misdaad is misdaad, of jy 180km/h in ‘n sestig sone jaag en of jy ‘n bank beroof…. dit bly misdaad!

Hou op moan en raak deel van die oplossing!

Dis al vandag, skynheilige en agterbakse dwepers wat een ding verkondig en in die regte lewe ander mense is as wat hulle image voorgee…. bly maar liewer uit my pad uit vandag, dis naby voor ek ‘n paar mense die waarheid oor hulself vertel wat hulle nie wil hoor nie!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to mmmm ek kook op!

  1. SHARKS says:

    (((bang))) Wimpie ek is amper te bang om te comment vanoggend, wie ever hier naamloos is, stuur hom of haar maan toe met ‘n enkelkaartjie.

    Selfrespek, en eerlikheid kan mens met geen geld in hierdie ou w√®reld koop nie, mens is wie en wat jy is, omstandighede sal my ook nooit verander nie, hoekom moet ek myself verneder om aan te pas by ‘n ander persoon, sorry daar is net nie ‘n manier nie!! Ek is wie ek is, en Wimpie jy is wie jy is!! So gebore en so laat staan.

    Stuur die mense wat jou so te moer in maak almal maan toe met ‘n enkelkaartjie sodat hulle mekaar daar kan opf()k!

    Gisteraand ry ek van die skool af, het ‘n konsert van die Campbells bygewoon, ek en juffrou’tjie kom daar ‘n bakkie met een helse gejuig veby ons gevlieg, ek het so groot geskrik, want ek het 60 gery, die bakkie het seker 100 dalk meer gery. Wat besiel die mense om so te jaag in ‘n 60 zone, okay ek het ook sekere skelm paaie waar ek die wind uit my arme kar ry, maar hel nie in ‘n woon gebied nie!!

    Lekker dag vir jou. Hoor hier as mens eiers in jou agterend kan kook, dink net hoe gaan dit stink, poephol vrug stink al klaar so baie!!

  2. Anonymous says:

    ((((flippen bang))))Sharks ek stem saam….wonder wie het die skerpioen uit Wimps uitgebring!!

    Mwah Mwah (dis vir Wimpie, by the way)…

    Lovies
    Virgo

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Baie geluk met jou 1 jaar. Ek was bietjie met verlof, Jasper het ook gister verjaar. Jy moet jou nie steur aan die stront wat anonymous kwyt raak nie hy het niks beter om te doen nie.

    Jy moet lekker werk ek sien jou Saterdag.

    Ina

  4. Anonymous says:

    Hi Wimpie!

    There are tons of people who enjoy waking up to the sound of your voice, I am one of them.

    No one is perfect, we all make mistakes, but it seems to me this anonymous is eaten up with bitterness and jealousy at your popularity and general great personality!

    Take no notice, the wheel turns and all the hurt this person is throwing your way will backfire in a big way!

    Have a great day! Take some Berocca vitamins as you prepare for the concert!

    Wish I could be there but I have to work!

    jean

  5. Anonymous says:

    HI EK IS OOK ANONYMOUS MAAR VERSEKE JOU EK DOEN NET VIR WERKSREDES. EK DINK JY IS ‘N BAK OU EN STUUR GEREELD MY KOMMENTAAR. JY WEET SOMMIGE MENSE GUN ANDER NIKS IN DIE LEWE NIE. AS ONS MAAR KON SAAM STAAN SOOS ONS ANDER RASSE SOU ONS LAND DALK ‘N BAIE BETER PLEK KON WEES. VERGEET VAN ANDER. DIE BELANGRIKSTE PERSOON IN JOU LEWE IS JYSELF EN JOU FAMILIE. JY HET DIT AL REEDS EN ANDER SAL DIT BAIE GRAAG WOU HE.
    LEKKER DAG VIR JOU EN STERKTE MET DIE KONSERT – AMPER DAAR