Luister mooi

Ek is in ‘n baie bevoorregte posissie om vir drie ure van my lewe elke oggend iets te kan doen waarvoor ek ‘n passie het en waarvoor ek baie lief is, ek wonder hoeveel mense staan elke oggend op, al is dit na net ‘n paar ure se slaap en sien uit daarna om te gaan werk?

Die ander kant van my werk is dat jy onder geweldige kritiek deurloop, somtyds geregverdig en somtyds glad nie geregverdig nie, dat jy die hele tyd onder publieke bespreking is en dat jy twee groepe mense kry, diegene wat mal is oor jou en die wat jou haat met ‘n passie en alles moontlik sal doen om jou naam deur die modder te sleep en die wereld so ondraaglik moontlik vir jou sal maak….

Daar is nie ‘n middeweg nie, daar bestaan nie ‘n happy medium nie, dis hoe dit is… Dit alles leer ‘n mens om mee saam te leef en ek is gelukkig lankal verby die stadium in my lewe waar dit my pla as mense my siel hel toe verwens, my vertel ek is ‘n idiot of my attent maak op my reputasie, ek het ‘n werk om te doen en dis wat ek doen as jy nie daarvan hou nie, hoef jy nie na my te luister nie, simpel en eenvoudig, watter deel verstaan jy nie…

As daar iets is wat jy wil weet omtrent my lewe of enigiets anders wat jou nie aangaan nie, kom ek maak dit vir jou maklik, my e-pos adres is vrylik beskikbaar by wimpie@ors.org.za jy is welkom om my te vra, ek was nog nooit ‘n huigelaar nie en sal jou eerlik antwoord as ek dink dit het iets met jou uit te waai, indien nie….weet jy wat om te sorg dat jy, jou kicks kry sal ek dit nog steeds vir jou antwoord….hoe’s daai!

Ek het ‘n kleintjie dood aan huigelaars, selfaangestelde “boodskappers van God”, of mense wat in Pilkington’s se glasfabriek werk en dit durf waag om met ‘n arsenaal klippe regstaan om almal te stenig wat nie hulle siening oor die lewe, mense en dinge deel nie! vir julle het ek net een ding om te se: “F-off” gaan lewe jou eenvoudige lewetjie soos wat jy wil, los my uit, kry ‘n lewe word groot en bo alles hou op om my in jou saai lewe se grense te probeer indruk… jy IS reg, ek is NIE, soos jy nie, ek wil NIE soos jy wees nie en ek stel nie belanfg daarin om ‘n saai vervelige, skinnergevulde bestaan soos jy te voer nie….EK GUN DIT VIR JOU!!!

Ek kan verstaan dat mense soos Steve almal wil donner, ek is net so gatvol vir mense en die snert wat hulle kwytraak, ek dink dis net plein jaloesie, hulle kyk na jou lewe en begeer dit om soos jy te kan kom en gaan soos hulle wil, hulle begeer dit om met mooi blondekop meisies te kan uitgaan en dan begin hulle jou haat….LUISTER NOU MOOI, JOU LEWE IS JOU KEUSE….JY JET DIE LEWE WAT JY VIR JOUSELF TOEGEWENS HET, AS JY NIE MET DIE HAPPY IS NIE DOEN IETS AAN JOUSELF, LOS ANDER MENSE UIT!!

Ek het so bietjie van die punt af geraak… Ek wou se dis vir my nice om elke dag die lewe te kan leef wat ek wil he en nie wat die res van die wereld in my keel afdwing nie, elke dan en wan sit ek op my show, en julle moet een ding verstaan, ek sit met ‘n paar Sennheiser oorfone op my kop en luister na die beste musiek in die wereld op die beste en duidelikste stelsel denkbaar….en weet jy wat….dit is lekker! So daar is nou nog iets om op jaloers te wees!!

Die president is vandag amptelik aan die woord in die parlement, gaan interessant wees om te hoor wat hy te se het…
President Thabo Mbeki sal vandag probeer bewys dat hy steeds in beheer van die land is wanneer hy sy eerste Staatsrede lewer nadat hy in Desember ontsetel is as die leier van die regerende party. Volgens ontleders sal Mbeki, wat ontken dat hy nie meer in tel is nie, sy bes doen om aan Suid-Afrikaners en buitelandse beleggers te bewys dat hy steeds belangrike kwessies kan hanteer soos die elektrisiteitsprobleem wat Afrika se sterkste ekonomie ‘n lelike knou gee.

En laastens…Die Departement van Binnelandse Sake in samewerking met die Robbeneilandse Museum sal die gashere wees van ‘n seremonie op die Eiland waarin verskeie huwelike volgende week op Valentynsdag voltrek word. Die Departement sê dat die jaarlikse geleentheid daarop gemik is om paartjies die geleentheid te gee om hulle belangrikste dag op ‘n plek te vier wat ‘n simbool is van oorwinning oor swaarkry. Daar is reeds 130 huwelike sedert 2000 op die eiland voltrek te midde van groot feesvieringe. Etlike paartjies het al geregistreer vir vanjaar se makietie.

Jy moet ‘n wonderlike naweek he, doen wat dit is wat jy wil doen, vergeet van ander mense en vergeet daarvan om ander mense wat wil he jy moet sekere goed doen want dan gaan hulle gelukkig wees…gelukkig te maak. En as jy een van daai siek skinnerbek, vervelige dwepers is wat sit en wag met groot oe om te kyk wat vang ander mense aan sodat jy iets het om oor te skinner….F jou!!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Luister mooi

  1. SHARKS says:

    Wimpie my pa het altyd gesè ‘n geskinder is soos lekker kos, mense sluk dit te maklik, ek jaag mense weg wat wil skinder, ek het eendag ‘n vrou uit my huis gehelp, omdat sy nie wou loop nie, ek leen my ore glad nie uit vir ‘n geskinder nie.

    Mag jy ‘n heerlike wonderlike rustige naweek hè!

  2. staatsamptenaar says:

    Moet jou eenvoudig net nie steur aan ander mense nie!! Stuur hulle almal maan toe met ‘n enkelkaartjie!!

  3. Anonymous says:

    So bek kort jam…Ek is net so gatvol vir mense wat heeldag loop en kak praat… kry n @!#$%^ lewe

  4. flower power says:

    vee jou alie af aan die mense

  5. Eben says:

    Soe mater maar iemand het jy hoogs de-moer in gemaak!! Ja dis waar, wat jy skrywe, mens het self gekies watter lewe om te lei.

    Ek het ook ‘n vriend wat uitsaai op Radio Laeveld, en soms is dit so dat hy ook bedruk voel as die mense hom aanvat oor sy keuse bv musiek. Die ironie is dat 99% van hom hou, en daardie .0% maak sy lewe borrie.

    ai ai Maar nie te min, lekker dat en naweek.

    Wimpie ek het ook reeds genoem hier, ek sukkel (amper soos sokkol) om comment te los hier. Ek kom soms doodeenvoudig nie in geteken. Ek wonder of die ander ook sukkel? Miskien moet jy oorswaai wordpress toe.

    Cheers vir eers

  6. Big dick says:

    Ek stem saam,as elke ou net gelukkig is met wat om hom aan gaan,en die ander mense uit los sal dit baie beter met almal gaan