Liefde = Karre!

Ek is rerig mal oor my werk!

Ek speel musiek vir drie ure elke oggend met ‘n paar Sennheiser oorfone op my kop en ek kan alles speel wat ek al van vergeet het en dit bring soveel memories terug, wie van julle kan dit se?

Vat nou maar net hierdie song:

Dit is vir my die heel mooiste love song ooit in die geskiedenis, behalwe nou natuurlik vir bed of roses van Bon Jovi…

Dankie vir al die bloggers wat so gereeld kommentaar lewer, ek lees alles, kry dit inteendeel sommer op my selfoon, ek probeer so met al die inskrywings langs alles antwoord… Ek sien die bespiegelings is of ek dalkies verlief geraak het….mmm!

Dis ‘n groot woord met ‘n baie diep betekenis, veral as jy soos ek op rekord is dat die volgende keer wat ek verlief raak, is die keer wat ek trou! So ja kom ons kyk maar, uhm…verlief hmm groot woord vir groot mense!

In die nuus, het Trevor Manual die begroting aangekondig…

Die regering gee individuele belastingbetalers verligting van tot 7,7-miljard rand, die grootste deel van die geraamde tien en ‘n half miljard rand se belastingverligting in die nasionale begroting wat Finansminister Trevor Manuel vandag by die Parlement ingedien het. Die verligting vir die 2008/2009-boekjaar is hoofsaaklik daarop gemik om die invloed van looninflasie teen te werk en hou die meeste voordeel in vir mense met die laagste inkomste. Manuel het ook ‘n vereenvoudigde belastingstelsel vir kleinsake aangekondig.

Die brandstofheffing word met ses sent per liter verhoog, wat dit te staan bring op een rand-27 per liter petrol en een rand-11 sent per liter diesel. Vanjaar se verhoging verteenwoordig ‘n toename van vyf persent vir petrol en 5,7-persent vir diesel. Manuel het ook ‘n nuwe heffing ingestel van twee sent per kilowatt-uur op die verkope van elektrisiteit wat deur steenkool opgewek word. Verbeel ek my of lyk dit of ons moet opdok vir die regering en Eskom se blapsie!

Ek wou nog vertel het van Firkin in Boksburg se Karaoke kompetisie wat al die afgelope drie maande aan die gang is en volgende Dinsdag klaarmaak, ek is een van die judges en wil net noem daar is awesome talent in die laaste rondte wat volgende week plaasvind, die musiekpromoter in my het klaar drie van hulle raakgesien, pasop Eden hier kom ‘n ding! In April bied Wimpie van der Sandt Produksies, Klipdrift en Jacaranda 94.2 ‘n nuwe kompetisie aan, hopelik kan ek my kontakte by ‘n Sondagkoerant gebruik om hulle ook betrokke te kry… Kyk uit vir Battle of the Bands, en as jy ‘n band het laat weet my!

Ek ry toe gister in hierdie tjor…
Ja dis ‘n Rolls Royce Phantom, nee dis nie myne nie, ja hy kos so R4.7m en nee ek het hom nie toetsbestuur om hom te koop nie!
Dis my borg se kar en ek was net ‘n passasier…Damn! eendag is eendag…

Politieke waarnemers verwag hewige reaksie op die ANC-leier, Jacob Zuma, se aanval op President Thabo Mbeki in ‘n hof in Mauritius. Volgens The Argus het Zuma Mbeki beskuldig van ‘n politieke smeerveldtog met korrupsie-aanklagte. Die aantygings word gemaak in ‘n beëdigde verklaring wat in Mauritius afgelê is, waar Zuma tans probeer om amptenare te verhoed om dokumente te oorhandig wat in sy komende bedrogsaak teen hom gebruik kan word. Volgens die verslag sê Zuma dat Mbeki en ‘n staatsaanklaer sy 2005-skorsing as adjunk-president en die skuldigbevinding wat daarop gevolg het, georkestreer het. Zuma word daarvan aangekla dat hy honderde-duisende dollars as omkoopgeld aanvaar het van ‘n Franse wapenvervaardiger. As hy so onskuldig is sal hy dan nie juis wil he dokumente wat sy onskuld bewys moet as getuienis gebruik word nie….en dan praat hulle van ‘n “trial by media”, soms sink jy jouself te lekker met jou eie dade, vergeet van al die legal red tape Jakop Regop…ons is nie almal ongeskoolde village idiots nie!

Lekker Dag almal

Wimpie

PS: Voor ek vergeet Volgende Dinsdag is hierdie blog ‘n jaar ou! Kan nie glo nie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Liefde = Karre!

  1. SHARKS says:

    Wimpie ek kry nie hierdie song oop nie, dit word geblok. Vir my is die mooiste love song (daar is twee) BED OF ROSES en dan AMAZED – man dit is mooi songs.

    Jou blog maak vandag nie veel sin vir hierdie deurmekaar brein van my nie, dalk al die pille en medisyne se skuld, ek dink nie reguit nie. Wel as jy verlief is, baie baie geluk mag dit hou!!

  2. Anonymous says:

    More Wimpie-man

    So wil jy nou voorgee jy is nie verilef nie?

    Nee man, dan was ek al die tyd verkeerd!

    Werp so bietjie lig op die onderwerp man!

    Groete
    Sam Owen

  3. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe! Sam my mond is gesnoer……vir nou!

  4. Anonymous says:

    DIT BLY ‘N LEKKER GEVOEL, GENIET EN HOU DIT VIR JOUSELF SOLANK JY WIL

    LEKKER DAG

  5. Anonymous says:

    Wimpie ek glo nie as jy se jy is nie verlief nie. Met al die love songs wat jy so in die oggend speel kan mens mos maar net wonder.

    Ek gee my beste hoed weg as ek verkeerd is en jy is regtig nie verlief nie.

    Gee ons more net so ‘n ou leidraadjie van wie dit kan wees man? Ons is mos jou getroue aanhangers en dra jou belange op die hart. Jy hoef mos nou nie haar naam te gaan staan en uitblaker nie, jy kan mos net vir ons se wat doen sy en hoe lyk sy en so aan. Ons stel mos maar net belang.

    In elk geval Wimpie, ek glo jy is verlief, so maak die beste daarvan, gebruik jou kanse soos jy moet en trou met die een. Ek en ek is seker van die ander luisteraars wens ook jy kry nou jou trou vrou. Jy het dit nodig in jou lewe.

    Nuuskierige Groete
    TM