Kunstenaars!

En so begin my foon onverpoos te lui van gister af en almal wil by my weet wie is die “oom” van wie Robbie Klay praat….uhm ek weet nie en ek gaan nie hier vir jou se nie, ek het nie lus vir lawsuits nie, dis seker die mees swakbewaarde “geheim in die musiekbedryf”…. en dis nie al nie, ek weet van nog geweldige groot nuus in die bedryf wat nog nie op die lappe is nie en waaroor ek nie nou kan praat nie, trust my die skandale wat oppad is gaan Steve se misstappie soos ‘n kerkpiekniek laat lyk…. Never a dull moment, ek se jou!

Vrouekeur het ‘n baie mooi dubbelblad artikel oor Steve en Anton in die jongste uitgawe …. net een ^&%($ probleem, hulle het die datum verkeerdelik aangegee as 31 Maart, uhm… dis actually 1 Maart hoor!

Dis moeilik om so ‘n show aanmekaar te sit, die logistiek daaragter is ‘n nagmerrie en jy deel met sekerlik, en met reg, die twee grootste ego’s in die musiekbedryf en jy is die heel tyd besig om ‘n baie fyn lyn tussen die twee te handhaaf…

Bemarkingsgewys is daar ongelooflik baie wat moet gebeur en wat gebeur, advertensien se launch op verskillends kanale en mediums moet haarfyn beplan word om jou verkope momentum te gee en om daardie momentum te behou.

So vir die van julle wat dink ek is die laaste tyd bietjie minder tolerant oor goed wat van my geskinder word en miskien is ek bietjie oorsensitief en reg om enigeen se kop af te byt…wel jy is reg…MOENIE NOU MET MY SUKKEL NIE…gaan speel eerder met die leeu in die wildtuin se ….uhm stert!

Die radio onderhoude vir die volgende paar dae by die brealfast show is soos volg….more, dis nou Woensdag, is Suid-Afrika se sexyste man, Stefan Ludick, saam my in die ateljee, Donderdag, is Joe F saam my, Vrydag, hopelik Steve, Anton is Dinsdag aandie beurt, Jennifer Zamidio kom Woensdag ‘n draai maak, so al die handtekening jagters kan gerus die boekies en penne saambring, ek sal gedurende die week die res van die program bekend maak!

Die regering praatlekker los en vas oor die Gautrein wat oor bietjie meer as ‘n jaar moet reg wees….hehehe!

As jy my vra word daar net ‘n nuwe uitlaatklep vir nog misdaadprobleme geskep…. sal jy, jou lewe waag in daai trein en hoe lank dink jou gaan dit lyk voor die trein bietjie laat is en afgebrand word…STERKTE!

Die regering werk aan ‘n plan om sommige Gautengse snelweë te verbeter. Meer bane sal gebou word en die voorgestelde paaie behoort verkeersdruk aansienlik te verminder. Die direkteur-generaal van die Departement van Vervoer, Mpumi Mpofu, sê die projek sal 23-biljoen rand kos. Sy sê dit sal aanvanklik verkeersprobleme veroorsaak, maar sal ‘n verbeterde snelwegstelsel verseker teen 2010. Gedurende die eerste fase sal “moeilike verkeerswisselaars” verbeter word, onder andere Buccleuch, Gillooly’s en ‘n paar ander probleemareas in Pretoria. Ek wonder maar net waar gaan die geld vandaan kom, of die krag om hierdie projekte aan te pak, sonder om negatief of snaaks te wees, die regering se werk is mooi uitgespel vir hulle!

Roy Schneider is in die ouderdom van 75 jaar in Arkansas in Amerika oorlede aan murgkanker, jy sal hom onthou as die akteur wat Jaws in sy maai in opgeblaas het!

As jy wil weet wie het die Grammys gewen, gaan maak ‘n draai by www.grammyawards.com ek persoonlik het heeltemal voeling verloor, het nie ‘n clue wie is vandag se hoof rappers nie!

Die National Union of Mineworkers het Eskom daarvan beskuldig dat hy eensydige besluite neem en dit in werking stel. Die vakbond verwys na die elektrisiteitsmaatskappy se herstrukturering van sy senior bestuur wat volg op ‘n eensydige besluit om die kragtoevoer af te sny na myne. Die NUM sê dat hy by die besluite betrek moes word voordat die myne gedwing is om te sluit of voordat herstrukturering gedoen is. Die algemene sekretaris, Frans Baleni, sê Eskom soek moeilikheid as hy voortgaan om hulle te systap. Hehehe!

En laastens…Ondanks dít wat mans glo, het ‘n opname aan die lig gebring dat die meeste vroue eerder nie op Valentynsdag blomme wil hê nie. Terwyl 69 persent van die mans geglo het dat hulle geliefdes blomme sal verkies op die 14e Februarie, het net een uit elke vier vroue gesê hulle sal daarvan hou om blomme te kry. Volgens Independent Online het 92 persent van die vroue aangedui dat hulle eerder ‘n geskenk soos sjokolade verkies. Hulle sê blomme is onprakties en die pryse buitensporig. Go tell someone who cares….of beter nog….someone with a girlfriend!!

Leker dag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Kunstenaars!

  1. SHARKS says:

    Ons kan plekke ruil vir ‘n dag of twee, ek sal in jou plek kom werk, al daai interviews nice man – net jammer ek kry nie julle stasie op gevang nie, dan kan jy kom sit en edits doen.

    Lekker dag vir jou.

  2. platkuif says:

    yip, soms nie lekker om ‘iets’ te weet,maar jy kan nie uitpraat nie!!! ;-)