Kom bou ‘n brug!

Daar kom ‘n tyd in jou lewe wat jy moet gaan stilsit en vir jouself die vraag afvra of jy dink jy het alles gedoen wat jy kon en as jy positief kan antwoord dan moet jy dit doen, nou so ‘n tyd het vir my aangebreek…

Ek het myself die laaste tyd binne in ‘n bloeiende maagseer in gestress oor die Brugboukonsert, so erg dat my dokter weier om my te sien want ek”jy wil nie luister nie”.

Anyway my dae verloop min of meer so, ek doen my show in die oggend, doen radio en tv onderhoude, jaag deur Centurion toe, meetings, heel dag, gesprekke met al die kunstenaars, meetings met klank en beligtingsmanne, gesels met my prokureur, gesels met die pers, deel kaartjies en akkreditasie uit, maak seker kompetisiewenners se pryse is reg, jaag terug huis toe, kry myself by die hospitaal, le twee ure in die bed met ‘n drip aan die arm en jaag huistoe, probeer soveel moontlik slaap inkry, en moreoggend 04h30 begin als weer van voor af.

Nou dink ek, ek het alles gedoen daar is niks meer wat ek kan doen nie, en dis tyd om vrede te maak daarmee, vir die van julle wat show toe gaan, geniet dit, daar is baie harde werk deur baie mense ingesit, wat alles agter die skerms gebeur het sal jy seker nooit weet nie, maar glo my, daar is baie werk gedoen, ek wil eerstens vir my geduldige borge se baie dankie…

Garnett Parkin en sy span by Brikor, julle is awesome…. woorde ontbreek om hierdie mense te beskryf, daar was nooit ‘n versoek te groot nie, julle is die mees professionele maatskappy waarmee ek nog ooit gedeel het, dieselfde kan ek ongelukkig nie oor EMI se nie, julle weet waar ek julle sien.

So daar’s hy, teen alle odds in is brugbou aan die gang, more op 1 Maart, geniet dit!

Die Jurie Els en Robbie Klay sage, gaan nog bisar word, Jurie se nou Robbie se ma wou hom verlei en al die beweringe teen hom is snert, ek kan nie wag vir hoofstuk twee nie.

Die Universiteit van die Vrystaat sê hy het die vernedering van werkers soos in ‘n video-opname getoon, amptelik aangemeld by die direkteur van Openbare Vervolgings en ‘n afskrif van die video verskaf. ‘n Ondersoekbeampte is aangestel en die voorval word ondesoek. Universiteitswoordvoerder Anton Fisher sê ‘n regsverteenwoordiger vir die werknemers het verklarings by hulle afgeneem. Die universiteit het die betrokke studente uitgewys as Roelof Malherbe en Schalk van der Merwe, wat die kampus verbied is, en twee voormalige studente, Danie Grobler en Johnny Roberts.

Malherbe en Van der Merwe het verskoning gevra vir hulle betrokkenheid by die video, maar sê hulle het nie kwaadwillige bedoelings gehad nie. Hulle het gesê hulle is jammer vir enige verleentheid wat hulle enige mens of groep kon aangedoen het, insluitend hulle ouers. Vroeër het dit bekend geword dat ‘n gewese meisie van een van die studente die video versprei het. Wat is die storie van ‘n vroumense wat seergekry het….hehehe! Hell have no fury like a woman scorned!

Mauritius se prokureur-generaal, Rama Valayden, het formeel beswaar gemaak teen ‘n versoek van die president van die ANC, Jacob Zuma, om inligting te weerhou van Suid-Afrikaanse ondersoekers. Die bewysstukke hou verband met sy komende verhoor op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery. Zuma word daarvan beskuldig dat hy honderde-duisende rande se omkoopgeld aanvaar het van die Franse wapenmaatskappy Thint om ‘n ondersoek te laat vaar na beweerde korrupte regerings-wapenkontrakte. Zuma het vroeër die maand na Mauritius gereis vir samesprekings met Valayden. Mail & Guardian berig dat daar nog geen redes verskaf is vir die besluit nie. Ai Jacob jy is ‘n verleentheid vir die land en soms vat dit buitestaanders om te besef presies wat mense in ander lande wat met ander oe as ons na die saak kyk, daarvan dink….belaglik!

Lekker naweek vir almal, geniet hom!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Kom bou ‘n brug!

  1. SHARKS says:

    Wimpie hoop jy sal ons môre darem kom groet!

    Jy beter begin briek aandraai, anders brand jy jouself heeltemal uit! Dalk moet jy ‘n lekkkkker lang vakansie vat na die show en gaan rus.

    Geniet jou Vrydag.

  2. die brein says:

    Ek hoor Nadine is agt uur by jou, Ek noem haar “die lyf”.Dis nou `n stunning stukkie mens, ah well sy is mooier as `n mens.Vir my sing sy nie mooi nie, maar wie worry nou oor sing?

    Hoop alles is more 100% persent reg vir jou.

    Vir daardie maagseer, eet `n hele dag of twee niks, regtig niks.Drink vroeg die oggend `n koppie kook water wat jy stadig opsip.En later so agtuur weer `n koppie kookwater met `n teelepel Zambuksalf.Dit streel die pyn weg en heel die wond. Drink baie water deur die dag en drink die aand weer `n koppie kookwater met `n teelepel Zambuksalf.
    Die volgende oggend dieselfde, maar jy kan die middag begin eet. Ek het dit al gedoen en ander mense ook so gehelp.

    Lekker naweek en sterkte ou Bees.

  3. Anonymous says:

    Hi liefste nefie

    Jy moet bietjie rus na die show.

    Pas jouself mooi op en baie dankie vir Marius en sy ma se kaartjies.

    Liefde

    Ina

  4. staatsamptenaar says:

    Wimpie julle moet môre die BRUGBOU konsert geniet, en soos Sharks sè draai maar bietjie briek aan.

    Lekker naweek. Ons wil Maandag foto’s sien op jou blog, nie net van die sangers nie, maar ook van die mense, veral die wat kaartjies gewen het.

  5. BUDDEN BLUBBER says:

    Hi Wimpie,

    EK VOEL DIE SELDE AS INA
    !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Liefde
    Anna Marie