Hou bloeddruk!

My vriende reken ek is ‘n “dead man walking”.

So bietjie onder stres die afgelope ruk kry ek toe nou gister ‘n kopseer wat skrik vir niks, een van my pelle het een van hierdie elektroniese masjiene wat jou bloeddruk vir jou neem en ek skrik my agterent af toe die ding wys my bloeddruk is 180/125…

Uhm die tweede keer so 2o minute later was darem 148/120, nog steeds hoog reken die kenners, ek gaan maar vanoggend ‘n vinnige es verby die dokter se kantoor maak….mens weet nooit!

Wat jaag my bloeddruk so op, ek weet nie, miskien is dit net gewone stres, miskien trek ek my te veel aan wat met ander se lewens aangaan en miskien is dit net pure magteloosheid…. jy weet Eskom, misdaad, en die nuutste storie…. die watertekort!

En nou sal ek maar glimlag as jy dink ek is mal om te praat oor ‘n watertekort, dit het dan so baie gereen! Wel die waarheid is dat die riool loop vinniger in die damme en riviere in as die reen, volgens ‘n onlangse studie wat gedoen is, kan ons water binne die volgende ses maande “unfit for human consumption” wees.

Die regering ontken dit natuurlik by monde van die minister….Amper soos die regering by monde van die presidensie ‘n paar jaar gelede ontkon het dat ons ‘n kragkrises in die gesig staar… Klink bekend nie waar nie!

Hulle reken in alles geval as jy gewone kraanwater drink, so twee liter per dag, dis mos wat die dieetkundiges aanbeveel, sal jy nogal redelik gesondheidsprobleme binne ‘n jaar optel! Ek wil nou nie spoke gaan opsoek nie, maar ja doen maar jou eie berekeninge!

Dis alles maar net skrikwekkend en maak mense soos ek ma baie senuagtig … en jaag natuurlik my stres en bloeddruk op! Ek dink ek moet die staat beginne dagvaar vir my gesondheid!

Iemand se gister vir my dis oor ‘n week Valentynsdag en het ek al planne… Uhm hehehe ja nee ek het planne vir daai dag, ek gaan my uiterste bes probeer om nie eers daaraan te dink nie en die hele dag uit my kop uit vee asof daar nie so ‘n dag bestaan nie! Dis in alle geval net ‘n dag wat deur Cardies en CNA uitgedink is as ‘n verskoning om witty kaartjies, wat hulle andersins nooit sou kon verkoop het nie, van die hand te sit.
Ek sien deesdae is die blommewinkels ook volstoom aanboord met Valentynsdag. Alle geval dit smaak my ek en die liefde het op die oomblik ‘n haatverhouding met mekaar aan die gang en om eerlik te wees, dit pla my nie eers meer nie, so een ding is darem maar seker… hierdie boerseun spaar ten minste geld die jaar!

Arme Britney Spears is nog maar steeds in die nuus, kan hulle maar net nie die girl uitlos nie, of sit die wereld en wag vir ‘n tragedie om te gebeur. Die pers is ‘n snaakse spesie, ek wonder of hulle elke dag weet wat hulle aan mense se lewens doen, ek het gister in ‘n epos verwisseling aan ‘n bekende joernalis gese ek is ‘n groot voorstaander van persvryheid, ek is op rekord daarvoor, maar saam met persvryheid gaan die verantwoordelikheid om die Feite na te slaan en te rapporteer, vir presies dit….die feite.

Waar hierdie mense hulle feite kry gaan my verstand te bowe!

In wese is dit seker ook maar waar dat mense maar die geneigdheid het om bietjie te skinder, maar dit beteken ook dat iemand iewers net blatant ‘n liegbek is want die feite kry eolke keer ‘n stertjie by en ek dink die probleem le by mense wat hulle eie interpretasie by die storie voeg…
Daai storie word dan as gospel verkondig, byna onherkenbaar van die oospronklike storie!

Groter ouens as ek het al met daai vrae geworstel en sal seker ook daarmee worstel in die toekoms, ek dink nie ek sal die laaste een wees nie!

Dis my storie vir vandag.
Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Hou bloeddruk!

  1. SHARKS says:

    Hierdie boeregirl spaar ook baie geld want ek gaan hierdie jaar nie ‘n sent uithaal vir Valentynsdag nie!!!!!

  2. BUDDEN BLUBBER says:

    Hallo Neef!

    Ja jong, ek stem saam met die hele geldmaak ding. . .maar dit is steeds lekker om blomme te kry, en ja ek weet dat daar nou mense is wat gaan se dat dit deur die hele jaar moet gebeur maar as mens so besig is dat jy skaars kan asem skep en dan na werk ouer en huisvrou moet speel is daar nie juis tyd vir romanse nie, maar hel…… dis lekker om ‘n dag te he wat mens herrinder dat jy die spesiale persoon in jou lewe moet bederf…(al is dit net met ekstra drukkies) of dit nou jou special someone is of net jou kind!

    En wat Britney betref…… Die arme vrou…Miskien het sy net nodig om oor my skoot getrek te word en ‘n goeie loesing te kry, die amerikaners glo mos nie aan slae nie!

    Liefde

    Spookie

  3. Anonymous says:

    Hi

    Wie bied die Brugbou Konsert aan? ek sien om Jacaranda FM hulle bied dit aan ek dog dit is jy!

    Ina

  4. Wimpie van der Sandt says:

    ina

    wimpie van der sandt produksies bied die show aan, jacaranda 94.2 en kyk-net is MEDIABORGE en Brikor is die hoofborg