Een jaar later!

Dit was ‘n naweek wat so baie belofte gehad het, amper soos wanneer, aaag toema gaan julle nie verveel met details nie, kom ons se maar net laas week se rumours en stories….is maar net dit, rumours en stories…

Saterdagaand toe kuier ek bietjie by Firkin in Boksburg saam Joe F en besef oor presies ‘n week is die hele Steve en Anton konsert iets van die verlede….ek kan nie meer wag nie, ek’t amper genoeg gehad.

Ek besef toe ook sommer ek is moeg om speletjies met mense te speel, ek gaan nie meer saamspeel nie, ek’s moeg gesoek, gaan dit nie meer doen nie.

Die res van die naweek was rustig, ek het saam met Wian gaan kaskarresies hou by sy skool Saterdag, was lekker ek het net besef hy gaan geen Michael Schumacher eendag wees nie, hy het amper agt mense dood gery!

Sondag was rustig, ek het Jumper gaan kyk en iets gekry om te eet en dit was omtrent dit…

Hierdie Blog verjaar vandag op 25 Februarie, vandag presies een jaar terug het hierdie aanlyn dagboek begin, baie dankie vir almal wat dit so getrou ondersteun en al so lank lees wat ek te se het, ek het dit nog altyd gedoen omdat ek dit geniet, dankie dat ander dit saam my geniet.

Waar is al my Blou Bul maatjies die naweek heen, ek het nie een woord van enigeen van julle gehoor die naweek nie, ek was bekommerd julle het dalk iets mee gebeur…..uhm ja iets soos die Crusaders, toema die Stormers het ook weer verloor, die tweede keer in ‘n ry danksy die skeidsregter…
Wie is hierdie Willie Roos, d..s?
As ek Schalk was het ek mnr. Roos ‘n paar goeie klappe gegee en nie net in mooi taal gevra of hy blind is nie, maar nou ja.

Dit bring my by iets wat ek laas jaar op die breakfast show gese het en toe word ek gedreig met die dood deur die Bulle se ondersteuners….Wynand Olivier is die SWAKSTE senter wat ek in my hele lewe nog ooit in aksie gesien het, dink hy moet stick by modelwerk want rugby kan hy nie speel nie!

‘n Frats golf het amok gemaak in Durban, ‘n man is dood en 18 moes gered word, ja nee toema alles is nog cool met die weer, daar is nie foute nie…huh??

Motoriste staar ‘n petrolprys-skok in die gesig met die moontlikheid van ‘n rekordstyging van een-rand per liter binne die volgende twee maande. Ekonome het gewaarsku dat motoriste ongeveer 8-rand-50 per liter sal moet opdok teen April. Die vooruitsig het vrese laat ontstaan dat die land nie ver is van 10-rand-per liter vir brandstof nie. Tony Twine, ‘n senior ekonoom van ‘n Johannesburgse maatskappy, Econometrix, het aan die Sunday Tribune gesê die prys behoort met minstens een-rand te styg gedurende die eerste drie maande van die jaar, met ‘n styging van 60-sent in Maart, gevolg deur 30-sent in April, bo en behalwe ‘n 11-sent brandstofheffing wat verlede week aangekondig is in die Begroting. R10 ‘n liter voor die winter…. wie lag nog vir my oor my elektriese karretjie??

Ingeval jy gewonder het, hier is my heel eerste inskrywing presies ‘n jaar terug, Kan jy glo Sheldean Human is al ‘n jaar terug??:

Hi daar…..wel hier is dit uiteindelik, almal wat gevra het dat ek ‘n Blog kry waar ek kan se wat ek wil sonder die voorskrifte van die media….lank gevat om dit te doen maar reg of nie, hier is Wimpie se eie persoonlike Blog!
Lekker voel sommer soos ‘n nuwe uitdaging, sal probeer om dit daagliks te update waar moontlik!
Gister gaan fliek, The Persuit of Happyness, ek weet dis verkeerd gespel! gaan kyk…. wat ‘n movie elke mens op hierdie planeet aarde behoord die fliek te sien wat dit so great maak is dis gegrond op die ware verhaal van Chris Gardner, die ware Amerikaanse Droom verhaal, google gerus vir Chris Gardner en lees sy storie.
Ek se weer ALMAL OP DIE PLANEET MOET MOET MOET DIT GAAN SIEN!!!
Intussen gaan die lewe voort, vandag bietjie op die breakfast show gesels oor die verskille tussen mense van Sandton en die Oos Rand…..
Daar is baie die grootste seker maar geld, ja toe, hulle het dit en ons het nie.
Misdaad is nog steeds ‘n probleem hier aan die Oos Rand en weet jy wat, julle kan my dreig met die dood so veel julle wil ek sal my se, se en ek sal die polisie bly aanvat oor dwelms tot hulle na my luister en die skuldiges toesluit, wat kan so moeilik wees my geuniformde vriende? As my luisteraars vir julle se waar verkoop hulle dwelms, gaan sluit hulle toe!!!!! Maklik.
As jy nie deel is van die oplossing nie, is jy deel van die probleem mnr. Mbeki, hoe is die misdaadprobleem is Suid-Afrika oordrewe maar jy bou ‘n 90 Miljoen veiligheidsmuur om jou huis, ons gewone Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie…..
Nog iets wat my gruwelooslik die moer in maak is dat sekere mense se lewens duurder of meer werd geag word as ander s’n.
Moenie my verkeerd verstaan nie, ek voel net so jammer vir die familie van Sheldean Human wat vermis word in Pretoria, ‘n jaar of wat is ‘n jong dogter met die naam van Bianca Harris, in Springs ontvoer, sy is nege maande later opgespoor dood en in ‘n vlak graffie, ek onthou nog hoe moes haar ouers die media soebat om ‘n storie daaroor te plaas……Pretoria/Springs……wat is die verskil?….. Anyway ek hoop van harte hulle kry haar en gee aan alle sake in Suid-Afrika dieselfde blootstelling in die media!!!
Robert Mugabe het weer ‘n moerse verjaarsdag gehad…. iets soos R14 miljoen geblaas terwyl sy volk vergaan, wat ‘n idiot….hoe lank kan hy nog leef?
Wel dit was my dag gewees hoop jy gaan elke keer terugkom en kom kyk wat gebeur alles hier op my blog, boekmerk sommer die site en of stuur my ‘n epos met idees as jy dink ons kan die site nog beter maak….praat more, lekker aand.

Kan jy glo dit was ‘n jaar terug?

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Een jaar later!

  1. Karien Enslin says:

    Hi Wimpie…..

    Baie geluk met die Blog se eerste bestaansjaar….mag daar nog baie jare voorle…

    Karien Enslin

  2. Anonymous says:

    BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG BLOG. DIT IS LEKKER OM ELKE OGGEND EERS HIER TE LEES EN DAN DIE DAG TE BEGIN. HOOP DIE VOLGENDE JAAR SAL OOK SO PUIK WEES.
    DIE TYD VLIEG EN DIE LEWE JAAG VOORT. HOOP EK HOOR NOG BAIE VAN JOU
    LEKKER DAG

  3. SHARKS says:

    Baie geluk jou baba al ‘n jaar oud, tyd stap nè.

  4. STAATSAMPTENAAR says:

    Ek lees jou blog nie so lank nie, maar baie geluk.

  5. mykopop says:

    Die konsert se einde kom darem nou Wimpie, ek is net jammer ons gaan dit nie maak nie. Daar sal darem seker ‘n DVD wees?

  6. platkuif says:

    Baie geluk meneer!

    ps.Wynand het Saterdag sy kakste game ooit gespeel…maar hy sal terug kom…watch…dit is goed dat hy en realiteit weer so bietjie ‘bymekaar’ gekom het….

    p