As ek maar kon!

Wanneer jy die koerant oopmaak en die opskrif is van ‘n slagoffer van geweld wat se “ek is klaar met Suid-Afrika” dan raak jy bang vier twee redes, jy weet nie wanner is dit jou beurt nie en jy weet nie wat jy sal doen in daai omstandighede nie, hoe sterk is jy, sal jy diet kan hanteer, hoe sal jy optree, dis dan wanneer daai simpel gevoel by jou opkom wat jou laat magteloos voel en blind van woede laat want dis asof jy teen ‘n muur vasloop!

Dieselfde gevoel van magteloosheid is die afgelope maand ook my stille vennoot, ek gaan eerder niks se nie, mag ek net nooit in my lewe dit word waarmee ek die afgelope tyd mee moes deel nie, en as ek doen hoop ek dat iemand my ‘n paar warm klappe sal gee om wakker te word, ek voel sommer ek gaan iets se waaroor ek later gaan spyt wees so ek gaan nie, weet net dit, Wimpie is nie die gelukkigste mensie op hierdie aarde vandag nie!

Ek wil so graag dit van my skouers afkry en met julle deel sodat julle kan weet hoe mense rerig is maar my mond is ongelukkig…..vir nou….gesnoer!

Miskien is ek net bietjie3 onder stress, of miskien is dit maar net tyd vir die waarheid om uit te kom, ek gaan uithou! Weet net ek sluk lank en swaar!

Die Minister van Onderwys, Naledi Pandor, sê die nuwe Handves van Verantwoordelikheid vir jongmense sal in skole aangebied word as deel van die program vir lewensvaardigheid. Tydens die bekendstelling van die Handves het Pandor gesê daar is ‘n behoefte om ‘n kultuur van respek en verantwoordelikheid te vestig onder jongmense. Die verantwoordelikhede wat deur die Handves bevorder sal word is die reg op gelykheid, menswaardigheid, lewe, familie of ouersorg, opvoeding, werk, vryheid en veiligheid van die persoon, vryheid van godsdiens, lewe in ‘n veilige omgewing en vryheid van uitdrukking. Die publiek kan tot aanstaande maand kommentaar lewer oor die Handves. Ek wil sommer nou kommentaar lewer minister, ek wil vra dat die minister vir Razelle Botha vra wat is haar kommentaar en dat die minister die ouers van die 12 jarige Emily Williams, wat gister begrawe is, vra wat is hulle mening!

Sorg eers dat ons kinders veilig is voor julle tyd mors met allerhande snert, sit die klein goedjies opsy tot die groot dinge uitgesorteer is!

Die Springbokspan het die Laureus toekenning gewen as die beste sportspan in die wereld, om in perspektief te plaas, voor die neuse van die Ferrari F1 span weggerraap! Mooi so manne!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to As ek maar kon!

  1. SHARKS says:

    Geniet jou dag.

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Onthou asb om met Steve te praat oor die gestremde seun.

    Lekker dag

    Ina

  3. Sammi says:

    Daai gevoel van magteloosheid lê soos ‘n hol kol op my maag al die laaste maand.

  4. die brein says:

    Wimpie snaaks ek het ook daardie “companion” die afgelope paar weke.Swaarmoedigheid oor ons verkragte en verotte land.

    Ek luister watse marakkas jy kwyt raak elke oggend.En kyk ‘die brein”
    dra nie `n hoed nie, maar as ek een gedra het sou ek hom afgehaal het vir sekere uitlatings van jou die week.Net jammer jy kan nie heeltemaal jou hart skoonmaak nie.

    Sterkte met die skoner geslag, miskien moet ek my vrou vir jou leen dan sien jy almal is nie so bad nie.(l0l)Ek moet se die een van Hongarye lyk njammies.