Aanstap Afrikanertjies!

Ek het twee kaartjies om weg te gee vir Anton en Steve, as jy hierdie billboard raaksien maak ‘n nota van waar, stuur my die adres en die eerste een wat reg is stuur ek twee kaartjies…

As jy nog kaartjies wil wen maak ‘n draai by Frank se blog, Daaglikse Dosis, hy gee ook kaartjies weg in ‘n kompetisie!

Dit is asof die geskiedenis in Suid-Afrika homself herhaal en herhaal.

Net nou die dag het ons gesels oor transformasie en kwotas in sport, net daarna is Jake White gelos om die beste span te kies vir die wereldbeker, wat ons toe gewen het!
Vandag praat ons weer daaroor, selfde ou storie, dis net elke keer die hoofrolspelers wat verander, Oregan Hoskins se rol word nouy vertolk deur Norman Arendse en die rol van Jake White sal die keer deur Mickey Arthur gespeel word…

Regstellende aksie, transformasie en kwotas….ek is al so siek en sat vir dit dis unbelievable, die land is besig om steleselmatig en met die spoed van witlig uitmekaar te wetter oor hierdie verspotte Afrika mentaliteit van hoe dinge veronderstel is om te werk!

Jy kan nie die foute van die verlede, en ons almal stem saam daar is foute gemaak en baie daarvan, regmaak deur nuwe foute te maak nie, kyk na Eskom, binne 14 jaar is Eskom gereduseer van die trots van Suid-Afrika en een van die wereldlyers op die gebied van energieverskaffing na die laughing stock van die wereld….

Voormalige Eskom grootkoppe, is aan die spits van lande soos Australie en Amerika se energieverskaffing. As daar energie konferensies in die buiteland gehou word klink dit soos Oudtshoorn met die KKNK, daar is meer Afikaners daar as hier!

Dit alles maak mens maar bietjie gatvol en beteken dat jy nie kan verstaan wat dit gaan vat om die regering se oe oop te maak nie, die flipside van die muntstuk is dat mense beginne gatvol raak, en die wat nie erens anders kan gaan nie, gaan begin in opstand kom, jy kan nie mense vir jare aaneen frustreer nie, iewers gaan dit begin oorkook, en die ANC van almal behoort dit die beste te weet, die onderdruktes word die onderdrukkers in ‘n blitsige transformasie proses wat minder as 14 jaar geduur het!

Nou kom Thabo Mbeki en verkondig aan almal wat wil of nie wil luister nie, ons kragprobleme in die land is te wyte aan “ekonomiese groei”….. maar mnr die president jy is dieselfde ou wat net nou die dag erken het Eskom het julle gewaarsku al in 1994 dat daar ‘n probleem gaan wees en julle het toe, soos nou julle gatte daaraan afgevee, die beste wat ek nog gehoor het kom uit die president se toespraak die naweek….”ons kragkrises is te wyte aan die ekonomiese groei in die land”…. huh?? watse snert is dit! Ek beginne dink die leiers van hierdie land droom in die einde die k@k wat hulle aan ons opdis en dan kan hulle nie onthou of hulle dit gedroom het nie!

Kyk ma hoeveel mense wat jy ken is besig om die opsie te ondersoek om na die buiteland te gaan… Ek ken niemand wat nie die laaste tyd daaroor praat nie, ek het nog nie sulke planne nie, maar ek is nou op die punt dat ek bietjie meer belangstelling toon as mense daaroor praat!

Eskom wil help met die kragtekort! Eskom nooi kliënte uit om op sy webblad te registreer en inligting te ontvang oor moontlikhede vir die gebruik van sonkrag as ‘n alternatief vir elektrisiteit wat deur steenkool opgewek word. BuaNews berig dat kliënte, deur te registreer, voordeel kan trek uit die land se sonskynweer en hulle deel kan doen om die aanvraag na energie te verminder. Die webblad bevat inligting oor die program, die voordele van sonkrag en die verskeidenheid stelsels waaruit gekies kan word. Besighede wat sonkragtoerusting verkoop word ook uitgenooi om deel te neem aan die skema.

Op ‘n persoonlike noot, ek het ‘n lekker rustige naweek gehad gaan visvang saam my seuntjie, bietjie gegolf en ‘n movie gaan deurwerk…. Cloverfield…geheimsinnigheid oor die fliek het my dit gaan maak kyk, dit en ‘n baie goeie lokprent…. meaar helaas moenie jou tyd mors nie, as jy die Blairwitch Project gesien het, het jy hierdie rolprent gesien verskil is net toe eersgenoemde uitgekom het was dit nuut en soos ‘n vars briesie en rerig oorspronklik, nou is dit klaar gedoen en vervelig…. Hou maar verby, gaan kyk eerder iets anders!

Hou goeie moed mense!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Aanstap Afrikanertjies!

  1. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ja, wat kan mens sê Wimpie. Boonop hoor ek Thabo verkondig die helfte van die bevolking gaan teen die einde van die jaar digitale terestriële TV-seine beskikbaar hê.

  2. SHARKS says:

    Wimpie ek sukkel my oor ‘n mik om ‘n comment te los.

    Hoop jou Maandag is darem beter as myne, eers vanoggend vir ure in die verkeer vasgesit, skaars by die werk ingestap en ek word oorlaai met werk!!

  3. Big dick! says:

    Dis amazing wat alles in hierdie eens mooie land van ons besig is om te gebeur,Thabo het in die verlede in die buite land rond geneuk soos n wafferse “ou boet”besig om die res van die kontinent se probleeme te probeer oplos,maar vergeet toe van sy eie agterplaas wat uit mekaar tuimel wat het dit hom/ons gehelp net mooi niks!hy moes luister na kenners maar nee,dia ANC is mos moer slim weet ALles,maar eintlik niks!

  4. Big dick! says:

    Die regering wil nou ons sport ook op neuk i.e rugby/krieket van hoekom. . . Dis mos goed wat die whities geniet. . . Praat met iemand wat ingelig is,bleikbaar is die hele jhb se cbd se riool sisteem in sy mo&r in die pype is weg,daar is net “cavities” oor. . . . . Wat gebeur mense?wat gebeur? Ek was in Parys met die wereld beker. . .glo my hul se die sokker is baie grotter as rugby,maar daai plek was jacked up. . .

  5. Big dick! says:

    In Parys moe ons n paar keur publiek toilette gebruik,dis is silver skoon,ons was n groep van 150 mense.wow eter as enige van ons winkel sentrums,die treine/busse alles is optyd,eintlik vroeg!die polisie het nie k&k gevat,die aand toe die pomme Teen die hane speel was hul da in riot gear .Nie die slap gat houding van hier vat slaap en ander goed doen innie karre. . . Hie kom k&k in 2010!!…later!