14 Februarie nog ‘n dag!


Wel dit is Valentynsdag en ek MOET seker maar IETS daaroor se….sug!

Ek weet nie wat is die big deal nie, seker maar omdat daar nie iemand spesiaal in Wimpie-wereld ingetrek het nie….hoekom nie, geen mens weet nie.

Neem my nou maar kwalik as ek in die buiteland beginne soek om ‘n deksel te kry, vat nou maar hierdie girl van Hongarye, ek meen hoeveel moeilikheid kan sy jou nou gee….
Jy gaan haar anyway nie verstaan nie, so dit maak rerig nie saak hoeveel sy kla nie! Ek ken ‘n ou wat vir hom ‘n girl ingevoer het en ek kan nie dink aan een keer wat ek hom al kwaad en/of ongelukkig gesien het nie. Hy vertel my sy vrou dink hy is great en waardeer alles wat hy vir haar doen, ek raak partykeer lus en voer vir my ook een in, die enigste probleem is dat soos dinge nou hier gaan sal ek myself eerder wil uitvoer na haar toe!

Hoe dit ookal sy, jy moet ‘n fantastiese Valentynsdag he, en as jy iemand in jou lewe het, laat daai persoon spesiaal voel vandag en bederf hulle met enigiets behalwe blomme, volgens die kenners se 90% van alle vroue hulle verkies sjokolade bo blomme! Ek sal nie weet nie, miskien kry ek tog nog ‘n ou Valenteinsverrasinkie so deur die loop van die dag! Sal nie geld daarop sit nie!

Joe F is vandag saam my in die ateljee, ek het gister baie lekker saam Stefan Ludik gekuier! Seker een van die niceste ouens in die bedryf, jammer girls hy is klaar gevat, nogal ‘n supermodel wat hom getem het! Saam op die foto is sy broer en kitaarspeler Hugo.
Maandag kuier ek saam met Hugo van so 07H30 af en Dinsdag is Steve Hofmeyr my gas in die ateljee, ek dink ek gaan maar ‘n paar sekuriteitswagte reel!
Jennifer Zamudio kom Woensdag aan die beurt en ek sal weer Maandag die res van die onderhoude laat weet!

Terug by Valentynsdag….okay ek is miskien bietjie bevooroordeeld as dit by die dag kom, ek kan verstaan dat dit nogal vir sommige mense ‘n spesiale dag kan wees en kom ons wees nou maar eerlik, ek dink ons is almal maar bietjie verlief op die gevoel van verlief wees is ons nie…. dit is maar lekker, die geheim is net om daai gevoel van verlief wees te omskep in ‘n permanente gevoel van liefde…. en daar doen ek presies wat ek nie wil doen nie, probeer klink soos ‘n expert op die gevoel van liefde, wat soos my track record aandui, ek beslis nie is nie!

Ek gaan nie vandag swaar politieke stories skryf nie, die eenvoudige rede ek is nie lus vandag daarvoor nie, wil net noem dat Beeld se hoofstorie van vandag oor die Traua-tydbom is ‘n goeie een en een wat ek dink die regering onder oe moet kry!

Wel dis al vandag, ek hoop en vertrou jy het iemand om jou Valentynsdag vir jou spesiaal te maak en jou so bietjie lekker te bederf! Geniet die hele vibe….as jy soos ek is, dan gaan ons ‘n lekker dop of twee drink vanmiddag en onsself troos daaraan dat ons lekker geld gespaar het vandag en diep in ons mou kan ons glimlag vir die lafgeid so om ons, al is dit dan net vir vandag….. en diep in die binnekamers van ons harte dink ons….Julle lucky bliksems!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to 14 Februarie nog ‘n dag!

  1. SHARKS says:

    Wimpie ek het jou alweer getag, gaan loer in daar op my blog, sterkte met hierdie ene.

    Jong ek persoonlik voel hierdie hele valentynsdag ding is net ‘n helse geld maak foefie, ek koop hierdie jaar niks nie, so ek spaar so paar rande – wat ek later op myself gaan uitblaas!!

    Jy praat vandag so waar – dit raak mens aan, op ‘n vreemde snaakse manier, hoekom is party mense se gelukkig en ander so damn ongelukkig.

    Geniet jou VALENTYNSDAG.

  2. Eben says:

    Wimpie, jy sit so lekker smile op my gesig met jou skrywe ” … miskien voer ek myself uit na haar!!” gie gie!! Ek stem sy kan geen probleme vir jou maak nie …

    Ek moet se jy ‘klink’ baie beter as gister, en jy moet ook ‘n lekker dag he.

    Ek stem, Valentine’s dag is net ‘n geld maak storie, iemand word ryk, en verseker is daardie iemand nie ek nie.

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Jong jy moet geduld gebruik die regte deksel sal kom. Moet net nie hals oor kom verlief raak nie. Jy weet wat die verskil is. En ja ou anonymous lewer altyd kommentaar maar dit is suur druiwe oor jy nie meer met sussie uitgaan nie. Ek het gaan kyk na die facebook wat die asshole vir jou geskep het.

    Jy moet lekker werk en ‘n heerlike dag hĂȘ

    Ina

  4. mykopop says:

    Hi Wimpie, ek sal maar almal wat na my kant toe kom verbystuur na jou toe, want by ons is vandag ‘n spesiale dag, kom kyk…

  5. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Wel, ek sit in dieselfde bootjie as jy en ek’s ‘n vrou. Maar ek stem saam, almal is maar verlief op die gevoel van verlief wees. Jy is reg, meeste mense wag vir die dag om vir iemand te wys hulle gee om (die dag waarop pryse verdubbel word), pleks van om die persoon die hele jaar deur te bederf. En bederf hoef jy nie noodwendig geld uit te gee nie. ‘n Lekker rugvryf ens. kan ook die ding doen. Baie mense dink egter omgee word in Rand gemeet.

    Ek gaan soos jy vanaand met ‘n heerlike wyntjie deurbring. Hoop jy het ‘n lekker Valentynsdag!