Wie pers ons af?


Dwelms in nie ‘n joke nie, dis lewensgevaarlik en ‘n speletjie wat maklik in tragedie kan en sal eindig….

Heath Ledger die bekende Australiese akteur, veral bekend vir sy rol as die homoseksuele cowboy in die rolprent brokeback Mountain is dood in ‘n woonstel aangetref na ‘n oordosis dwelms…

Moenie met hierdie gemors deurmekaar raak nie, moenie dit verdedig nie en moenie daarmee eksperimenteer nie, dis gif! Dit gaan jou op een of ander manier doodmaak en ja drank en sigarette is miskien net ‘n legal dwelm maar dit beteken nie dit regverdig die gebruik van ander dwelms nie!

Vanoggend vroeg van seker die betroubaarste bron in die land verneem dat beurtkrag vandag nuwe proporsies gaan aanneem aangesien Eskom vandag die grootste tekort aan krag nog ooit in die geskiedenis van Suid-Afrika gaan ondervind, Vandag is daar ‘n tekort aan 3 500 MW elektrisiteit.

Nou is daar die verhaal van ‘n maatskappy wat 80% van Eskom se steenkool voorsien en nou rondvoeter met die voorsiening van daardie steenkool aan Eskom om sout op die wonde te vryf.

Hierdie steenkool kan blykbaar teen R500 per ton uitgevoer word terwyl die prys aan eskom maar iets soos R60 per ton is, met die gevolg dat die persoon aan wie hierdie myne behoort eerder die steenkool uitvoer as aan Eskom voorsien, nieteenstaande die feit dat daar boetes deur die regering opgehef word as hy nie die nodige kwota aan Eskom voorsien nie, die waarheid is egter daardie boete is so gering in verhouding met die ekstra geld wat hy maak dat hy dit met ‘n smile betaal…

Ek dink dis tyd dat die regering en Eskom oop kaarte met die publiek speel, ons wil weet wie is die voorsiener van elektrisiteit aan Eskom en wat is die storie oor die tekort aan steenkool wat beteken dat die hele Suid-Afrika deur een man gyselaar gehou word!

Suid-Afrika het ‘n besluit uitgestel oor belegging in hoofstroom-elektrisiteitsinfrastrutuur omdat daar destyds gehoop is dat alternatiewe vorms van energie van kleiner voorsieners en in hernubare energie ‘n beter keuse sou wees. So het regeringswoordvoerder Themba Maseko aan die media gesê na vandag se Kabinetsvergadering. Lande wêreldwyd ervaar toenemende druk om koolstofuitlatings uit tradisionele steenkoolaangedrewe kragstasies te beperk. Maseko sê teen 2003 is bitter min vordering gemaak met die skepping van alternatiewe energiebronne en toe het die regering besluit om te belê in Eskom. Dié besluit word tans in werking gestel.

Die regering het vroeër die versekering gegee dat alles moontlik op die hoogste vlak gedoen word om ‘n omvattende oplossing vir die kragkrisis te vind in die kort-, medium- en langtermyn. Die regering sê in ‘n verklaring hy vertrou dat ‘n oplossing reeds op hande is.
Die Demokratiese Alliansie sê nie een van die verantwoordelike ministers, Alec Erwin van Openbare Ondernemings en Buyelwa Sonjica van Minerale en Energie, het ‘n woord gesê noudat die land sy ergste kragvoorsieningskrisis ooit ondervind nie.
En die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê in ‘n verklaring die gebrek aan besteding aan infrastruktuur in die vroeë jare van demokrasie spook nou by die land.

DAAI BAIE MEER IN HIERDIE KRAGTEKORT STORIE AS WAT AAN DIE PUBLIEK VERTEL WORD!!

Later
Wimpie
PS: Hoogste kragtelkort nog, berei jouself voor vir vandag!
En die eerste foto van 2010 is uit!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Wie pers ons af?

  1. SHARKS says:

    Eish !!

  2. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek dink demokrasie is besig om ‘n groot grap te word in die land. Dit behoort mos te beteken ons kies ons eie regering en regeer dus onsself. OK, wel nie vir anti-ANC burgers beskore nie, maar nogtans wil die wat wel die regering kies seker ook krag hê ens. en deursigtigheid hê om te weet hoe ons onsself regeer.

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Ek kon eers vandag opvang op twee weke se lees en kommentaar.

    Dit is soos jy sê mense wat anonymous kommentaar lewer is “common”

    Wat die groot show op 1 Maart aan betref glo ek al die kaartjies gaan uitverkoop. Ek het nog altyd vir Steve ge-admireer aangesien hy erken hy het foute gemaak (menslik niemand is volmaak nie) en dan ook al sy kinders erken nie soos sekere sport stere wat elke dag opgehemel word nie.

    Jy kan vir Jasper kontak oor die visvang hy gaan gereeld en hengel ook Provinsiaal.

    Lekker dag

    Ina