Welkom terug

Die probleem met ‘n vakansie is dit is amper altyd te kort!

Net sodra jy lekker beginne ontspan is dit alles verby en terug na die harde werklikheid.
Ek het lekker die voorreg gehad om vyf wonderlike dae in my gunsteling vakansieplek….Victoriabaai deur te bring, en ek dink ek kan vergewe word as ek beskou word as die reengod, maar bietjie meer daaroor later.
Ek het vyf dae saam my seun op Vicbaai deurgebring voor ek af is na die mooiste Kaap waar ek vier dae by die Waterfront gebly het,die was my uitsig vanuit my R15m vakansie woonstel by die Waterfront, nee dis nie my plekkie nie en ja, die Kaap is nog net so mooi soos altyd en ek sien myself op ‘n balkon iewers in Kampsbaai met ‘n uitsig oor die strand en ‘n lekker braaiplekkie!

Die eerste twee dae in Vicbaai sous dit katte en honde en mense spot my dat ek die reen al die pad van Gauteng saamgebring het, en ek begin dit ook glo!
Die nice ding van reenweer is dit gee jou kans om bietjie op te vang met leeswerk en al die movies wat jy wou sien maar nie tyd voor gehad het nie, ek lees sommer drie boeke kaput die vakansie, al drie hoog aanbeveelbaar, I can make you rich van Paul McKenna, seven habits of highly effective people en ek is amper klaar met Chickensoup for the soul.
Tyd vir fliek was daar ook en van al die movies wat ek die vakansie kon deurwerk het ek I am legend van Will Smith en The Heartbreak Kid die meeste geniet, lekker niksseggende ontspanningsflieks, laasgenoemde het my tot trane gedryf soos ek gelag het.

Almal het altyd nuwejaarsvoornemens wat al hier binne die eerste paar dae in sy maai is, ek het nie so iets die jaar nie, net ‘n stille vasberadenheid wat ek myself mee verbaas, miskien gaan hierdie jaar my jaar wees aangesien ek vir die eerste keer in meer as ‘n dekade op 1 Januarie sonder ‘n hangover opgestaan het aangesien ek op oujaarsaand al teen 23H00 heerlik geslaap het na ‘n stil middag by vriende.

Alle geval ek gaan jou nie verveel met praatjies van Jacob Zuma se ondersteuners dat die land ‘n bloedbad sal word as hy hof toe moet gaan nie, dis nie meer my verantwoordelikheid nie, dis joune om iets daaroor te se.

Vir die rekord, my nuwejaarsvoorneme, sou ek so iets gehad hey sou wees om so ryk as moontlik te word. Wanneer is jy ryk, is jy ryk as jy meer geld het as wat jy ooit kan uitgee of is jy ryk wanneer jy dinge het wat geld nie kan koop nie, dinge soos vrede en innerlike geluk, dinge soos mense wat jou liefhet en die respek van ander, besluit vir jouself of rykdom iets is wat geld kan koop of nie, die geld deel is maar net iets wat uitvloei uit die hele proses van wat ek nou net beskryf het, so ja my nuwejaarsvoorneme die jaar is om so ryk as moontlik te word, doen jouself ‘n guns en gaan skryf dit neer in ‘n doagboek of iets sodat jy elke dag daarna kan kyk en jou onthou wat jy besluit het!

Dankie dat jy terug is om te lees wat ek kwytraak! Mag jou nuwe jaar vol persoonlike rykdom wees op alle gebiede.

Groete
Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Welkom terug

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Welkom terug aan jou ook. Mag dit ‘n jaar vol sukses wees op alle gebiede. Jong ek ding nie rykdom kan ‘n geld gemeet word nie want dit kan nie vir jou geluk en liefde koop nie. Jy moet groete stuur vir jou ouers en Danie-hulle. Sterkte vir 1 Maart

    Liefde

    Ina

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie,

    Stem 200% saam. Rykdom word beslis nie gemeet in wat jy besit of bestuur nie maar wel aan die warmte in jou hart. Die vreugde wat jy bied en die liefde wat jy ontvang.

  3. My Kop Op 'n Blok! says:

    Welkom terug Wimpie, ek ‘suffer’ ook maar lekker vanmore.

    Ek hoop ons kan mekaar ryker maak die jaar!

  4. Wimpie van der Sandt says:

    dankie julle almal

  5. Anonymous says:

    WELKOM TERUG WIMPIE, HOOP JY VOEL SOMMER LUS VIR DIE NUWE JAAR EN VOL LEKKER SHOWS WAT JY GAAN REEL. ALLE LEKKE DINGE KOM SO GOU TOT ‘N EINDE, MAAR HIER IS ONS ALMAL WEER IN DIE TUIG. EK HET WEER DIE VAKANSIE BESEF HOE GELUKKIG ONS IS EN SOMMER NET KLA OMDAT ONS LUS HET. GELD KAN ONGELUKKIG NIE JOU SIEKTE, GEBREK EN LIEFDE KOOP NIE. JOU GEBREKKIGE KIND KAN MET GEEN GELD VERANDER NIE. ONS HET SOVEEL OM ELKE DAG VOOR DANKBAAR TE WEES. KOM ONS MAAK DIE JAAR SAAM DIE BESTE IN ONS LEWENS. VOORSPOED VIR JOU EN JOU FAMILIE.

  6. die brein says:

    Howzit Wimpie

    Wel ja ek begin ook weer Donderdag werk. Ek het nie nuwejaarsvoorneme maar wil regtig die jaar 2008 die jaar maak wat ek sommer `n paar honderd duisend maak of `n miljoen of twee.Ek is regtig gemotiveerd om dit te doen.

    Die verlof was flippen net te kort, selfs `n jaar is te min.Wanneer was jy in Kaapstad ons was ook daar die 21 en 22ste ons was ook by die Waterfront en Kampsbaai en het in die Ritzhotel geslaap.Die weer was lieflik in daardie tyd.In Paternoster en Tietiesbaai was ek die enigste mens wat geswem het en die weer was lieflik, maar ja daardie water was moer koud.Het jy al gekuier in die Paternosterhotel?Dis moerse lekker en fun.

    Ons was ook in Clanwilliam by Erik de Milander se gasteplaas Bushmans cave waar die Broers se dvd gemaak was. Erik is `n besonderse mens en treat jou lekker daar op die plaas, al die Afrikaanse sangers in die land het al op sy plaas opgetree in die bergteater, dis deur en deur die moeite werd om daar te gaan kuier. Daarna was ons vir vyftien dae in Struisbaai en het lekker weer gehad, maar soms erge wind.Ons het lekker rond gekuier in die Overberg, Montagu, Swellendam, Waenhuiskrans,Gansbaai, Hermanus,Stanford ,De Kelders,Bredasdorp, Napier en Agulhas. Stanford is `n ongelooflike dorpie en die grotte by De Kelders het my oorweldig.

    Wel ek hoop jy maak jou baie geld en almal wat hier blog dat al julle wense sal waar word.Mag julle almal `n baie geseende en voorspoedige 2008 beleef.

    Groete Die Brein

  7. SHARKS says:

    Welkom terug aan ieder en elk. Net die beste vir 2008.

  8. Anonymous says:

    Wimpie, as jy vir vryheid van spraak en vryheid in die algemeen staan, hoekom motors se spoed beperk? Daar is geen beperking op die hoeveelheid alkohol wat jy kan koop, sigarette of pornografie wat jy kan kyk nie.
    Vryheid beteken tog dat dit jou keuse is maar dat jy die gevolge van jou keuses moet kan dra?
    Indien motors se spoed beperk word, moet daar slegs twee biere per persoon verkoop word ens.