Vuil wasgoed!


Vuil wasgoed is ‘n lelike ding en dis hoekom mens dit nie in die openbaar wil was nie want ons almal het maar ons eie kwota vuil wasgoed wat jy nie wil he ander mense moet sien nie, almal wil tog nie jou onderbroeke vol gate en somtyds ander goed! sien nie….

Ek sal ‘n volslae hipokraat wees as ek niks se oor die hele Steve Hofmeyr skinderstorie nie, my telefoon het gister nie opgehou lui nie. Dis asof mense hulle self verlustig om my te vra so wat word nou van die groot show.
Die antwoord is eenvoudig, dit affekteer niks nie, wat Steve in sy privaatlewe aanvang is sy saak, ons sal seker gewis daaroor gesels maar dit raak nie die groot show op 1 Maart in Centurion nie.
Om bekend te wees is nie altyd maanskyn en rose nie en dat ‘n mens moet oppas wat jy se en doen en wie jy mee waarheen gaan, is ‘n gegewe.
Sterkte Steve ek WEET wat jy deurgaan op die oomblik en die plek waar jy jouself bevind op die oomblik is nie lekker nie, maar een ding is gewis, die lewe gaan aan en een of ander tyd skyn die son weer!

Ek het ‘n seuntjie van ses jaar oud en soos ek die dinge van die lewe en van manwees geleer het moet hy dit ook leer.
Toe ek ‘n jong man was seker so omtrent sy ouderdom het my oupa eendag my vir ‘n dag dam toe gevat ek gaan leer visvang, nou ek het seker goed so 25 jaar laas visgevang maar het besluit om ten minste vir Wian te vat sodat hy vir homself kan besluit of hy ‘n visserman wil word of nie!
Dis ook ‘n lekker manier om bietjie tyd saam deur te bring. Ek het bietjie onbehep geraak met die storie maar het darem ‘n vis gevang…ek dink dis nogal ‘n grootte, en kon darem nog ingooi…. weg is die dae van stroppe soos my oupa my geleer het om hulle te maak, ek koop hulle sommer nou klaargemaak by die winkel, selle geld poliesmanne, ek weet dadels van floaters en dips en goete af, maar dit was lekker ontspannend vir ‘n paar minute van die wereld en sy probleme vergeet en lekker tyd saam my seuntjie deurgebring!
Ek sal bietjie huiswerk doen die week oor dips en mieliebomme.

Nog is dit nie die einde van beurtkrag nie en inteendeel dit lyk of die lig in die tonnel al kleiner wird, ek het Vrydag geskryf dat ek sal die storie van die steenkool vertel, ek het die storie so half en half bevestig maar wil net seker maak van die feite voor ek dit hier neerpen.
President Thabo Mbeki het by sy huis in Pretoria vergader met Eskom se bestuur oor die beurtkrag wat die land verlam. Presidensiële woordvoerder Mukoni Ratshitanga sê Eskom het die president ingelig oor die aard van die probleem en wat hy beplan om te doen om die situasie te verlig. Hy sê geen spesifieke planne is bespreek nie. Die Kabinet gaan ‘n verklaring oor die kwessie uitreik op sy bosberaad wat dié week in Pretoria gehou word.
Eskom het gister aangekondig dat hy weens die groot tekort aan elektrisiteit opgehou het om krag te voorsien aan buurlande. Woordvoerder Sipho Neke sê die land voer gewoonlik krag uit na Botswana, Namibië en Zimbabwe wanneer daar ‘n oorskot is. Vyf en negentig persent van die krag wat in Suid-Afrika opgewek word, word plaaslik verbruik.
Eskom het ook gewaarsku dat lasverspreiding weer dié week verwag word en dat dit nie lyk of daar ‘n oplossing is vir die probleem in die nabye toekoms nie.

’n Vrou van Pretoria het ‘n man doodgesteek wat haar klere afgesny en haar amper verkrag het. ‘n Een en twintigjarige man het die 20-jarige Chantelle Olivier van Lindopark met ‘n vleismes aangeval. Sy sê sy het ‘n mes in die kombuis in die hande gekry en die man is gesteek terwyl hulle gestoei het. Hy is in haar huis dood. Is jy jammer vir hom….is jy bly daaroor, ek weet wat ek dink, wat dink jy!

Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ‘n laaaaang week wees, baie werk om te doen baie PR werk ook… wees op die uitkyk vir die TV advertensies van Steve en Anton wat Woensdag begin, en ironies genoeg, kry volgende week se Rapport!

Dis al!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to Vuil wasgoed!

  1. Anonymous says:

    Wimpie, jou berekening oor wat kragtekorte die ekonomie kos is oordrewe. Jy moet jou feite nevors soos ‘n goeie joernalis.
    Ons ekonomie was $587 biljoen in 2006 (CIA webwerf). Dus R4226 biljoen (teen R7.2/$). Deel deur 360 (ekonome gebruik dit) gee R11.7b/dag. Tekort aan krag is 3/27 dus 11%. Baie van die tekort word deur huise ens opgeneem, besighede werk oortyd om op te vang, prokureurs gaan steeds aan mer onderhoude ens. Dus slegs 2.5% is verlies.
    Dit werk uit R320miljoen verlies per dag met beurtkrag.
    Waar kry jy jou biljoene?
    Groete.

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Annonymous ek het daardie syfer nie uit my duim gesuig nie, die koste soos jy hom verduidelik is die werklike koste waarmee ek akkoord gaan, die syfer wat ek by escom self gekry het is gegrond op die sogenaamde sneeubal effek, werk wat daaruit sou gelei het, potensiele groei van die ekonomie en werksgeleenthede, alles volgens ‘n formule uitgewerk te ingewikkeld vir my nie-wiskundige brein, maar ek vat jy punt, mooi nagevors!

  3. SHARKS says:

    Wimpie so val ons sterre ook maar, ek was woendend toe ek lees hierdie girl het ‘n absorsie laat doen, hoe kon sy? Dit is moord!

    Wimpie ek het alle respek vir Steve verloor, hoe kon hy sy pragtige vrou verneuk het? My man loop rond, so what? EK is nie mooi nie, dit is seker hoekom!

    Nee jong hierdie vuil wasgoed wat nou so oor en weer gewas word, eish dit is nie nodig nie, hoekom het hulle nie maar hulle privaat lewe vir hulle self gehou nie, help nie hulle wys vingers van die een na die ander een nie, altwee is ewe skuldig kom wat wil. Wat maak ‘n meisie veel jonger as wat die man is, in elk geval alleen saam hom in sy huis? Ek wys nie vingers nie, maar regtig hoor.

    Vir albei kan mens seker maar net sè sterkte.

    Natasha ek ken jou seer, ek weet hoe dit voel, daai vernedering daai pyn die trane, die rowe – dit bly daar, dit bly seer maak, mag jy rus en vrede vind en ware geluk.

  4. Anonymous says:

    Net nòg een held op ‘n podium met voete van klei. Waar ek altyd vir Steve verdedig het in geselskappe, en sy spoegblog se insetsels ingeslurp het, het ek nou my opninie geheel en al verander. Duidelik beteken die huwelik vir hom ziltz! Kan sien hoekom hy en Jacob so lekker om die vuurtjie kon kuier – hul deel dieselfde Afrika gene en probeer dit sovêr moontlik versprei.

  5. platkuif says:

    more!

    oor steve…enough said.

    jou Eskom artikel Vrydag…very good…Is daar ‘n follow up? Ek het die naweek met ‘nou vrind gesels wat ‘n groot gees vir Bafana Bafana was VOOR hulle in banana banana verander het…blykbaar lui sy (en ‘n paar anner sokker administrateurs se fone onophoudelik)…daar is rumours dat FIFA nou vir die eerste keer begin twyfel of SA werklik 2010 gaan maak…die crime pla hulle nie so baie nie,maar die krag tekort is vir hulle ‘n moerse issue.

    lekker dag…en sterkte met daai show 1 Maart…dit kan altwee kante toe gaan ;-)
    p

  6. staatsamptenaar says:

    Sharky ja dit was moord, daar stem ek met jou saam – wat se pot bol praat jy mens, jy is mooi, jou man weet nie hoe om ‘n vrou te hanteer nie, hy sal wel die dag as jy nie meer daar is nie, dit besef, dan is dit te laat vir krokodil trane, hy is die lelike ene, genade mens jy jouself kan beter doen, vir wat jy met hierdie ou man getrou het sal NIEMAND weet nie, want regtig jy kon baie beter gekry het!!

  7. boerinballingskap says:

    Wimps, waar het julle gaan vang? Regtig ‘n gawe vissie wat julle daar uitgetrek het!

  8. Anonymous says:

    Sharky, so van moord gepraat – wie weet wat het geword van die saak van die die vrou wat dood is in die Oosrandse Hospitaal toe die stupid nurse haar met maagsuurmiddel binne-aars ingespuit het? Sulke goed gebeur en vir een dag is dit nuus, daarna hoor mens nooit weer iets nie. Moord het vir elke persoon ‘n ander betekenis. Vir my is dìt blatante moord. Zimbabwe se opposisie dink toe nie dat Mr Mbeki se besoekie verlede week so vreeslike groot sukses was as wat hy te kenne wou gee nie. At least sal Jacob ons met meer passie probeer mislei.

  9. TristonJ says:

    Oor Steve se ek ook maar niks nie…

    die meise wat haar aanvaller dood gemaak het… sy verdien n toekening of iets, want danksy haar sal die man dit aan geen ander vrou kan doen… sulke mense verdien nie om die selfde lug as my kind in te asem…