STRES!

Stress is ‘n lelike ding, dit veroorsaak dat jy sommer ‘n uur te vroeg by die werk is…

Ek hoop nie Steve dink hy is die enigste een wat van Maandag twee keer die trippie hel toe en terug aangepak het nie….

Dankie vir die mooi reaksie op gister se inskrywing, ek het maar net geskryf wat ek op daai oomblik gevoel het en dis gewoonlik maar wanneer dit die beste uitkom want dit kom werklik uit die hart uit…

Nou is ons alweer by nog ‘n naweek en ek is opgestres soos ‘n tennisraket, dink ek moet bietjie tyd opsy sit vir Wimpie. Miskien weer bietjie gaan visvang, dit het my nogals lekker laat ontspan, ek weet net een ding ek kan nie by die huis gaan sit nie ek gaan van my kop af gaan. Ek sal maar sien hoe dinge gaan dan sal ek my storie ook vertel dan sal julle miskien beter verstaan wat ek bedoel.

Alle geval, gister was die heel ergste dag met beurtkrag tot dusver met dele van Johannesburg wat tot 6 ure sonder krag was. Ek verstaan die frustrasies want ek gaan dae om wat dit vir my voel of daar die hele dag geen krag was waar ek ookal was nie, as jy in die Oos Rand bly en elke dag in Johannesburg moet wees voel dit of jy van die een kragonderbreking na die ander een ry, miskien is ek net swartgallig die week, miskien is dit die slegte weer en miskien is dit al die kragonderbrekings, die ure vassit in die verkeer en die algemene frustrasies van ons lewe hier in Suid-Afrika, ek sal net graag wil he iemand moet ‘n studie doen om Suid_afrikaners se stresvlakke te meet met die res van die wereld s’n.
Eskom sê hy is tans verplig om meer ketting-kragonderbrekings in werking te stel as wat hy nog ooit tevore moes doen. Die kragvoorsiener sê daar is uiterste druk op die stelsel en hy besnoei tans 40-duisend kilowatt elektrisiteit dwarsoor die land. Woordvoerder Andrew Etzinger sê hoewel Eskom gehoop het die situasie sou teen vandag verbeter, sal beurtkrag nog môre toegepas moet word, en ook dwarsdeur die naweek.
In Kaapstad het besoekers aan Tafelberg gister groot geskrik toe ‘n kragonderbreking die kabelwaens tot stilstand laat kom het. Hulle het egter net vir ‘n paar minute tussen hemel en aarde gehang voor die waens weer begin beweeg het nadat die kragopwekkers aangeskakel is. Maandagaand was honderde mense ure lank teen die berg en in die kabelwaens gestrand. Moenie in kabelkarretjies en hysers ry nie!

So van stresvlakke gepraat wat maak ‘n jong man soos hierdie ‘n jaggeweer gry, in ‘n plakkerskamp instap en mense voor die voet afmaai. Ek dink dit is van kardinale belang om nie in vandag se Suid-Afrika rassistiese op of aanmerkings voor jou kinders te maak nie, die frustrasie van regstellende aksie, die verval van die land in ‘n derde wereld in en die verwyte van die verlede gekoppel met die onsekerheid van die toekoms kan maklik sulke dinge aanhits, dink mooi wat jy vir of voor jou kinders se.
Verder gaan ek my nie uitlaat oor die saak nie, moord bly moord, wit op swart, OF swart op wit, jy kan dit nie goedpraat nie maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, dis soos misdaad bly misdaad of jy ‘n gesteelde selfoon koop of self die pistool teen die ou se kop hou wanneer jy hom steel, die deler is so goed soos die steler.

Die Springbok-rugbyspan se tweede verowering van die Wêreldbeker het hom ‘n benoeming besorg vir vanjaar se Laureus-sporttoekennings. Die span is benoem in die afdeling vir sportspan van die jaar na ‘n stemming deur die wêreld se media. ‘n Lid van die Laureus Wêreldsportakademie, Morné du Plessis, sê die Bokke se vertonings in 2007 was uitstaande aangesien hulle die toernooi onoorwonne afgesluit het. Die Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet Oscar Pistorius, wat op koolstoflemme hardloop, is benoem in die afdeling vir wêreld-deurbraak van die jaar.

Op ‘n ligter noot, Maria Sharapova se pa het sy vinger oor sy keel getrek my die Australiese ope na sy dogter teen die wereld se nommer een Justine Henin gewen het! Nou se die pers hy lyk soos ‘n misdadiger en deel van die russiese mafia!

Wel ek hoop jy gaan ‘n lekker naweek he, ek beplan om net bietjie te ontstres voor ‘n snaar te styf gespan word in my kop!

Kopopnblok, dankie vir jou lekker positiewe en goed deurdinkte comments wat jy altyd los, ek kry maandag my prius sal dan ‘n paar foto’s neem en verduidelik hoe dit werk, maar nee daar is glad nie elekriesiteit betrokke nie dis hybrid tegnologie met die brandstof enjin wat die batterye laai as dit onder ‘n sekere vlak kom.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to STRES!

  1. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Jy moet ‘n heerlike dag en naweek hê. Dit is soos jy sê water het ‘n kalmeerende uitwerking op ‘n mens. Ons hengel volgende naweek by Roodeplaat dam.

    Ina

  2. SHARKS says:

    Lekker naweek jy

  3. Anonymous says:

    Hi daar,

    Hoop jy gaan ‘n lekker dag he!!!
    Sal meer wil weet oor jou storie, wees positief. Die lewe is te kort vir negatiwiteit!

    Hoop jy gaan beter voel na jou naweek weg

    Groete
    Odette!

  4. Steyn says:

    HI Almal Hou nie verband met jou pos vandag nie, maar meeste van my kliente: Middelurg FeCr, Impala PLatinum ens ens ens. is vandag aangese om al hul oonde af te sit om dat eskom nie krag kan lewer nie. Ek wil nie n draer van doom wees nie, maar hulle praat van 4-6 weke. om jul n idee te gee: Indien n platinum oond staan, verloor die maatskappy 20 miljoen rand per dag. so maak die somme. EEN van my kliente het 3 oonde. 3 x 20 mil runt x (kom ons se tien dae) = 600 miljoen rand se verlies. Imagine watse impak DIT op ons ekonomie gaan he?? As dit 6 weke is, is dit absoluut CHAOS!!

  5. Anonymous says:

    Wat hier gebeur het in die res van Afrika gebeur. Praat met mense wat van Zim en Kenia af kom.
    Daar is ‘n geval in die Swatruggens hof van ‘n man wat vir ure gemartel is en toe vermoor is deur ‘n swarte maar daar was geen uitbarsting deur Wimpie of die regering nie. Daai saak is al 18 maande aan die gang.
    In Beeld was brief na brief vol simpatie met die jong man (terwyl die daad afgekeur was).
    Kees Bruggemans (hoof ekonoom van FNB) het op die nuus gese dat die uittog van kundiges die volgende twee jaar die vorige 10 gaan oortref.
    Lekker bly in swart SA (Wimpie sal seker immigreer mat sy Ierse paspoort) en die res net so agter laat

  6. Anonymous says:

    Hello Wimpie,

    Ek lees nou eers ‘n dag later van jou berig..

    Liefde is nie iets wat jy kan koop nie, liefde is nie iets wat jy kan beplan nie, liefde is iets wat jy kan gee maar soms ontvang jy dit nie terug nie.

    Mense maak voute, en niemand is perfek nie, jy moet ‘n mens aanvaar soos hy is of los soos hy is!

    Almal van ons stap ‘n pad in ons lewe, maar niemand weet of jy op daai pad dalk die regte persoon sal raak loop nie.

    Jy moet net onthou alles gebeur met ‘n doel, dit mag dalk ‘n goeie doel of wel ‘n slegte doel wees, dalk is dit tyd dat ons op hou mense “judge” en hulle begin aanvaar vir wie en wat hulle is!

    Onthou liefde betrap jou wanna jy dit die minste verwag…

    Ek lees nie altyd jou blog nie maar vandag moes ek!

    A_H