so raak dit jou!

Beurtkrag is veronderstel om jou net vir 2 ure op ‘n dag te affekteer, die waarheid is egter baie meer verreikend as wat dit impliseer…

Kom ek gee jou ‘n voorbeeld van my dag gister en hoe ek deur beurtkrag onkant gevang is.
Ek kom so 09h10 gisteroggend by die huis na my show, reg geraai, beurtkrag by my huis, vat my so 10 minute om die elekriese hek oop te kry, gelukkig het ek nou al intussen geleer om my voordeursleutel saam te vat want dis onmoontlik om by die garage in te kom…

Uitendelik is ek in en is dit ‘n gewag tot 10 uur sodat my bediende kan kom want haar sleutel met die remote help dadels sonder krag as ek gery het.
My kar se petrolliggie het reeds aangegaan en ek is oppad Randburg toe, soos jy kan dink is die garage naby my se krag ook af en petrolingooi is uit, vat maar die lang pad N17 aan en dog ek sal maar by Carnival City aftrek en volmaak, daar gekom het jy reggeraai, die vulstasie by Carnival lei onder….ja beurtkrag, kom my halfpad Benoni toe ry om n bank te kry wat werk en ‘n vulstasie wat kan petrol pomp, teen hierdie tyd is ek laat en nie lus vir grappies nie, kom in Randburg by Kyk-net aan en het net buite saam Haddat Viljoen gaan staan en ‘n sigaret rook terwyl ons staan en gesels oor die advertensies vir Steve en Anton se Brugbou konsert sien ek hoe die verkeersligte in Bram Fisher straat doodgaan, ja reg geraai….beurtkrag.

Ek besef ek moet onmiddelik ry om in Pretoria by Radio Rippel uit te kom, spring in die kar vat my omtrend 40 minute om op die snelweg deur dooie verkeersligte te kom, teen die tyd is ek al mooi gatvol.
In pretoria gekom gesels ek gou ‘n paar woorde met die hoofman by Rippel Kobus Rudolph, “verskoon my net gou” maak hy homself uit die voete kannetjie petrol in die hand, reg geraai dis beurtkrag en hulle moet die generator gaan opstart om die radiostasie op die lug te hou. Die hek se sleutel is soek en dit vat my nog so 30 minute voor iemand die hek oopkry en ek uiteindelik kan ry!

Nog is het einde niet, nog een draai om te ry gou Roodepoort toe, ontmoed iemand vir koffie, pak die paadjie terug Springs toe aan my GPS besluit die beste en kortste pad is deur Melville, reg geraai dis hulle beurt ek ry 2 ure huis toe van Roodepoort as gevolg van verkeersligte wat nie werk nie.

Nou se my dat beurtkrag affekteer jou net twee ure per dag…hehehe!

Dit wil lyk of die land se elektrisiteitskrisis elke dag vererger. In die jongste verwikkeling het Eskom gewaarsku dat ingrypende vermindering in aanvraag voor die winter nodig is om ‘n baie kwaai krisis te voorkom. Huishoudings sal daarna moet mik om teen die wintermaande 15 persent minder krag te gebruik om die probleem die hoof te bied. Eskom sê hoewel die nywerheids- en sakesektore by verre die meeste elektrisiteit gebruik, is die probleem met huishoudelike verbruik dat dit in spitstyd gekonsentreer is. Dit is dié spitstyd wat die grootste kopsere veroorsaak. Vyftien persent van huishoudelike krag word gebruik om water te verwarm en deur na sonverhitters oor te skakel, sal die probleem grootliks opgelos kan word.

Steve Hofmeyr….
Dis vir my ongelooflik hoe mense hulle verlustig in ander mense se ongeluk, my foon hou nie ‘n oomblik op lui nie en ek kan die lekkerkry in al die sogenaamde “besorgde ” mense se stemme hoor wanneer hulle simpatie betoon oor my kaartjies “nie gaan verkoop nie” so ek kan net dink hoe die arme Steve moet voel teen die tyd!

So moet ons maar almal planne maak en gelukkig het ek darem ‘n paar ekstra plannetjies wat ek in die mou voer voor die show, so julle wat die gletsers so lekker rondslinger wag maar eers bietjie voor jy die begrafnisbrief begin tik!

Steve ou maat, ek kan nie volledig verstaan waardeur jy gaan nie want ek het nog nooit die media kollig so erg op my gehad dat dit saakgemaak het saam wie ek geslaap of nie geslaap het nie, dit het niks met niemand uit te waai nie en wees verseker as jy jou verlustig in ander mense maak nie saak bekend of onbekend nie, GAAN dit terugkom na jou toe!

Sela en daarmee dan afgehandel! Reel nommer een en die mees belangrikste, “The show MUST go on”.

Dankie vir die terugvoer Platkuif, ek stem dit kan enige kant toe en ons weet dit. Boer ons het bietjie by Vaaldam gaan vang en dit was nogals ‘n mooi vis, ek dink dit was ‘n karp!

En die akteurs Lindsay Lohan en Eddie Murphy het saam 17 benoemings ontvang in die afdeling vir swakste rolprent van die jaar in die jaarlikse Razzie-toekennings. Lohan se I Know Who Killed Me is benoem vir nege Razzie’s, en Murphy se Norbit vir ag. Murphy het ook vyf benoemings gekry as die swakste akteur – nadat hy verlede jaar ‘n Oscar gewen het vir Dreamgirls. Die stigter van die Razzie’s, John Wilson, sê I Know Who Killed Me is die wonderlikste breinlose fliek sedert die negentigerjare.

Later
Wimpie

PS: Op ‘n ligter noot sien hierdie 5 Eskom werkers besig om maintenance werk te doen hehehe! En ek hoor Eskom het vir Steve die pos aangebied as CEO van Eskom….hmmm hy steek blykbaar die hele land aan die brand! hehehe!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to so raak dit jou!

  1. SHARKS says:

    Môre laat ek gou gou blog en blogs lees voor ons weer in die donker moet sit.

  2. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek dink ons moet maar ‘n ander houding begin hê oor die beurtkrag – ons moet voorbereid wees – amper soos “paraatheid” in die ou dae. Ek het eers ‘n 2.5kVA opwekker gekoop wat ek toe moes terugvat, op die ou end was al wat ek nog kon kry teen ‘n billike prys ‘n 800Watt, sien http://mykopop.wordpress.com/2008/01/20/opwenkrag-2/

    Ek wonder of dit nie al is wat mens nodig het nie, net om darem TV te kan kyk en selfs elektriese hekke ens. te kan oopmaak.

    Soos ek voortgaan sal ek nog blog en my plannetjies deel. Een van die dinge wat ek dink mens moet doen is om so 2l petrol in ‘n kan in elke kar te hou en nog soveel in die huis iewers, pasop net vir te veel vir ‘n brandgevaar.

  3. die brein says:

    Ja Wimpie die klomp klipgooiers sal altyd met ons wees.Moenie worrie nie jy gaan al die kaartjies uitverkoop.Steve sal dit oorleef.