Persoonlike goed!

Ek wil net gou iets opklaar, hierdie blog is presies dit, ‘n aanlyn dagboek, ek is nie besig om hier ‘n boek te skryf wat ek gaan redigeer, deurgaan vir tik-en taalfoute ens. nie.

Ek doen gewoonlik hierdie blog tussen 6vm en 7vm, alles goed en wel sal jy dink, wel kom ek vertel jou wat doen ek nog tussen 6 en 7. 06h10 doen ek die weer en berei my voor vir die wereld in 15 minute van 06h30-06h45. Dan moet ek gou enige foto’s wat ek wil plaas insit en myself voorberei vir die nuus, wat ek self lees, en die verkeer, wat ek self doe om 07h00, en tussendeur moet ek die luisteraars se oproepe hanteer vir hulle luisteraarskeuse en ek moet songs aankondig en bietjie gesels op die lug, so weet jy wat as daar nou en dan ‘n typo insluit of ‘n taalfout of wat ookal….then so be it!

Harley ballbanger, of wat jou naam ookal is, ek daag jou uit om dit te kom doen en kyk hoe ver kom jy!

Dis net ‘n grief wat ek gister gehad het met iemand se comment.

Dankie aan almal wat so getrou comment hier op my site, wees verseker ek kry elke opmerking, sommer direk op my selfoon wanneer jy hom plaas.

1 Maart le om die draai en soos jy jou seker kan indink is voorbereidings nou in volle gang, ek is omtrent elke dag in vergaderings en omtrent elke dag in Sandton of Midrand, ek wonder hoeveel van julle dink, jy bel gou ‘n paar kunstenaars en reel so ‘n show, wel ek kan jou verseker, dit werk nie so nie, dit is baie harde werk, daar is soveel dinge wat gereel moet word dat jy eintlik mense nodig het om, om te sien na verskillende aspekte van die show, dink maar aan die kunstenaars wat optree, klank beligting, verhoog, bestuur, advertensies en bemarking, video, ag te veel om op te noem, uiteinde van die saak is jy sit en kom kyk ‘n show en dink nie eers aan al die bloedsweet en stres wat daarin gaan nie, wel dis my keuse en ek kla nie, se maar net.

Mense is snaakse goed en sal jou teleurstel, ek dink ons almal dra maar in ‘n mate maskers en ons almal vang maar nonsens aan op een of ander manier, ek gaan nie vandag klippe gooi na iemand toe wat my belieg en bedrieg het die afgelope paar maande nie, ek gaan net se die waarheid het maar altyd een of ander manier om uit te kom. Ek voel jammer vir jou, regtig ek doen, bo alles hoop en vertrou ek dat jy van hier af die paadjie wat jy gaan loop, versigtig kies en mooi oor gaan nadink, stap daai paadjie en stap hom na die beste van jou wete op die beste moontlike manier, weet dat ek nie op daai paadjie saam jou gaan wees nie, maar weet dat ek aan jou sal dink en weet dat ek jou net die beste gaan toewens, weet dat ek nooit, soos jy doen, oor jou gaan nonsens praat nie en weet dat die paar maande wat ons saam was iewers in my hart opgesluit is en daar sal bly in die binnekamers van my hart en eendag as ek oud is en op die stoep sit by die ouetehuis en terugdink aan my lewe sal daar ‘n sleutel wees wat daai deur kan oopsluit en dan kan ek vinnig daarin loer, en ek sal…..Sterkte!

Dit was net ‘n vinnige persoonlike dingetjie, vergun my.

Op nog ‘n persoonlike noot ek het toe gister ‘n Toyota Prius by Toyota SA gekry en ek wil se, die kar is eenvoudig ongelooflik, tegnologies seker die mees gevorderde voertuig wat ek nog bestuur het, ek vertel more meer en plaas vir jou ‘n foto van die kar, intussen kan jy maar uitkyk vir my op die paaie hy’s silwer….vir nou…!

Intussen berig die Cape Times dat die kragkrisis twyfel laat ontstaan of die land se infrastruktuur kan byhou met ‘n ekonomiese oplewing terwyl die land voorberei vir 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi. Analiste sê die land se bestaande infrastruktuur is gebou vir ‘n ekonomie wat jaarliks groei teen sowat 3,5 persent, maar is die afgelope drie jaar tot die uiterste beproef met uitbreiding van gemiddeld net meer as vyf persent per jaar. Klink dit vir jou soos voorbrand wat gemaak word oor ‘n aankondiging oor die groot sokker in 2010….ek hoop ek is verkeerd!

Dis my storie vir vandag…sterkte en ‘n lekkr dag vir almal….gedagte vir die dag waarmee ek jou los…MOENIE AAN ANDER DOEN WAT JY NIE AAN JOUSELF GEDOEN WIL HE NIE, DIT SAL JOU INHAAL.

Later

Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Persoonlike goed!

  1. Anonymous says:

    Ek kan nou net nie die daaglikse stukkies van jou los nie, al het ek my voorgeneem. Het so ‘n Russiese girl geken wat wel met ‘n Suid Afrikaner getrou het, maar weet jy, dit was altyd ‘n gemoun en groun – die ou kon nie rustig raak nie en het gedurig rondgeloop. Hoe dan nou anders? Mense is “weird”. Voorspoed met die show.

  2. SHARKS says:

    Wimpie dit is mos jou blog, jy mag maar vinger foute maak, almal het gereeld op hulle blogs of comments vingerfoute, so what?

    Geniet jou blog baie.

  3. Anonymous says:

    Hi daar,

    Hoop jy het ‘n fantastiese dag. Jammer as ek jou onstel het!!

    Kan nie wag vir die show nie, dit gaan great wees…
    Geniet jou kar tenvolle!

    Groete
    Odette…

  4. My Kop Op 'n Blok! says:

    Nes Sharksie ook sê, dis jou persoonlike blog, so jy kan sê wat jy persoonlik wil, met inagneming van jou eie beginsels, soos jou gedagte van die dag!

    Hey, ek wag om meer te hoor van die Prius!

    My gedagte vir die dag op my blog?

    ONS ES KOMMIN!

  5. Wimpie van der Sandt says:

    anonymous, hoekom wou jy ophou lees, het ek jou kwaad gemaak….sorry!

    dankie sharks!

    odette… ek is nie kwaad vir jou nie, ek word nooit kwaad nie, het jy my gedagte vir die dag gelees? ek dink dit se alles…lekker dagi!

    Kop… ek vertel more alles van die prius!

  6. SHARKS says:

    Wimpie vryf dit nou in toe, ons (ek) is sommer baie jaloers op daai mooi wiele van jou!! Gaan jou kom hi-jack hoor, pasop, dan is die kar sommer wit en swart sal lyk soos ‘n shark as ek met hom klaar is!!

    Geniet jou wiele.

  7. Anonymous says:

    EK DAAG ENIGE IEMAND UIT OM TE GAAN DOEN WAT JY DOEN EN DAN NOG ‘N GRAP DAARAN TE MAAK. MOENIE JOU STEUR AAN ANDER GEMORS NIE WANT HULLE IS NIKS ANDER AS DIT NIE EN EK VERSEKER JOU HULLE KAN DALK NIE EERS SELF SPEL NIE. ‘N MENS SIEN ALTYD NET ANDER SE FOUTE RAAK, MAAR IS GEWOONLIK BLIND VIR JOU EIE. JY BLY GREAT EN EK SAL ALTYD VIR JOU OPKOM, MAAK NIE SAAK WAT. EK BESKERM OOK VIR STEVE NES EK VIR JOU BESKERM. GENIET JOU DAG EN LAG VIR ALMNAL

  8. Anonymous says:

    Hi

    Jy moot ontspan jong. Kan jy asb vir my ‘n foto van jou Pa se BMW mail daar is iemand wat belangstel en wil dit op die web sit.

    Lekker werk

    Ina

  9. Anonymous says:

    practice what u preach!

  10. UNDERTAKER says:

    welgedaan, spelling of the not! geniet jou blog net so baie!

  11. Anonymous says:

    ‘k wou oophou lees want ek was vies vir Steve en hy’s jou pêl en het jy vir hom opgekom… maar as hy my persoonlike vriend was, sou ek sekerlik ook probeer buffer het.