Leuens wat uitkom!

Die mynbedryf en regeringsverteenwoordigers vergader weer vandag in ‘n poging om ‘n praktiese oplossing te kry vir die kragkrisis wat reeds miljoene rande se verliese veroorsaak het en duisende werkgeleenthede bedreig. Myne kon gister ondergrondse instandhoudingswerk hervat, maar mynbedrywigheide kon nie voortgaan nie ondanks krisissamesprekings die naweek. Eskom sê hy kan nie voldoende elektrisiteit aan myne waarborg om die veiligheid van werkers te verseker nie. Die mynbedryf het voor die krisis sowat 200-miljoen rand per dag verdien. Mynamptenare, die regering en verteenwoordigers van Eskom gaan weer oormôre vergader.

Leuens het ‘n manier om uit te kom maak nie saak hoeveel geld jy het om dit te probeer toesmeer af watse bemarking jy agter jou het nie, ek het reeds lankal geleer om te probeer maar eerder oop kaarte speel, ‘n lessie wat Eskom nog moet leer…

Carte Blanche het amper gisteraand hierdie blog gescoop maar nie heeltemal nie, as jy na die afgelope week of wat se inskrywings oor Escom gekyk het, sou jy gesien het ek sinspeel lank reeds dat een van die redes vir die kragtekorte wat die land lamle is ‘n probleem met die steenkool.
Ek verneem op goeie gesag dat die hoofverskaffer van steenkool aan Eskom die kragreur aan die korthare beet het. Steenkool word uitgevoer teen ‘n baie beter prys as wat Eskom bereid is om daarvoor te betaal.

Hier is nog ‘n bom, die steenkoolverskaffer het aandele in 80% van Suid-Afrika se myne in dit is die ware rede hoekom elektrisiteitvoorsiening aan die myne gesny is, Eskom het in ‘n hoevlak vergadering gese, geen steenkool, geen elektrisiteit vir die myne nie…
Ek het dit op baie goeie gesag verneem en alhoewel ek nie bronne kan bekend maak nie, kan jy my glo daar is nie veel groter gesag as waar ek dit gehoor het nie.
Nou kom die vraag onwillekeurig by my op, wie is in beheer van openbare verhoudings by Eskom, hoeveel salaris verdien daai ou, en vir wat?

Jy dink net Suid-Afrikaners is keelvol vir hoe dit in die land gaan…nee! Die Nieu-Seelandse anti-apartheidstryder John Minto weier om die Suid-Afrikaanse regering se hoogste toekenning vir buitelanders te ontvang omdat hy hoogs ontsteld is oor toestande in die land. Minto is deur ‘n Suid-Afrikaanse regeringsverteenwoordiger benoem vir die Kameraad van OR Tambo-toekenning, maar wil hê dit moet terug getrek word. Die BBC berig dat Minto sê Suid-Afrika was die demokratiese land met soveel hoop, maar het ‘n land van die diepste teleurstelling geword vir talle mense, en beslis vir hom.

Hier is ‘n lekker tameletjie vir die manne wat die blog lees, sal jy hierdie girl invoer van Rusland af vir jou? Sy is 26 jaar oud, wil graag uit Rusland wegkom en sy beskryf haarself as iemand wat na jou gaan luister, jou nooit moeilikheid sal gee nie en met jou sal trou en alles vir jou sal wees wat Suid-Afrikaanse girls nie kan of wil wees nie.
Al wat jy moet doen is die vliegtuigkaartjie betaal, eers bietjie korrespondensie met haar voer om te wys julle is compatable, en natuurlik bietjie help met die Engels! Sy kan nie verstaan dat Suid-Afrikaanse girls so vol nonsens is nie, en sy hulle moet bietjie in Rusland gaan bly sodat hulle kan sien hoe bevoorreg hulle is! Wel sal jy dit doen, sy sal elke aand by die huis vir jou wag en wanneer sy saam jou uitgaan gaan jy trots wees om so ‘n blonde skoonheid aan jou sy te he…
Wel sal jy? Mmm miskien is dit die antwoord vir ouens soos ek….en miskien jy hehehe! Ek dink dis die moeite werd om ten minste aan te dink, miskien is daar ‘n besigheidsgeleentheid vir iemand, voer lekker mooi stunning girls in vanaf Rusland vir eensame suksesvolle Suid-Afrikaners….mmm?

Lanklaas bietjie sport gepraat, ek het gisteraand probeer om Bafana Bafana se getjommel in die Afrikabeker te kyk en kon dit amper regkry….vir so tien minute, ek het myself nog nooit uitgegee as ‘n sokkerkenner nie maar jy hoef nie ‘n klavier te kan speel om te hoor as hy vals is nie, dieselfde met sokker jy hoef nie ‘n kenner te wees om te sien hierdie ouens het nie ‘n cooking clue wat hulle doen nie!
Vir die rekord 3-1 was die telling teen Tunisië…
Geluk aan Jacques Kallis nog ‘n eendag honderdtal teen die Windies, is hy nou Suid-Afrika se beste kolwer ooit?

Lyk my asof die Somer uiteindelik wil begin en daar gaan doen ek dit weer, heeltemal nie meer gewoond aan die son nie gaan verbrand ek myself weer stukkend gister…..ai Wimpie!

Vandag kry ek my Prius by Toyota Suid-Afrika, sal jylle more wys hoe lyk hy!

Later
Wimpie
PS: ‘n Russiese import, nou daar is vir jou ‘n ding!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Leuens wat uitkom!

  1. My Kop Op 'n Blok! says:

    As steenkool regtig in die buiteland verkoop kan word vir soveel meer, dan het ons moelikheid. Of miskien nie – dalk sal dit ons op die lang termyn dwing om oor se skakel na skoner energiebronne.

    Ek dink daai Russiese meisie het ‘n wanbegrip. As sy dink sy kan heel dag hier kom by die huis sit en mooi lyk en wag vir haar man om by die huis te kom maak sy ‘n fout. Hier moet vroue WERK!

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Wat die Russiese meisie aan betref.

    “Die gras is altyd groener aan die anderkant van die draad want daar is meer K@K”

    Lekker dag

    Ina

  3. Anonymous says:

    Wimpie,

    Shame, die arme Russiese girl het heel duidelik ‘n probleem, want geen normale mens wil vertrek na ‘n ander land in die hoop om ‘n man te vang nie!! Sy moet sekerlik baie hardop wees, ek meen life’s a journey, enjoy the ride!!!

    Groete…
    ?

  4. SHARKS says:

    Daai girl is nie verniet so blond nie, sy verkeer duidelik onder ‘n wanindruk, ons vrouens werk ons gatte af vir dit wat ons het, dit val beslis nie van ‘n boom af nie. Nee wat sy het die kat aan die gat beet!!

  5. Anonymous says:

    Nav die Russiese girl: If something is too good to be true…it usually is!

  6. Anonymous says:

    Hi daar

    Het jy toe jou kar gekry?

    Jou moeder sê jy werk jou alie af aan die brug bou optrede. Moedhou dit gaan ‘n sukses wees!!!!!

    Liefde

    Ina

  7. Zakiya says:

    Oor die Russiese meisie. Ek is nou nie so mooi soos sy nie maar ek was ‘n goeie vrou vir my man en was alles wat ‘n Suid Afrikaanse man wou he, my man het my nog steeds weggesmyt vir ‘n vrou wat leliker is as ek, sy kan nie kook of huis hou nie en sy is vrot in die bed. En sy loop altyd rond. Al wat sy het wat ek nie het is geld. So ek dink die mans moet ook maar ‘n bietjie hulle eie kaste skoon maak, of hoe? Ek geniet jou blog baie dankie vir jou moeite.