Karre en dinge!

Stap vanoggend toe sommer in ‘n heel nuwe ateljee in, snaaks hoe verdwaal mens voel as hulle net ‘n paar goedjies rondskuif!

Ek het maar die laaste dag of wat besluit om ou koeie te los net waar hulle is en om nie betrokke te raak in pogings om lewe te blaas in iets wat reeds dood is nie….. dis maar my stukkie wysheid vir die dag, dit en oppas vir die wraak van mense…. gelukkig het mens ‘n keuse in die lewe, jy kan saamspeel of jy kan net heeltemal onttrek aan alle en enige toekomstige speletjies!

Genoeg!

Almal vra my uit oor die Toyota Prius…..
Wel waar begin ‘n mens, behalwe om te se dit is seker wat gadgets en tegnologie aanbetref, die mees gevorderdste motor wat ek nog bestuur het.
Die petrolverbruik van hierdie motor is absurd, ek meen ek rits die hele wereld vol en ek kom nie juis agter dat ek al brandstof verbruik het nie, dit vat ‘n rukkie om gewoond te raak daaraan dat jy nie ratte het nie. Dink aan ‘n outomatiese motor wat nie oorskakel na ‘n ander rat nie…..!

Dit neem ook ‘n rukkie om die werking van al die gadgets onder die knie te kry, ek dink nie ek weet enigiets van die volle potensiaal van al hierdie wonderlike “goeters” wat jou lewe as bestuurder makliker maak nie!

Hoe werk die Prius, wel dis ‘n kombinasie van Petrol en batterykrag wat sorg vir ‘n unieke bestuurservaring wat moeilik is om vir iemand te beskryf, soos wat jy al die gewone dinge doen wat ‘n bestuurder elke dag maar doen, word daardie energie gebruik om die battery te laai en te herlaai om jou die maksimum werkverrigting te gee, en nee jy “plug” nie vanaand die kar in die muur in om te laai voor jy gaan slaap nie….kan jy dink watse katestrofiese gevolge dit sou gehad het met die beurtkrag wat ons tans ondervind!

Soos jy ry, rem trap versnel en deur al jou gewone dinge gaan wat jy as bestuurder sou gedoen het in alle geval, word die energie aangewend en gebruik om te verseker dat nog energie gegenereer word.

Maar hy ry die kar, hoor ek jou vra… wel wat werkverrigting aanbetref, was ek aangenaam verras, maar nou moet jy ook in ag neem dat ek al etlike jare gelede verby my “fast and hillarius” stadium is. Ek wil lankal nie meer teen 200km/u rondjaag nie en het gevolglik maar min simpatie met mense wat wil, die Prius het vir my meer as genoeg woema, so 185km/u en 0-100 in 10 sekondes, ek meen hoe vinnig wil jy ry?
Die ander ding wat jou sal verbaas is hoe ruim die motor is, as jy gedink het dis ‘n klein karretjie, dink weer, die Prius is seker gemaklik dieselfde grootte binne as die BMW 3-reeks, as jy die geleentheid kry om een te bestuur, maak gebruik daarvan ek verstout my om te se jy gaan baie aangenaam verras wees, dit vat ‘n dag of wat om gewoond te raak aan alles wat bietjie anders is, maar as jy eers gewoond is daaraan gaan jy baie moeilik van hierdie “groen” motor afskeid neem….en nee myne is silwer!

Suid-Afrika se goudmynbedryf is besig om sy produksie ten volle te herstel nadat myne verlede week moes sluit weens kragtekorte. AngloGold Ashanti, Gold Fields en De Beers sê hulle verwag om teen Vrydag of vroeg volgende week weer ten volle in bedryf te wees. Fin24 berig dat die verklarings uitgereik is nadat die minister van Openbare Ondernemings, Alec Erwin, gister gesê het die myne behoort teen môre 90% van hulle krag terug te hê. Eskom het onderneem om die bedryf minstens vier uur kennis te gee voor enige verdere ontwrigting in die kragtoevoer. Ja sure!

Zimbabwe se Hoërhof het beveel dat die Britse eiendomsmagnaat Nicholas van Hoogstraten uit polisie-aanhouding vrygelaat moet word omdat hy langer aangehou word as wat die wet toelaat. Die 63-jarige Van Hoogstraten is Donderdag in hegtenis geneem tydens ‘n polisie-klopjag op sy huis en aangekla van die heffing van huurgeld op sy eiendom in buitelandse valuta, wat strydig met die wet is. Independent Online berig dat hy ontken dat hy enigiets onwettig gedoen het. Van Hoogstraten besit sowat 200 woon- en sake-eiendomme in Zimbabwe.

Lekker!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Karre en dinge!

  1. SHARKS says:

    Wimpie geniet jou kar, dit is regtig ‘n baie mooi kar hoor. Lekker dag vir jou.

  2. Anonymous says:

    Hi

    Enjoy the ride!!!!!!

    Moenie vergeet om vir my ‘n foto van jou Pa se BMW te mail nie. Sterkte ook met jou pa se operasie Vrydag ons dink aan julle. Ek is nie more by die werk nie moet gaan vir ‘n rug operasie gaan more die chirug sien.

    Lekker dag vir jou

    Ina

  3. Anonymous says:

    Is ‘n bietjie duur vir die gewone salaristrekker dink ek, teen ±R269 000, maar dan is die 8jaar/ 195000km diensplan ingesluit. Hy skop 54kw@5000r/min met sy petrol en 50kw@1200r/min met sy elektriese enjin. Behoort hy dan soos ‘n 14i golfie te ry? Wat is die lekkerste ryding wat jy nog gehad het – hierdie ene nou uitgesluit? Iets wat jy net mee gery het omdat dit LEKKER was, en nie om by die bestemming te kom nie?

  4. Eben says:

    Wimpie, glo my ek lees gereeld hier, maar soms sukkel ek my allie af om te comment, of ek word afgegooi. Ek sal graag by ander lesers verneem of dit ook met hulle gebeur. Maar nie te min, ek is nie weg (mense sou sweer jy mis my!!)

    Ek was toe die naweek Brits toe, en gou vir Steyn gaan wys hoe die dam oorloop met die sluise oop. Sommer in die ingewing van die oomblik besluit om ‘n draai te maak by Danie en kyk hoe dit by hom is. Moet se ek het lekker gesmile vir van die geskenke/aandenkings wat mens kan koop. O jaaa ongelukkig was hy nie daar, sou hom graag wou ontmoet het (Dalk volgende keer Danie
    !)

    Jong Wimpie, baie is gese en geskrywe oor daardie girls van Rusland, en ek sien geen fout. Ons voer hulle juis ook in om die lemoene en mangoes hier in onse omgewing te pluk, en kan hulle pluk!! My vrou is juis so de-hel in vir my omdat ek naure meer tyd bestee in die pakhuise as by die huis. Maar ek kan die punch vat!!

    Wimpie genoeg nonses geskrywe. Lekker dag ook vir jou en geluk met die nuwe ry-dink.

  5. My Kop Op 'n Blok! says:

    Wimpie, ek het nou al gewonder, hulle sê mos “What goes up, must come down”, by ‘n myn is dit seker net die teenoorgestelde, “what goes down” moet seker in die meeste gevalle weer opkom. Kan hulle nie hulle hysers ook maak om so te werk soos die Prius se remme nie? Jy is mos in die posisie om mense wat weet te vra. Vra!