Die regte storie!

Gister was ek toe op ‘n plek waar ek nie mag wees nie so jy gaan my vergun as ek jou nie gaan vertel nie!

Ek kan jou egter ‘n interessante storie vertel wat hopelik bietjie meer lig op die onderwerp van ons kragprobleme gaan werp.

In 1994 gesels Eskom met die nuwe regering ek se vir hulle dat Suid-Afrika het 12 nuwe eenhede (twee kragsentrales) teen 2010 nodig om in die land se energiebehoeftes te voorsien, die nuwe regering glo vas dat buitelandse beleggers gaan toustaan om te bele in ons nuwe demokrasie.

Die swak trackrecord van Afrika lande en Robert Mugabe se kaperjolle, tesame met so 20 jaar wat dit vat voor jy ‘n paar rand vir jou belegging begin terugsien kelder die belegging van buitelanders in nog kragsentrales vir Suid-Afrika.

Die nuwe regering stel regstellende aksie in wat beteken dat mense deur die eens magtige Eskom ge fasttrack word en waar kundige vakmanne in die verlede in poste aangestel is wat ‘n minimum van 15-20 jaar se ondervinding vereis kry jy daardie poste binne twee jaar as jy lank genoeg in die son was.

Tegniese bekwaamheid verval en Eskom se bestuur word in onbekwame mense se hande gelaat wat beteken dat belangrike instandhoudingswerk afgeskeep en in onbekwame mense se hande gelaat word, die gevolg hiervan is die gemors en byna algemene verval van ons elektrisiteitsvoorsiening wat beurtkrag tot gevolg het.

Waar laat dit ons vandag, gister het Suid-Afrika 32 megawatt (MW) nodig gehad om te voorsien in ons elektrisiteitsbehoftes, met alle beskikbare bronne wat tans teen 100%van kapasiteit gebruik word, kan ons voorsien in 28 MW wat ‘n koste van sowat 30 miljoen rand per maand aan steenkool beteken, nog ‘n nood sentrale is al sederd November verlede jaar aangeskakel, ‘n diesel sentrale wat 24 uur per dag hardloop teen ‘n koste van R2.5M per uur! Kyk wat gaan gebeur met die dieselprys, het jy gewonder hoekom die Wes-Kaap byna in Desember uit diesel was??

Alle geval die ander 3 megawat moet dan werwek work met behulp van beurtkrag, die probleem waarmee ek en jy sit, beurtkrag word deur jou plaaslike owerheid toegepas na Eskom vir hulle ‘n boodskap stuur van watter persentasie gesny moet word, moet dus nie vir Eskom kwaad word as jy vir meer as twee ure op ‘n slag of tot ses keer per dag beurtkrag ervaar nie, gaan word kwaad vir onbekwame en onbefoegde mense in jou plaaslike owerheid wat verkeerde beslissings maak van wie kry krag en wie nie.

Al die beurtkrag wat ons nou ervaar is om ‘n tekort van 3mw per dag op te maak, en as gevolg van sentrales wat 100% elke dag werk en nie die punch kan vat nie, klim elke dag in jou kar en jaag hom voluit Kaap toe en terug vir 24 uur ‘n dag sonder ‘n diens iewers en kyk hoe lank hou hy.

Al die beurtkragverdeling wat jy tans ervaar is om 3mg se elektrisiteit op te maak, die slegte nuus is dat in die winter gaan gaan die aanvraag op na so 37mw en gaan so plus minus 8 mw deur beurtkrag opgemaak word, dink vir jouself hoeveel gaan jou lewe verder verontrief word in die volgende 10 jaar want dis omtrent hoe lank dit vat om een kragsentrale te bou!

Beurtkrag kos die ekonomie so plus minus R8 Biljoen per dag, hoe kan ons ekenomie groei as jy soveel geld per dag uit hom uit tap….dis soos ‘n bad wat jy bly water intap en vergeet om die prop in te sit.

Dan is daar nog die storie van die Indier wat 80% van Eskom se steenkool verskaf maar verkies of dit uit te voer want hy kry 9 keer meer in die buiteland per ton, R60 in vergelyking met R500…
Maar dis ‘n storie vir maandag!

Lekker naweek, hoop jy het krag….o ja bly maar uit hysers uit en kyk maar na UPS stelsels in plaas van kragopwekkers, dis baie goedkoper…..!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

8 Responses to Die regte storie!

  1. Sammi says:

    Verskaf ons nog krag aan Zim en Namibië?
    Ek sien in ons plaaslike koerant mag mense Eskom dagvaar vir verliese as hulle kan bewys Eskom was “negligent” Sal interessant wees as ‘n paar legal eagles hul opinie kan gee oor hierdie nalatigheid.

  2. Anonymous says:

    Zimbabwe lewer van vandeesmaand (Januarie’08) krag aan Namibia om ’n lening (wat gemaak is Maart 2007) N$280miljoen (US$40m) af te betaal vir die vlg 5 jaar – maar dit word nie direk aan hulle gelewer nie – dit word via RSA gedoen.
    Verder voer Zimbabwe 35% van sy benodigde krag (vir eie gebruik) in van RSA (Eskom) en Mozambique (Cahora Bassa hidroskema) in. Die DRK het lewering aan Zim gestaak aan hulle as gevolg van nie betaling van ’n $5miljoen agterstallige rekening. Indien ESKOM dan vandag nog elektrisiteit lewer aan Zimbabwe, kan ek nie dink HOE hulle ons daarvoor betaal nie Ons lewer dus krag aan Zimbabwe verniet wat hulle weer uitvoer na Namibia via ONS !! Miskien stuur ons dit sommer net direk vir Namibie en sit dit op die boekie vir Zimbabwe?

    Die kragstasie wat vir die uitvoer verantwoordelik is Hwange in Zim, moes al sedert middel 2007 herstel gewees het om sodoende tot Jan ’08 alreeds 40MW te kon produseer om uit te voer. Ek ken egter iemand van Alstom hier in Gauteng wat NOU daar werk om hierdie plek aan die gang te kry, dus werk dit nog nie. Hoekom is ons krag juis NOU so ’n krisis, dis nie winter nie?

    Beurtkrag word al sedert 2000 in Zimbabwe toegepas, want self kan hulle nie hul eie behoeftes voorsien nie, die dat hulle moet invoer. Intussen het hoeveel miljoen (ten minste 5) Zimbabwiërs al hierheen gevlug wat elkeen sekerlik saans ’n liggie wil aansteek om sy kos gaar te maak.

    Zimbabwe het hier ’n vinger in die “pie” – hoe jy ook daarna kyk.
    (Inligting by search engige kartoo en google gekry,kyk ook op http://www.allafrica.com. en http://www.zimonline.co.za)

    Groete
    Elna Moll (Benoni)

  3. Sammi says:

    Dan maak dit sin dat ons SKIELIK met hierdie krisis sit. So, the powers het geweet dat daar ‘n tekort sou wees vanaf die 7e. Gewonder hoekom die krisis so vinnig ontstaan het.
    Dankie vir insetsel, Elna.
    Ek het vanoggend die saak aan Amnesty International rapporteer. Miskien sal dit help as meer mense dit doen.

  4. SHARKS says:

    Eish! Gee my krag!! Gee ons krag!!!

  5. staatsmptenaar says:

    Ja ek stem saam my Sharks geen ons tog net krag!!

  6. Amanda says:

    Ek sal net graag wil weet hoekom daar nie in die swart gebiede ook beurt krag is nie.Van die swart werkers wat saam met my werk sê hulle het heeltyd krag.Van hulle weet nie eers van beurt krag nie.Waaroor die diskriminasie? Amanda, Springs

  7. harley rebel says:

    Uit die skrywe lei ‘n mens af dat jy ‘n senior pos in Eskom beklee het. Ongelukkig laat spelfoute, swak taal gebruik en swak sinsbou twyfel of dit waar is.

  8. brandwag says:

    Ja Harley rebel, van jou komentaar ly ek af dat jy ‘n stoerre boer is met groot taalkundigheid en spelvemoë. Hoekom lewer jy nie liefs komentaar oor die onderwerp te sprake nie? O, nou sien ek, jys ook een wat net foute in ander mense se pogings vind, maar self is jy seker maar aangewese op jou motofiets en daai baadjie en slagspreuk wat die Hemelse vrees in ‘n mens in jaag! Nou toe, gaan was nou jou motorfiets sodat ons, wie belangstel oor die foute en gramattieka kan lees om agter die kap van die byl kan kom. PS sien asb. my spelling en sinsbou oor ek sukkel maar ook daarmee.