Ai die lewe darem!

Hoe moeilik is dit om in ‘n verhouding te wees, blykbaar nogal deksels moeilik as ek dinge so kyk!

Ek wonder hoeveel mense is sielsongelukkig in verhoudings/huwelike betrokke en bly net daar omdat dit geldelik sin maak of omdat daar te veel is om te verloor!

Vir my is so iets ondenkbaar maar ek dink dit is omdat ek nou reeds verby die stadium in my lewe beweeg het waar dit vir my die alfa en omega is om te moet trou en die “res” van my lewe gelukkig saam te wil lewe.
Ek dink wanneer ‘n mens in ‘n verhouding en/of huwelik is het jy ‘n soort van verantwoordelikheid om dinge te “maak” werk omdat jy nie die ander paadjie wil stap nie…

Ek wonder hoeveel mense sit in verhoudings wat onderdrukkend is en veroorsaak dat hulle as mense, net nooit hulle volle potensiaal kan bereik of ‘n kans staan om ‘n volledige lewe te leef nie.

Dink bietjie daaroor na, is dit vir jou lekker om huis toe te gaan, het jy nog dieselde butterflies wanneer jy die ander persoon sien as wat hy aan die begin van die verhouding gehad het?

Party aande is dit nie vir my lekker om alleen huis toe te gaan nie en soms sal dit vir my lekker wees om bietjie geselskap te he, maar dan vat ek maar ‘n lekker goeie boek of kry maar iets interessant op TV om te kyk dan gaan daai eensame gevoel gou weg, dan wonder ek soms of ek werklik gelukkig is…..en dan dink ek aan al die gevloek en geskreeu, die baklei, die jaloesie en die onaangename kol op die maag en die gedwonge saam wees van twee mense wat nie rerig iets het om oor te gesels nie…. dan kry ek ‘n glimlag om my moendhoeke en ek kry die res van die wereld jammer en ek dink ek is nogal happy….vir nou!

Ek kry Maandagoggend om 10 uur my Prius van Toyota, baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het, die grootste dankie moet gaan aan Elize Lubbe wat een oggend gehoor het toe ek se almal moet daaraan begin dink om ‘n ‘groen’ motor soos die Prius aan te skaf, en toe die bal van daar af aan die rol gesit het, wil net vir die ouens by Toyota SA se julle gaan sukkel om daai kar terug te kry, julle sal hom maar uiteindelik aan my MOET verkoop!

Sorry oor die geteem vanmore maar ek moet hierdie dinge vir myself uitmaak om my sanity te behou, ek het nie iemand by die huis om mee te gesels oor hoe ek voel nie, so ek deel dit maar met julle!

Eskom wil Suid-Afrikaners subsidieer om sonkrag te gebruik om hul water te verhit.

Mnr. Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gister gesê hulle wil huishoudings oorreed om hul water eerder met sonkrag te verhit. “Die idee is om landwyd elektrisiteit te bespaar en ook te help om beurtkrag op lang termyn te verminder. Ons is besig om die program landwyd bekend te stel.”

Luidens Eskom se webtuiste behels die subsidie dat die verbruiker afslag sal kry van die handelaar waar hy die sonkragstelsel koop. Die produk en verskaffer moet geregistreer wees by Eskom se aansporingsprogram en dit moet geïnstalleer word deur iemand wat deel van dié program is.

Besonderhede is by www.eskom.co.za/dsm beskikbaar

Wonder hoeveel geld het Eskom beskikbaar en ek wonder of hulle al uitgewerk het wat gaan hulle verlies aan inkomste wees a.g.v beurtkrag?

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Ai die lewe darem!

  1. STAATSAMPTENAAR says:

    Wimpie ek weet van so iemand, ek weet eerlikwaar nie hoe sy cope nie. Die vrou is so stukkend, en die seerste van alles my hande is afgekap, sy … ag Wimpie gaan lees haar blog. Ek praat hier van SHARKS, hierdie girl kry ek so vreeslik jammer.

  2. SHARKS says:

    Agge nee man STAATSAMPTENAAR – ja Wimpie ek weet hoe dit voel – ek het meer as een dag niks lus om huis toe te gaan nie, MAAR dan ter wille van my kinders gaan ek maar. Val al sy woorde en klappe en dinge op mens, dag vir dag, maar die lewe is ‘n lied, ek lewe, ek het my kinders!!

    My ou bloggie is maar net my uitlaatkleppie, niks fancy nie, sommer net ietsie wat my besig hou in my etenstyd.

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    ‘n mens moet ‘n uitlaat klep hê jy kan nie altyd alleen wil wees nie. Daar is altyd ‘n oop lyn na die Here praat met Hom Hy is altyd bereid om te luister en verwyt nooit as ons foute maak nie.

    Lekker werk

    Ina

  4. My Kop Op 'n Blok! says:

    Wimpie ek is ook baie opgewonde oor motors wat deels of geheel-en-al met batterye loop. Die probleem is, jy kan ‘n motor net “groen” noem as hy net groen elektrisiteit gebruik, as hy elektrisiteit gebruik wat met steenkool opgewek word is hy net so pikswart. Ek weet nie wat die verdeling in SA is nie, ek veronderstel hidro- en kernkrag kan as groen beskou word, allhoewel party groenes met kernkrag ‘n probleem heet. Ek sal dit nogtans waardeer as jy ons op hoogte hou hoe hy werk, maar dit sal seker moeilik wees om bv. te weet hoeveel krag trek hy per maand.

  5. Anonymous says:

    Beste Wimpie, Ek stel voor as Eskom krag wil bespaar moet hulle n draai deur die plakkerskampe en laekostebehuisings gebiede gaan maak. Daar word soveel krag gesteel jy kan die kabels van die pad af sien. My huishulp se sy is die enigste een in haar straat wat krag koop.
    Sit asb daai selnommer op jou blog waar ons kan registreer om waarskuwings te kry oor “load sharing”.
    Groete, nice show