My kind speel ‘n boef, hehehe!

Mens sien so baie uit na die naweek, behalwe dat dit met die spoed van witlig verbyflits is daar nog in plaas van ‘n breek vat, al daai werk wat jy nie die week by kon uitkom nie wat jy maar die naweek wil klaar maak, dis dan wat jy sommer lag-lag ‘n hele naweek om werk.

Nou so ‘n naweek was myne, ek staan so ewe Saterdag op en begin so stadig, na ‘n heerlike ontbyt, wat ek vir myself gemaak het, bacon, eiers, duitse worsies, eiers saggies gestreel….hehehe toema ek joke net oor die eiers, en heerlike french toast, bel gou om my golf game te bevestig, vinnig deur die swembad en deur die stort, klaar in my golfklere oppad baan toe, toe my foon lui, dis my een eks met wie ek nog praat!
“Onthou jou seuntjie se afsluitingskonsert by die teater en onthou jy is seremoniemeester…” Oops daar is my hele golf in sy maai in en skielik is ek laat want nou is dit terug huis toe om ander klere aan my lyf te kry!
Die funksie was great, kinders nie ‘n dag ouer as ses nie voer die Lion King op en jy kan sien wie is my kind, Wian is natuurlik die bose Scar in die toneelstuk en toe hy die verhoog moet verlaat aan die einde van ‘n toneel doen hy dit met ‘n sierlike wawiel…. PA SE KIND!! Anyway so het hy gelyk.

Vrydag was toe die jail en bail by gir5ls en boys town in Benoni waar Steve Hofmeyr ook by was…. ek was bietjie moeg en wou eintlik net huis toe gaan na ek die Breakfast Show lewendig van daar af moes doen, dit het beteken 04H30 opstaan, na ek bietjie laat in die bed gekom het. Anyway ek gooi gou vir Steve die TV advertensie van die Steve en Anton show af en hy belowe om dit op sy blog te sit, gister lees ek op sy blog hy het toe so R6 000 ingesamel, mooi Steve, maar nou klink die R5 500 wat die uwe ingesamel het darem ook nie te versmaai nie hehehe…
Danie aan Denise-Anne vir ‘n lekker dag en dankie vir die geskenkie…

Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap sê aantygings van dronkbestuur teen die voormalige ANC hoofsweep en veroordeelde bedrieër Tony Yengeni moet nog in die hof getoets word. Woordvoerder Mark Solomons sê in ’n verklaring dat die departement die saak sal hersien wanneer die bloedtoets se uitslag deur die distriksgeneesheer gegee word. Die Departement het met ’n ondersoek begin om vas te stel of Yengeni sy paroolvoorwaardes verbreek het nadat hy vir dronkbestuur in Kaapstad gearresteer is. Hy het aan die polisie gesê hy het nie gedrink nie maar dat hy medisyne vir griep geneem het. Ja Tony en die twaalf apostels was ‘n rowerbende en Noag ‘n seerower!

Het julle in julle dorpe ook huise wat opgemaak word vir kersfees, wel hier by ons is dit die nuwe inding, die voorloper op hierdie stadium is hierdie huis so ‘n paar blokke van waar ek bly. Ons doen ‘n kompetisie op die lug met die huis wat die beste versier is, ‘n R15 000 prys is op die spel luister maar so deur die loop van die week na die reels.

DDie Bokke het op hulle dinges gekry teen die Barbarians, toema ouens jy kon sien hulle was nie lus vir die game nie, iemand by Sarfu moet pak kry omdat die game enigsins gespeel is en ek dink dis Mamon die geldgod, ek hoor SARFU het 7 miljoen vir die game gekry….hmmm laat jou dink ne!

Soek jy nog voorbeelde van vreemde natuurrampe, aardverwarming? Die vierde aardbewing binne twee weke het dele van Israel, Jordanië en Palestinië vandag getref maar geen skade of ongevalle tot gevolg gehad nie. Die aardbewing het vier op die Richterskaal gemeet volgens ’n verklaring van Israel se Geofisiese Instituut. Israel Today berig die episentrum was noord van die Dooie See, die laagste plek op land op aarde. Die Dooie See lê op die Siries-Afrikaanse skeur-verskuiwingslyn waar aardbewings die meeste voorkom. Die grens tussen Israel en Jordanië loop met die skeur langs.
In die bybel staan iets van in die laaste dae sal daar oorloe, gerugte van oorlog en natuurrampe wees…. Ek wil nie soos ‘n doomsday profeet klink nie!

Ek wonder wie by Nationwide is sy werk kwyt… Ek kan nie sien dat die lugredery hierdie storm gaan oorleef nie, en die BLO is onverbiddelik. Die lugredery Nationwide se probleme is gisteraand vererger toe die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid geweier het dat ‘n vliegtuig wat hy gehuur het, vertrek op ‘n vlug na Londen. Obert Chakarisa van die BLO sê in ‘n verklaring Nationwide kon nie sekere inligting voorsien oor die lugwaardigheid van die vliegtuig nie. Fin24 berig dat die redery sê hy het gisteraand se vlug afgestel om verdere verwarring en ongerief te voorkom. Al Nationwide se vliegtuie is Vrydag verbied om te vlieg nadat die owerheid die goedkeuring van sy vliegtuiginstandhoudingsorganisasie opgeskort het, asook die lugwaardigheidsertifikate van die vloot vliegtuie. Nationwide het appelleer teen die besluit. Ek dink dis te laat!

Nou ja dis my storie, lekker dag verder!

Wimpie

PS: Miskien kom die Spice Girls volgende jaar Suid-Afrika toe, miskien weet ek iets, anyway hulle het hulle eerste show gehad en het so gelyk:

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to My kind speel ‘n boef, hehehe!

  1. SHARKS says:

    Wimpie my bure maak hulle plek net so mooi, en dan so endjie van my af is mense wat hulle huis so mooi opmaak, ek sal vanaand gaan foto’s neem, dan sal ek dit vir jou mail. Dit is regtig mooi!! Nee wat ek is nou glad nie een vir sulke dinge nie, kan dan nie eers ons kersboom mooi versier nie – dit is die kinders se afdeling.

    Geniet jou dag, o ja ek sien Feetjie het jou GE-TAG.

  2. Wimpie van der Sandt says:

    hahaha sharks…jy begin weer wer op 8 januarie, jy weet seker dis elvis se verjaarsdag!

  3. SHARKS says:

    Nee ek het nie geweet nie, die man is al 30 jaar dood, dit weet ek darem, en ek weet ook ek is nie juis gaande oor sy musiek nie!! Dit is dan 1652 se musiek, gee my maar CASCADE, en goeie afrikaanse musiek!!!

  4. staatsamptenaar says:

    Wimpie alo, mens ek het nou lekker gelag vir SHARKS, gaan lees bietjie haar blog, en o ja sy het ‘n foto van haar op haar blog!!

  5. Anonymous says:

    Joshua Kadison se:
    You will always be beautiful in my eyes!!
    Makie saak wat al jou ekse oor jou se nie… jy weet wie jy is.. en ek weet wie jy is…en ek se dit OOK! Moet nooit twyfel aan my lojaliteit nie, al dink jy anders.
    Love always…