Mense sal jou drop!

Ek sit gister bietjie en bepeins die lewe so by myself en probeer uitfigure wat mense laat tick en hoekom is ons almal so verskillend van mekaar en hoekom is sekere goed meer belangrik vir party mense as ander.

Soos jy jouself kan indink is dit ‘n vrugtelose stukkie debatteerwerk met jouself want jy sal nooit weet hoe ander mense dink en wat vir hulle belangrik is nie. Ek het gister tot die besef gekom dat die enigste mens in die wereld vir wie lojaliteit en etiese kodes belangrik is, is seker maar ek. As jy jouself my vriend wil noem, dan is mens veronderstel om saam te werk en nie teen mekaar te werk nie, aangesien dit net ek is wat daai beginsel verstaan het ek besluit om maar net soos die ander mense te maak en ook maar eerste aan myself te dink en dan aan ander, en dit geld van nou af veral vir besigheid, so wees maar gewaarsku waar ek in die verlede ‘n beleid gehad het van laat die son oor almal skyn en daar is genoeg plek vir almal, is dit van nou af net een ding en dit is my eie oorlewing…
Moenie meer gunstes en gawes verwag van my nie, nou is dit hond eet hond en ek is nie van plan om saggies in die nag om te kom nie, kom ons kyk wie kan wat doen!

Sorry julle moes dit net van my bors afkry, ek weet die regte oe sal bogenoemde te sien kry, die dae van praat is verby ek moes lank en hard werk om myself in ‘n posissie te kry waar ek nie meer mense se nonsens in besigheid of in my persoonlike lewe hoef op te vreet nie.

Iemand praat gister met my oor verhoudings en hoekom dit werk of nie werk nie, dit laat my dink aan Roger Whittaker, hoekom hy? Hy het ‘n liedjie gehad wat geskryf is deur Cardew Robinson baie lank gelede wat ek dink verhoudings seker die heel beste opsom:
They say when you gain a lover
You begin to lose a friend
That the end of the beginning’s
The beginning of the end
They say the moment that you’re born
Is when you start to die
And the first time that we said hello
Began our last goodbye

We know each summer’s coming
Means the winter’s waiting there
And gold would not be precious
If we all had gold to spare
You only know how low is low
The first time that you fly
And the first time that we said hello
Began our last goodbye

If I could live forever
It is certain I would never know
Another single second so sublime
At the moment of our meeting
When our hands first touched in greeting
How I wanted to hold back the hands of time

When they begin the overture
They start to end the show
When you think I’ll never need you
Then I knew that you would go
The sound of all our laughter
Is now echoed in a sigh
And the first time that we said hello
Began our last goodbye

If I could live forever
It’s certain I would never know
Another single second so sublime
At the moment of our meeting
When our hands first touched in greeting
How I wanted to hold back the hands of time, oh yes

When they begin the overture
They start to end the show
When you think I’ll never need you
Then I knew that you would go
The sound of all our laughter
Is now echoed in a sigh
And the first time that we said hello
Began our last goodbye
And the first time that we said hello
Began our last goodbye

Bogenoemde is seker die waarste woorde wat ek nog gehoor het vat dit en maak dit deel van jou lewe, as jy soos ek tot die besef gekom het dat niks vir altyd hou nie, sal jy hierdie woorde begryp en jou eie kan maak.

Nou ja dit was vanmore so bietjie persoonlik gewees vergewe my asseblief ek moes dit net uitkry!

Gaan julle op vakansie? Ek wou oorspronklik nie gaan nie maar ek begin nou dink ek het miskien ‘n breek nodig, volgende jaar gaan ‘n hengse jaar wees vir my. Ek sal nog blog tot die 17e Desember dan gaan ek ‘n breek vat, my blog bly net hier en ek sal weer begin op die 3e Januarie 2008. Ek gaan bietjie die tyd gebruik om deur byna ‘n jaar se skryfwerk te gaan en te kyk wat het my besig gehou die laaste jaar!

Negentien strande in die land gaan skoongemaak word as deel van die derde jaarlikse Vodacom Strandskoonmaakveldtog. Die maatskappy sê in ‘n verklaring die veldtog begin op 23 Desember en sal 23 dae lank duur. Die gewildste strande in die Wes- en die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal sal daaglikse skoongemaak word van ag tot vyf, om te verseker dat dit silwerskoon is tydens die feesseisoen. Hehehe ek wonder hoe lank dit skoon gaan bly!

Hier is ‘n interessante storie vir almal wat alles wat die wetekskaplikes opdis vir soetkoek opvreet, ek se nog altyd alles is net bespiegelinge want elke nou en dan ontdek hulle iets wat bewys hulle aanvanklike bevindings is verkeerd, in die geval oor dinosorusse wat veel groter was as wat hulle gereken het.
Fossieljagters in Amerika het ‘n opskudding veroorsaak toe hulle afgekom het op die oorblyfsels van ‘n dinosourus met die meeste van sy sagte weefsel nog ongeskondige. Vel, spiere, senings en ander weefsel wat selde verstening oorleef, het alles behoue gebly in die spesie wat in Noord-Dakota opgegrawe is. Die 67 miljoen jaar oue dinosourus behoort aan die eendbek-hadrosourus-groep. Die navorsers reken die dier se romp was 25 persent groter as wat tot nou geglo is. Dit beteken waarskynlik meer spierweefself en daarom groter vaartversnelling, wat die reptiele ‘n groter kans gegee het om vleisvretende dinosourusse te ontwyk wat hulle agtervolg het.

Die Britse onderwyseres wat in Soedan tronk toe gestuur is omdat sy haar leerlinge toegelaat het om ‘n teddiebeer Mohammed te doop, kom na verwagting vanoggend in Londen aan. Gillian Gibbons van Liverpool is 15 dae gevangenisstraf opgelê, maar is na ag dae vrygelaat nadat president Omar al-Bashir haar kwytgeskeld het. Gibbons het na haar vrylating in ‘n verklaring gesê sy het groot respek vir die Moslemgeloof en sou nie wetend enigiemand te na kom nie. Sy sê sy is jammer as sy enige ongelukkigheid veroorsaak het. Ek wonder wat sou hulle met Deon Maas gedoen het? Net ‘n vraag!

Ek sluit af vandag met nog meer bewys dat die mensdom mal is:En ‘n bedorwe brakkie wat vroeër vanjaar sowat 86-miljoen rand geërf het van ‘n voormalige Amerikaanse hotel-magnaat, het onder ‘n vals naam na Florida gevlug nadat sy doodsdreigemente ontvang het. New York Post berig dat Trouble, ‘n wit Maltees wat aan die biljoenêr Leona Helmsley behoort het tot sy in Augustus dood is, twee maande gelede met ‘n privaatstraler weggeneem is nadat sy sowat twintig dreigemente ontvang het. Die ryk teef slyt nou haar lewe op ‘n onbekende plek in Florida, ‘n gunsteling wegbreekplek vir afgetredenes wat aan die koue winter wil ontsnap.

Later
Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to Mense sal jou drop!

  1. SHARKS says:

    Môre Wimpie – elke mens is uniek – ek wonder ook soms oor goed, hoekom party mense dinge doen soos hulle dit doen, het ook baie hoekoms en waaroms – antwoordloos!!

    Ek is so gelukkig ek maak môre klaar, Donderdag pak ek, Vrydag ry ons Uvongo toe vir ‘n week. Begin eers weer die 8ste Januarie te werk. Gaan die tyd benut – wil lees, slaap, rus, sleg wees, deur al my cd’s te gaan.

    Geniet die breek, mens het dit so nodig.

  2. Anonymous says:

    Hi Wimpie

    Ek stem jy ek weet nie of jy Leon Ferreira se musiek ken nie. Hy is ‘n gospel sanger en het ‘n liedjie geskryf wees jy net jy soos die Here jou gemaak het. Ek gaan bietjie kyk of ek die spesifieke liedjie vir jou kan stuur.

    Weet jy van ‘n plek waar ek vir Elize kan stuur vir vakansie. Een van die dogters wat sy in pleegsorg het trou die 22ste teen Elize se sin want sy het nou matriek geskryf en is maar 18 die man is 30. Hulle het agter Elize en Piet se rug met haar eie ouers gekonkel ongelukkig het die gebackfire en hulle kan nie trou sonder Piet se toestemming nie aangesien hulle deur die hof in Elize se sorg geplaas is.

    Elize en Piet is seker van die mense met die grootste harte, hulle sê nooit nee nie. Ek was Sondag by die kinderhuis en toe is daar weer 2 sussies wat nie vakansie ouers het nie. Hulle is nou na Elize en Piet toe vir die vakansie want hul eie ma is in ‘n rolstoel en het haar blyplek verloor. Die lewe is soms so onregverdig veral waar kinders betrokke is.

    Ek het nou genoeg gesanik. As julle weet van ‘n plekkie laat weet my.

    Ina

  3. SHARKS says:

    Kan nou nog nie glo Munro is gisteraand uit gestem nie!!

    Ina lees ek reg, die kind is maar 18 en die man 30, dit sal mos nooit werk nie, die arme kind, ek sal dit in my lewe nooit toelaat nie, wat wil ‘n man van 30 met ‘n jong meisie van 18 maak? Nee Ina red hierdie meisiekind van hierdie man!!

    Ongelukkig weet ek nie van ‘n plekkie nie.

  4. die brein says:

    Ina , ek ken die liedjie van Leon, maar as sommige mens net so bly soos die Here hul gemaak het, weet ek darem nie, inteendeel ek glo nie die Here het party mense so gemaak, nie.

    Wimpie ek het jou mos gese wat is my motto in die lewe, pas dit toe.

  5. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek is mal oor Roger Whittaker en daardie liedjie. Probeer ook luister na ‘n ander een, ek dink sy naam is “My Song”, begin met “This song will soon be over, in about 2 minutes time”

  6. Anonymous says:

    Sharks

    Dit is moeilik sy wil vir niemand luister nie. Verwag net my sussie moet vir alles betaal.

    Ina

  7. SHARKS says:

    Ina as sy dan nie wil hoor nie, moet sy voel!! Die kind gaan haar kop vreeslik hard stamp, dan is dit te laat vir trane. Sy kan bly wees sy is nie my kind nie!! Nee Ina haar hele lewe lè vir haar en blink en wag, nou wil sy alles wegsmyt vir hierdie ou toppie!! Laat haar dan nou maar seer kry, dit sal haar terug bring aarde toe met ‘n spoed!! Haar arme ouers. 18 IS MOS DEESDAE MONDIG!!

  8. Anonymous says:

    Sharks

    Dit is juis die probleem haar ouers gee nie om nie. Sy was in die kinderhuis en is toe by my sussie in pleegsorg geplaas met nog drie van haar sussies. Conrad het agter hulle rue met Rene se pa gaan praat wat toestemming gegee het. Die predikan het gesê die pa kan nie toestemming gee nie want my sussie hulle is deur die hof as hierdie kinders se voogde aangestel. Maar ongelukkig het hulle nie ‘n saak daarmee nie gaan net aan soos dit hulle pas. Conrad het die vermeetelheid om vir my sussie te vertel sy van die hele tyd haar dogtertjie se kant wat heel logies is want haar kinders offer baie op vir hierdie pleeg kinders

  9. STAATSAMPTENAAR says:

    INA – SHARKS

    Ina jou suster mag ingryp sy is verantwoordelik vir daai kind wie se eie haar ma “weggesmyt het”.

    Die kinders dink hulle is groot en reg op 18 om in ‘n huwelik te stap, min wetend wat alles op hulle wag. Dalk sal skok terapie soos Sharks ook sè help om hierdie kind terug te bring aarde toe.

    Sterkte.