Hoe groot kan jy word?

Denise-Anne stuur hierdie foto van my en Dolf Bester by die Gils and Boys Town jail&bail, dankie julle!
Gelyke geleenthede vir almal het hier in ons land amper bietjie van ‘n vloekwoord geword as gevolg van verkeerde konnetasies wat eintlik aan ‘n heel eerbare gedagte gekoppel is….

Baie dinge het die afgelope tyd in my lewe gebeur wat nogal verrykende gevolge vir my en my toekoms inhou, ek weet net een ding en dit is, ek is meisieloos hehehe, toema dis nie waaroor dit gaan nie, ek verstaan deesdae al hoe meer die begrip van nooit touopgooi nie.
As jy op jou moedelooste is, is jy op die punt van jou grootste deurbraak. Al die ou cliches van dis op die nag se donkerste voor die son uitkom en al daai dinge…..is waar en soms gaan jy dit nie verstaan voor iets nie met jou gebeur om jou te laat verstaan nie.
Ek is nie so naief om alles wat ek hoor en lees vir soetkoek op te vreet nie en daar is altyd maar die nusskierige klein mannetjie in my wat alles bevraagteken, sedert ek The Secret gelees het kan ek nie stry nie, punt nommer een, baie dinge in my lewe het verander of dit is omdat ek dit glo weet ek nie, of alles in die boek waar is en wetenskaplik bewys kan word, glo ek nie, maar wat ek wel weet is dat ‘n positiewe gesindheid jou as ‘n mens niks skade kan doen nie en dalk net dalk vind jy uit waartoe jy in staat is en wat jy kan bereik en onthou jy sal nooit weet wat jou vermoens is voor jy tot die uiterste getoets is en in die diepste dieptes van jou siel getoets is nie, slegs dan sal jy weet wat jy as ‘n mens kan bereik.
Al hierdie dinge maal gister deur my gedagtes toe ek vir die eerste keer in my loopbaan insit in ‘n videokonferensie en met baie groot geeste in New York vergedering hou of ek self op Times Square ronddrentel, die vergadering gaan oor ‘n baie GROOT ding waaroor en nie nou hier kan gesels nie, maar die bottomline is as jy my ses maande terug vertel het waarmee gaan ek einde van die jaar mee besig wees sou ek geglimlag het en gedink het jy is bietjie koekoes.
Wat probeer ek se, moet nooit opgee nie, hou net altyd aan jou droom is sover van jou af as wat jy dit kan voorstel in jou gedagtes. Jou brein is al wat jou terughou, niks anders nie. As jy dit kan uitdink, kan jy dit doen!

Aan die einde van 2007 en op die vooraand van 2008 weet ek een ding verseker niks is meer onmoontlik nie en ek weet nie wat volgende gebeur in die groot boek van my lewe nie, ek weet net een ding….ek kan nie meer wag nie!

Genoeg oor my, ek is seker jy wil nie net oor my lees nie, alhoewel ek dit nogal interessante leesstof vind hehehe!

Ek het toe After the party klaargemaak, eventually, nie omdat dit ‘n boring boek is nie, inteendeel ek het net gesukkel om tyd te maak, maar doen jouself ‘n guns en gaan kry die boek as jy een van daai ouens is wat dink alles en almal wat met die regering te make het is korrup, miskien is hulle, maar hoekom se jy so? Andrew Feinstein is een van die ouens wat weet waarvan hy praat want hy het lank in die binnekringe van politiek in Suid-Afrika rondbeweeg…. weet jy wat hoe meer jy weet wat aangaan oor onderwerpe waaroor jy graag gesels… hoe beter raak dit.
Wanneer Jacob Zuma die vrae een vir een kan beantwoord wat in Feinstein se boek deur ‘n Comrade gevra word is die dag wat hy my steun kry om die magtigste persoon in die land te word!

Kersfees is oppad en dis gewoonlik ‘n tyd wat jy saam iemand wil spandeer wat naby aan jou is en daar’s darem niks lekkerder as om op Desembervakansie langs iemand wakker te word nie, so spare maar ‘n thought as jy gelukkig genoeg is om dit te doen aan ons arme drommels wat nie so gelukkig is nie! Ek is so tussen twee vure of ek weggaan of nie, ek het die breek nodig maar waar gaan ‘n ou alleen heen om wat te doen, by jou eie op die beach te sit en kyk vir die golwe….huh?
Maar ek is opgewonde want ek weet aan die einde van elke hoofstuk staan jy op die vooraand van ‘n nuwe een…hmmm probleem is net daar was al soveel hoofstukke, hoop nie ek kom aan die einde van die boek nie!

Nuus van die Banana Republic: President Robert Mugabe het samesprekings met die Zimbabwiese opposisie geloof as die aanbreek van ‘n nuwe era. Hy het in sy staatsrede aan die Parlement in Harare vir president Thabo Mbeki bedank vir sy bemiddeling. Mugabe sê die dialoog verteenwoordig opbouende betrokkenheid oor politieke verskille heen, en ‘n vermindering van verskille.
Met die presidents- en parlementêre verkiesing wat in Maart verwag word, sê Mugabe Zimbabwe sal vriendelike, objektiewe lede van die internasionale gemeenskap nooi as waarnemers. Hy voeg by dat die voormalige koloniale mag Brittanje se duistere veldtog om Zimbabwe te isoleer en die land te verbied by die komende Europa/Afrika-beraad in Lissabon aan die verbrokkel is. Klink na my vir ‘n desperate poging van ‘n malman wat weet hy’s oppad om nog ‘n verkiesing te fix en wat solank voorbarand maak daarvoor!

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

16 Responses to Hoe groot kan jy word?

  1. SHARKS says:

    Wimpie jy is meisieloos my seun werkloos!!

  2. Anonymous says:

    Wimpietjie
    Hoe kan jy meisieloos wees,huh?
    Kom saam met my op ‘n date…jy sal nie spyt wees nie….

  3. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe ja sharks simpatie
    anonymous ek is maar ‘n skaam outjie

  4. Anonymous says:

    Skaam…ek kan werk met skaam!
    en wat ek gehoor het is jy nogal ‘n ramkat…

  5. Anonymous says:

    Wimpie my naam is Charney en ek is 22. Hoop nie dit sit jou af dat ek bietjie jonk is nie. Lankal al ‘n fan van jou. Gehoor jy date ‘n mooi blonde so paar maande terug en dat sy gek was oor jou. Wat het nou gebeur?
    In elkgeval ek is beskikbaar as jy my dalk wil ontmoet.

  6. Wimpie van der Sandt says:

    hehehe charne jy maak my skaam!
    Lekke dag bloggers

  7. SHARKS says:

    Wimpie lyk my jy is in vir ‘n ding, ‘n ou bok soek maar groen blare!!

    Hiermee groet ek ook vir jou, ek blog eers weer die 8ste Jan 2008, geniet ‘n wonderlike vakansie, ek gaan slegter as sleg wees, baie rus, baie slaap, baie in die son sit, baie niks doen.

    Geseènde Kersfees en mag 2008 ‘n wonderlike jaar vir jou wees.

  8. Wimpie van der Sandt says:

    baie dankie sharks…net mooi goed vir jou vir die kersseisoen en nuwe jaar!

  9. die brein says:

    Wimpie sterkte met die verlof en hoop jy kry iemand wat agter jou rug kan le.Sjoe die dametjie van 22 jaar go for it as ek so proposal kry, sal dit moeilik wees om nee te se.Kom kuier vir ons in Struisbaai, ons maak plek of bring `n opblaas mattras saam, net nie `n opblaas pop nie.LOL

    Sharks sterkte vir jou en geniet die verlof.

  10. Xanika says:

    Hoop jy’s reg oor die deurbraak, ek voel op die randjie van wanhoop en kan doen met ‘n deurbraak op hierdie stadium.
    /me is manloos…

  11. Anonymous says:

    Sjoe Wimpie maar jy is mooi geadverteeer op SSSB. Moes kom kyk en wel ja ek is beindruk. Nou nie 22 nie maar 33….

  12. Anonymous says:

    Ouderdom is ‘n relatiewe begrip…

  13. Anonymous says:

    Lyk my jy en Xanika is ‘n match!!
    kyk na haar foto op haar blog – hulle sal nogal ‘n mooi paartjie maak… dink nie daai blond het by jou gepas nie – Hierdie donkerkop is nou HOT!

  14. staatsamptenaar says:

    Een van hierdie mooi dae is jy nie meer meisieloos nie, genade maar die meisies vra jou al uit op ‘n date? Mens jy is wraggies in vir ‘n ding sien ek! ((EK KEN IEMAND WAT STUNNING BY JOU SAL LYK))

  15. Wimpie van der Sandt says:

    cool ek sien julle is aan die gang

  16. SHARKS says:

    Net gou kom groet, ta ta julle.