Geld, misdadigers en die weer!

Johann Rupert, Patrice Motsepe, Laurie Dippenaar, GT Ferreira, Raymond en Wendy en Gareth Ackerman, Christo Wiese en Bill Venter is nie gepla oor die petrolprys of die feit dat die rentekoers al weer op is nie, jy sien dis die top 10 rykste mense in Suid-Afrika, die res van ons gewone sterflinge vries elke keer ‘n bietjie as die rentekoers, soos gister opgaan.

‘n Gemiddelde huislening van R700 000 gaan jou R700 per maand meer uit die sak jaag en die prys van petrol is amper R2 per liter meer op ‘n nuwe rekord hoogtepunt, vir nou, van oor die R7 per liter, volgende maand praat hulle van nog 40c per liter!
Dit beteken in kort, sonder dat jy enigiets gedoen het as jy ‘n gemiddeld van 70 liter petrol per week gebruik is jou besteebare inkomste die jaar so R1 300 per maand mimnder of in gewone terme moet jy R1 300 per maand meer verdien om dieselfde lewensstandaard te handhaaf, korreksie jy moet omtrent R2 000 per maand meer verdien wat op ‘n salaris van R10 000 per maand so ‘n 20 persent salaris verhoging beteken, dis nou met belasting in ag geneem, hoe bekostig ons dit, die vet alleen weet want ek weet nie hoe oorleef die gemiddelde Suid-Afrikaner nie.
Verstaan jy hoekom ry ek volgende jaar ‘n semi-elektriese motor met ‘n petrolverbruik van 30 km/l?

Die jongste misdaad syfer is uit en ek dink ons is besig om blase te raak oor misdaad, meld jy nog aan as jou beursie gesteel word, of jou selfoon?
Wat my bekommer is die toename in ge-organiseerde misdaad en veral vragmotor kapings en die feit dat ouens wat hierby betrokke is in ons gemeenskap en onder ons neuse soos ryk mense leef en in blink karre rondry en elke tweede maand oorsee rondjakker, ouens soos Glen Aglioti en kie!
Ek se dit nog altyd en ek se dit weer…. DIE MENSE WAT DIE HARDSTE KLA EN SKREEU OOR DIE MISDAAD IN DIE LAND IS DIE GROOTSTE SKULDIGES WAT VEROORSAAK DAT DIT SO GAAN!!
Opposisiepartye is ontsteld oor die jongste misdaadsyfers. Die Demokratiese Alliansie het verwys na die feit dat huisrooftogte met sewe persent toegeneem het, rooftogte by sakeondernemings met byna 30 persent en vragmotorkapings met meer as 53 persent. Die party sê dit maak ‘n bespotting van die minister van Veiligheid en Sekuriteit, Charles Nqakula, se gerusstelling aan sakeleiers hier en oorsee dat die misdaadkoers onder beheer is.
Die Vryheidsfront-Plus sê die syfers toon dat die publiek nie veilig is nie. Woordvoerder Pieter Groenewald sê die styging in rooftogte by huise volg op ‘n toename van 25 persent verlede jaar. Hy sê president Thabo Mbeki se uitspraak dat mense onnodig kla oor misdaad en dat dit net ‘n siening is, is nou verkeerd bewys.
Die Inkatha Vryheidsparty sê die syfers onderstreep sy standpunt dat die regering in ontkenning is oor misdaad. Woordvoerder Velaphi Ndlovu sê ongeag die regering se bewering dat misdaad aan die afneem is, is dit nie wat mense op grondvlak ervaar nie.
Gaan kyk maar mense wat kla is die eerstes wat ‘n plasma TV “koop” wat van ‘n trok afval, of ‘n 4-wheeler, of ‘n selfoon…Julle het almal bloed op julle hande en moet in die gemeenskap behandel word soos die uitvaagsels wat julle is en die oorsaak daarvan dat ek nerens kan gaan sonder om my huis met 15 slotte toe te sluit nie…julle beweeg rond onder ons en is die slegste form van menswees wat daar is en dan doen die Nasionale Vervolgingsgesag “deals” met hulle sodat hulle nog in mooi huise kan bly en in duur karre in Sandton kan rondry!
Ek gaan ophou voor ek ‘n aar in my kop bars!

Die reen en die temperature en die weerpatroon is en bly maar ‘n kommer in die land, vanoggend se ek baie dankie vir al die reen op die lug, maar dit is nou genoeg, die land is besig om te verspoel, sal iemand my nie bel en vertel hoe ondankbaar ek is en dat die Here my gaan straf en hulle bid vir reen ensovoorts, okay julle kan nou maar ophou, ons is besig om te verspoel en in die proses oortree hierdie sogenaamde Christene een van die groot gebooie van Christenskap, jy veroordeel en verwens nie ander mense nie….maar nou ja wat weet ek, ek is nie ‘n teoloog nie, miskien kan ek net doen met ‘n vakansie!

Nou ja ek is kla genoeg in die moeilikheid vir een dag!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Geld, misdadigers en die weer!

  1. Anonymous says:

    Goeiedag Wimpie.

    Is jy net te besig of is die Mechanic Bar iets van die verlede?

  2. Wimpie van der Sandt says:

    sorry julle oor die mechanic bar, ek is net op die oomblik te besig, ek sal ‘n klomp uitgawes die vakansie gaan skryf sodat ek vooruit is vir volgende jaar want ek weet dit gaan volgende jaar nog erger wees!

  3. Anonymous says:

    Hi Wimpie jammer ek comment so min by jou, maar glo my ek lees gereeld, dinge is ook maar op die drafstap hier.

    Die misdaag stats maak mens absoluut bang. Mens se hare staan regop, en dan wonder jy wanneer is dit jou beurt. Nog erger wanneer is jou volgende beurt. Dis om van mal te raak.

    Sterkte met alles en vertelle bietjie waar gaan jy bietjie uitspan?

    groete

    Eben

  4. Wimpie van der Sandt says:

    eben

    lyk ni9e vir my ek gaan wegkom nie, vlieg miskien gou die 24e george toe om vir my seuntjie se kersgeskenk te vat ma vlieg weer die 26e terug…

  5. My Kop Op 'n Blok! says:

    He, he, he! Klink jy vir my nes Neil Diamond op Done Too Soon, met daardie lys name: Jesus Christ, Fanny Brice ens. en iewers kom hy ook uit by ‘n Patrice (Lumumba) uit!

  6. CresceNet says:

    Oi, achei seu blog pelo google está bem interessante gostei desse post. Gostaria de falar sobre o CresceNet. O CresceNet é um provedor de internet discada que remunera seus usuários pelo tempo conectado. Exatamente isso que você leu, estão pagando para você conectar. O provedor paga 20 centavos por hora de conexão discada com ligação local para mais de 2100 cidades do Brasil. O CresceNet tem um acelerador de conexão, que deixa sua conexão até 10 vezes mais rápida. Quem utiliza banda larga pode lucrar também, basta se cadastrar no CresceNet e quando for dormir conectar por discada, é possível pagar a ADSL só com o dinheiro da discada. Nos horários de minuto único o gasto com telefone é mínimo e a remuneração do CresceNet generosa. Se você quiser linkar o Cresce.Net(www.provedorcrescenet.com) no seu blog eu ficaria agradecido, até mais e sucesso. If is possible add the CresceNet(www.provedorcrescenet.com) in your blogroll, I thank. Good bye friend.

  7. Magda says:

    Wimpie

    ek soek en ek soek. Jy het vrydag die 7de Desember 2007 gese jy gaan meer se oor Steve hofmeyer en die Brugbou konsert… en….. daar is niks..
    jy spoil my naweek hoor.

    mwah