Dit was 2007, 2008 hier kom ons ready or not!

LINE UP
Riaan Rottweiler – 13h00
Wasserfall – 13h20
Andries Botha – 13h45
Straatlig Kinders – 14h10
Nico Booijse – 14h30
Louis Fivaz – 14h55
Etienne Steyn – 15h20
Adri – 15h35
Stefan Ludick – 16h00
Jennifer Zamudio – 16h25
Gerhard Steyn – 16h50
Karlien Husselman – 17h15
Riaan Van Rensburg – 17h30
Arno Jordaan – 17h55
Beeskraal – 18h20
Rudi Muller – 18h45
Hugo – 19h10
Jacques De Coning – 19h40
Nadine – 20h10
Joe F – 20h40
Anton Goosen – 21h15
Steve Hofmeyr – 21h50
Anton Goosen en Steve Hofmeyr – 22h10

Dis daai tyd van die jaar en ek is gedaan…

Hierdie is my laaste blog vir die jaar, ek is weer terug die 2e Januarie 2008 ek dink dis ‘n Woensdag as ek dit nie mis het nie.

Die jaar wat verby is was een van hoogtepunte en laagtepunte, soos elke jaar maar is as jy mooi daaraan dink.

Hoogtepunte was daar baie maar seker die grootste hoogtepunt vir my was iets wat eers volgende jaar gebeur, 1 Maart 2008 om presies te wees, ek het altyd gehoop ek sal kan instrumenteel wees om iets konstruktiefs te bereik in my geliefde Afrikaanse Musiekbedryf en ek is bevoorreg genoeg om die Steve en Anton show aanmekaar te kon sit en ek sien met groot verwagting en ‘n tikkie selfvoldaning uit na die groot show volgende jaar in Centurion.

Dit was ook die jaar waarin Wimpie van der Sandt Produksies ‘n terugkeer tot die wereld van vermaak gemaak het na ‘n afwesigheid van so net meer as ‘n jaar. Daar was versleie redes hoekom ek so lank gewag het, ‘n paar redes is dat ek moeg was om shows te doen wat almal doen, ek het ‘n restaurant gehad wat omtrent al my tyd opgevat het, ek het baie hard gewerk by Oos Rand Stereo en ek het gese as Wimpie van der Sandt Produksies weer ‘n show aanbied sal dit groot wees en iets wat nog nooit gesien is nie, ek het ook gese ek het al van die beste shows aangebied en wil graag internasionaal gaan, wel dit is ook baie na aan ‘n werklikheid, ek het nog altyd probeer om die publiek iets te gee wat hulle nog nie vantevore gesien het nie, dink maar aan 13 April 2003 by die destydse Caesars toe ek Dozi en die Soweto String Quarted saam in een band vir net een vertoning gehad het.
Dit was enig en spesiaal en is nooit weer herhaal nie, dieselfde geld vir die groot Steve en Anton brugbou konsert in Centurion by Supersportpark, dis hoekom ek besluit het om weer ‘n vertoning aan te bied, ek is nie iemand wat hou daarvan om dinge halfpas te doen nie en ek hou nie daarvan om in ander se voetspore te volg nie!

Daarom belowe ek jou ‘n vertoning op 1 Maart wat nog nooit gesien is nie en seker nie gou weer gesien sal word nie! Jy kan bespreek by Computicket, besprekings is reeds oop vra net vir die Brugbou konsert saam met Steve Hofmeyr en Anton Goosen. Die line-up is bo-aan hierdie inskrywing en dan kan jy sien wie van jou gunsteling kunstenaars tree hoe laat op.

Elke kunstenaar moet ‘n Steve of Anton liedjie opvoer wat beteken dat daar 10 Steve en 10 Anton liedjies deur ander kunstenaars gesing gaan word, Steve en Anton tree saam op aan die einde van die konsert vir nog sewe liedjies, daar word ‘n DVD opgeneem van die vertoning wat teen 1 April 2008 op die rakke sal wees so kom wees deel van ‘n lewendige DVD opname en kyk hoe geskiedenis gemaak word.

Dan eerstens aan almal wat die afgelope jaar so getrou agter my gestaan het, baie dankie vir die ondersteuning, aan my kiddies Janine en Wian, dankie dat julle pa altyd ‘n hero is, al jaag hy partykeer lekker bollie aan, dankie aan my familie en vriende wat elkeen ‘n plekkie in my hart het, julle weet wie julle is!

Daar is altyd maar ‘n tikkie suur saam met die soet in die lewe, so aan al die x’e en die Wimpie haatgroep wat so getrou my blog lees om te kyk of hulle nie nog iets kan kry om my mee aan te vat nie…hey dankie dat julle my blog lees en onthou dit wat jou op andere toewens gaan met jou gebeur, vir julle en my vriende en familie ‘n wonderlike feesgety, ‘n geseende kersfees en Wimpie van der Sandt wens julle ‘n geseende kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe, maak nie saak in watter kategorie van my lewe jy pas nie.

En dan aan al die mense wat gereeld op my blog kom kuier het al was dit net om te sien of jy jou weer kon vervies vir hierdie astrante mannetjie, dankie vir jou ondersteuning en dankie dat jy so nou en dan gedagtes kom deel en verwissel het hier op my blog, ek wil nie name noem nie ek is bang ek laat iemand uit.
Vrede vir kersfees en alles wat jy jouself toewens vir 2008, mag dit waar word!

Ek gaan nog die Breakfast show doen tot 21 Desember dan gaan ek ‘n paar dae weg maar is terug op die lug en op my blog op 2 Januarie 2008.

Wees gegroet vriende en vyande! Wees bo alles veilig in hierdie feesgety en as jy gaan bestuur, moet asb nie deel van Suid-Afrika se baie swak statistiek op die paaie word nie! 2008 hier kom ons, ek hoop jy is reg vir ons!

Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

9 Responses to Dit was 2007, 2008 hier kom ons ready or not!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Jy moet ook ‘n fantastiese rus tyd hê. Dankie vir al die lag op die blog daar was soms interesante lees genot met al die ekse. Sterkte met jou pa en laat my asb weet as daar iets is waarmee ons kan help.

    Liefde

    Ina

  2. Anonymous says:

    Wimpie – baie trots op jou! Weet jy sal aan almal wys wat jou so bad mouth dat jy bo gaan uitkom!!
    Ek is daar vir jou as jy my net toelaat..

  3. My Kop Op 'n Blok! says:

    Dankie vir alles die jaar Wimpie.

    Lyk my volgende jaar gaan ‘n duur jaar wees vir musiekliefhebbers, ek wil graag probeer om die Anton en Steve konsert by te woon, maar daar is ook die bekendstelling van Catherine Jones se Afrikaanse CD op 19 Feb, ek het gehoor Dana Winner kom weer, ek wil haar graag een keer sien, ens. ens!

    My laaste inskrywing sal seker more wees, miskien Donderdag, Vrydag is ons op pad.

    Mag jy baie seën ervaar met die Kerstyd, en alle voorspoed vir 2008.

  4. Boer says:

    Weer eens geluk met hierdie inisiatief!

    Geseende Kersfees en hope voorspoed vir 2008!

  5. Eben says:

    Hi Wimpie. ek wil/wou vroeër inskrywing doen, maar sukkel om by jou comment in te kom. Wonder of die ander bloggers ook probleme het?

    Maar daargelaat ………

    Ek wens jou net ‘n mooi, geseënde Kersseisoen toe. Ek glo jy gaan lekker uitrus, ‘soet’ wees en groot gaan. Alle sukses met al jou groot en suksesvolle planne wat jy het vir 2008 en ek weet dit sal ‘n standaard stel wat nie maklik geklop sal word.

    Vriendelike groete

    Eben

  6. Butterfae says:

    Lekker vakansie hou!

  7. mollie says:

    Hi

    Sien uit na die vertoning. Klaar kaartjies gekry. Lekker vakansie hou.

  8. Anonymous says:

    Wie’t daai photo/poster gemaak? Moet ons uitkyk daarvoor in die strate van Pretoors?

  9. Wimpie van der Sandt says:

    Hi
    die posters is EMI se poster vir die show en ja julle behoort dit die hele pretoria vol te sien vroeg volgende jaar!
    en ja ons weet mens spel Hofmeyr eintlik so… dis net ‘n proef en is reggemaak!