Afrika politiek!

Almal het seker verskillende opinies oor misdadigers wat “deals” met die owerhede kry en dan skotvry uit die tronk stap.

Vat nou maar vir Glen Agliotti die vermeende kingpin agter die moord op Brett Kebble en volgens alle aanduidings een van die grootste dwelmhandelaars in Suid-Afrika wat ‘n luukse lewe lei ten koste van die hel en verdriet van ander mense.
Volgens alle aanduidings gaan Agliotti se getuienis die einde van die nasionale polisiehoof Jackie Selebi beteken.
Wat skrikwekkend is na aanleiding van wat ons nou weet is dat indien die staat nie hierdie pleitooreenkoms met Agliotti aangegaan het nie kon ons in die onbeneidingswaardige situasie sit met Selebi as Polisiehoof (Polisiehoof met noue bande aan die wereld van georganiseerde misdaad) en Zuma (wat nog lank nie klaar is met sy bedrogsaak in die wapentransaksie nie) as Staatspresident!
Hoe deur die dinges is dit nie… Word jy al bang?
Dan is daar die liberaalste van die liberales onder ons wat goed sal se soos, Zuma is onskuldig tot hy skuldig bevind is…..dis waar ja…onskuldig tot dusver aan misdaad ja maar skuldig aan absurdheid en miskenning van vroueregte en skuldig aan ‘n zero persent kennis op een van die grootste uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, Vigs…dis ‘n feit, onthou jy as jy shower na seks sal jy nie Vigs kry nie, volgens Zuma se eie getuienis gelwer in ‘n hof, onder eed en voor ‘n regter!
Die hemele help ons.
Terug by Agliotti, ‘n vry man om te doen wat hulle hom eintlik behoort te dwing om te doen, die waarheid vertel oor Selebi, dit is vir my bitter moeilik om te sluk. Miskien moes die regter eers gaan kyk het hoe gaan dit in ons dorpe en op ons strate waar meisie van 11 en 12 hulle liggame verkoop vir dwelms, miskien moes die regter eers gou ‘n draai by die hospitale en rehabilitasie sentrums gaan maak het voor hy Agliotti as ‘n vry man by die hof laat uitstap het!

President Mbeki het gisteraand op 15 radiostasies gepraat, ek kon darem dele daarvan hoor en dit spyt my om te se die president het weer ‘n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip. Die pres is net vir my te onwillig om standpunt in te neem oor sekere kwessies en dit gaan hom duur te staan kom, sy lojaliteit aan mense soos die minister van gesondheid en sy onwilligheid om iets oor Zimbabwe en monkeyman mugabe te se gaan ongelukkig sy einde beteken en ons gewone mense uitlewer aan, die hemele help ons, Jacob Zuma!
President Thabo Mbeki sê hy weet nie waarom net vier provinsies sy benoeming vir president van die ANC gesteun het nie. Hy het gepraat tydens ‘n onderhoud met die SAUK wat regstreeks uitgesaai is, en gesê dit staan partylede vry om te verkies wie hulle ookal wil hê moet die party lei. Mbeki het egter gewaarsku dat lede sal moet saamleef met die gevolge van hulle keuse.
Die SAUK-bestuur het intussen bewerings verwerp dat Mbeki die openbare uitsaaier misbruik as spreekbuis vir die ANC. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê alle rolspelers sal ‘n gelyke kans kry voor die ANC se nasionale konferensie in Polokwane.

Op ‘n persoonlike noot, die uwe suffer al weer, lyk my ek gaan die res van die jaar siek bly,nes ek dink alles is reg dan tref dit my weer soos gister, jy moet weet as ek halfpad deur my dag huistoe gaan en in die bed gaan klim, dan voel ek nie lekker nie. Gelukkig is dit darem Desember en ‘n paar dae se ruskans is dalk net wat die dokter bestel het!

Ek werk nog tot 22 Desember so ek sal seker maar blog tot nagenoeg daai tyd, dan vat ek ‘n breek tot die 2e Januarie, dan is dit brugbou saam Steve en Anton!
Ek plaas more die hele volledige program vir die show so kyk maar op my blog!

Hier is ongelooflike foto’s van die 3d kunstenaar Julian Beever, Hy teken hierdie prente op sypaadjies…

Later
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Afrika politiek!

  1. Anonymous says:

    Hi

    Dit was ‘n moeilike jaar in meer as een opsig. Jy verdien ‘n blaas kans. Geniet jou vankansie en as jy weg gaan kom veilig terug. Ons ry volgende Vrydag nag Jeffries toe.

    Ja ek is bang Zuma word president. Ek werk saam met ‘n klomp van sy ondersteuners en volgens hulle moet ons maar aanvaar dat hy die volgende president sal wees.

    Jy moet ‘n fantastiese dag hê!

    Ina

  2. Wimpie van der Sandt says:

    Thanks ina lyk of ek darem so 4 dae vicbaai toe gaan

  3. Anonymous says:

    Jy moet dit geniet.

    Ina

  4. My Kop Op 'n Blok! says:

    Ek dink dit wys jou net weer: dieselfde wette geld nie vir die met baie geld as vir gewone mense nie.

    Vicbaai? Ai, ai, ek wens ek was nou daar!

  5. Boer says:

    Ek dink nie die woordjie “integriteit” bestaan vir die politici nie.